Joeri Andropof
Joeri Wladimirowitsj Andropof (Russies: Юрий Владимирович Андропов; 15 Junie 1914 – 9 Februarie 1984) was ’n politikus van die Sowjetunie en 15 maande lank sekretaris-generaal van die land se Kommunistiese Party.
Joeri Andropof | |
1ste Voorsitter van die Opperste Sowjet van die Sowjetunie
| |
Ampstermyn 16 Junie 1983 – 9 Februarie 1984 | |
Voorafgegaan deur | Wasili Koesnetsof (waarnemend) |
---|---|
Opgevolg deur | Wasili Koesnetsof (waarnemend) |
Algemene Sekretaris van die Kommunistiese Party van die Sowjetunie
| |
Ampstermyn 12 November 1982 – 9 Februarie 1984 | |
Voorafgegaan deur | Leonid Brezjnef |
Opgevolg deur | Konstantin Tsjernenko |
4de Voorsitter van die KGB
| |
Ampstermyn 18 Mei 1967 – 26 Mei 1982 | |
Eerste minister | Aleksei Kosigin Nikolai Tichonof |
Voorafgegaan deur | Wladimir Semitsjastni |
Opgevolg deur | Witali Fedortsjoek |
Volwaardige lid van die Politburo
| |
Ampstermyn 27 April 1973 – 9 Februarie 1984 | |
Kandidaat-lid van die Politburo
| |
Ampstermyn 21 Junie 1967 – 27 April 1973 | |
Lid van die Sekretariaat
| |
Ampstermyn 24 Mei 1982 – 9 Februarie 1984 | |
Ampstermyn 23 November 1962 – 21 Junie 1967 | |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 15 Junie 1914 Stanitsa Nagoetskaja, Stawropol-goewernoraat, Russiese Ryk |
Sterf | 9 Februarie 1984 Moskou, RSFS, Sowjetunie |
Politieke party | Kommunistiese Party van die Sowjetunie |
Eggenoot/-note | Tatjana Andropowa |
Kind(ers) | Igor Andropof |
Religie | Ateïs |
Handtekening |
Vroeë loopbaan
wysigIn 1936 het Andropof ’n amptenaar van die Kommunistiese Jeugliga, Komsomol, geword. Tydens die Groot Suiwering van Josef Stalin, toe honderde regerings- en weermagamptenare tereggestel is op aanklagte van verraad en spioenasie, het Andropof vinnig opgang gemaak in die Komsomol. Hy het in 1939 lid van die Kommunistiese Party geword en in 1940 sekretaris van Komsomol.
Hy het in die Tweede Wêreldoorlog geveg en ná die oorlog verskillende belangrike posisies in die party beklee. Ná die dood van Stalin in 1953 is hy "wegbevorder" as ambassadeur van die Sowjetunie in Hongarye. Hier het hy die Hongaarse Opstand in 1956 onderdruk deur politici te laat arresteer en die leiers van die opstand te laat teregstel.
In 1967 het Leonid Brezjnef, toe leier van die Sowjetunie, Andropof aangestel as hoof van die KGB. Ses jaar later het Andropof ook lid geword van die Politburo, die hoogste orgaan van die Kommunistiese Party. Hy was tot 1982 hoof van die KGB.
Leier
wysigNá Brezjnef se dood het die Politburo Andropof benoem tot sekretaris-generaal van die Kommunistiese Party, wat hom die magtigste persoon in die land gemaak het. Een van sy groot mededingers was Konstantin Tsjernenko, wat ná hom leier sou word. In Junie 1983 het Andropof as voorsitter van die Presidium van die Opperste Sowjet staatshoof van die Sowjetunie geword.
Andropof het besef in watter slegte toestand die land se ekonomie was en ’n aantal politieke hervormings deurgevoer, soos om korrupsie onder staatsamptenare te beveg. Hy was ook daarvoor verantwoordelik dat Michail Gorbatsjof in die Politburo ingebring is. Dié sou ’n paar jaar later as nuwe staatshoof Andropof se herstruktureringsidees uitvoer.
Weens swak gesondheid kon Andrpof self min hervormings deurvoer. Hy is gediagnoseer met diabetes, hoë bloeddruk en chroniese nierprobleme. Hy is begin 1984 op 69-jarige ouderdom dood en opgevolg deur Konstantin Tsjernenko.
Eksterne skakels
wysig- Die KGB se jaarlikse verslag in 1967, geteken deur Andropof Geargiveer 18 Desember 2008 op Wayback Machine by CNN
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Joeri Andropof.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse Wikipedia