23 November
datum
<< | November 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
Al die dae |
23 November is die 327ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (328ste in skrikkeljare). Daar volg nog 38 dae in die res van die jaar.
Gebeure
wysig- 1165 – Pous Alexander III keer na Rome terug na sy eerste ballingskap.
- 1644 – Areopagitica, 'n toespraak aan die parlement teen sensuur, word deur John Milton uitgegee.
- 1700 – Pous Clemens XI volg Pous Innocentius XII op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1732 – Pous Clemens XII verklaar Catherine del Ricci salig.
- 1761 – Pous Clemens XIII stel 10 nuwe kardinale aan, waaronder Christoph Anton von Migazzi von Waal und Sonnenthurn, aartsbiskop van Wene.
- 1848 – NG gemeente Smithfield word in die Oranje-Vrystaat gestig.
- 1869 – In Dumbarton in Skotland word die skip Cutty Sark te water gelaat.
- 1890 – Koning Willem III van Nederland sterf sonder 'n manlike opvolger en 'n spesiale wet word bekragtig om sy dogter prinses Wilhelmina in staat te stel om koningin te word.
- 1899 – Tweede Vryheidsoorlog: die Slag van Belmont vind plaas.
- 1941 – Tweede Wêreldoorlog: die Slag van Sidi Rezegh vind in Libië plaas.
- 1971 – Volksrepubliek China word 'n permanente lid van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad.
- 1988 – Suid-Afrika se staatspresident PW Botha begenadig die Sharpeville-ses wat ter dood veroordeel is vir hulle beweerde aandeel in die dood van die onderburgemeester van Sharpeville, Kuzwayo Jacob Dlamini, in September 1984.
- 2007 – ’n Nuwe geotermiese kragsentrale (sien ook: Geotermiese energie) in Landau, Duitsland word in gebruik geneem. Dit lewer 22 MW geotermiese krag en ± 2.5 MW elektriese krag wat genoeg elektrisiteit vir sowat 6000 huishoudings is. Verder word die 160°C warm water uit ’n diepte van 3000 m nie net gebruik om elektrisiteit op te wek nie, maar ook om op die koue winterdae die huise te verwarm.
Geboortes
wysig- 870 – Alexander van Bisantium, Bisantynse keiser († 913)
- 1221 – Alfonso X van Kastilië († 1284).
- 1804 – Franklin Pierce, die veertiende President van die Verenigde State († 1869).
- 1864 – Herbert Castens, Suid-Afrika se eerste Springbokkaptein († 1929).
- 1887 – Hendrik van der Bijl, Suid-Afrikaanse wetenskaplike en “vader” van Yskor († 1948).
- 1887 – Boris Karloff, Britse akteur († 1969).
- 1888 – Harpo Marx, Amerikaanse akteur († 1964).
- 1888 – Theo Pienaar, Suid-Afrika se dertiende Springbokkaptein († onbekend).
- 1901 – Bennie Osler, Suid-Afrika se sewentiende Springbokkaptein († 1960).
- 1933 – Krzysztof Penderecki, Poolse komponis († 2020).
- 1935 – Hans van Heerden Suid-Afrikaanse bariton († 2023).
- 1941 – Franco Nero, Italiaanse akteur.
- 1943 – Günther Beckstein, Duitse advokaat en politikus.
- 1964 – Frank Rutherford, Olimpiese driesprongatleet uit die Bahamas.
- 1967 – Gary Kirsten, Suid-Afrikaanse krieketspeler.
- 1979 – Jonathan Sadowski, Amerikaanse akteur en vervaardiger.
- 1984 – Lucas Grabeel, Amerikaanse akteur, sanger en danser.
- 1992 – Miley Cyrus, Amerikaanse sangeres en aktrise.
- 1998 – Bradley Steven Perry, Amerikaanse akteur.
- 1996 – Andrie Steyn, Suid-Afrikaanse internasionale krieketspeler.
Sterftes
wysig- 1407 – Lodewyk van Valois, Hertog van Orléans (* 1372)
- 1585 – Thomas Tallis, Engelse komponis (* c. 1505).
- 1848 – Sir John Barrow, Engelse ontdekkingsreisiger (* 1764).
- 1890 – Willem III van Nederland, koning van Nederland en groothertog van Luxemburg (* 1817).
- 1899 – Thomas Henry Ismay, Britse skeepsmagnaat, stigter van die White Star Line (* 1837).
- 1910 – Octave Chanute, Frans-Amerikaanse siviele ingenieur en lugvaartpionier (* 1832).
- 1937 – George Albert Boulenger, Belgies-Engelse dier- en plantkundige (* 1858).
- 1956 – Christo Albertyn Smith, Suid-Afrikaanse plantkundige (* 1898).
- 1973 – Constance Talmadge, Amerikaanse aktrise (* 1898).
- 1976 – André Malraux, Franse teoretikus en skrywer (* 1901).
- 1979 – Merle Oberon, Britse aktrise en sangeres (* 1911).
- 1982 – Grady Nutt, Amerikaanse akteur en skrywer (* 1934).
- 1982 – Adoniran Barbosa, Brasiliaanse komponis, sanger, kitaarspeler en akteur (* 1910).
- 1990 – Roald Dahl, Britse novelis, digter en romanskrywer (* 1916).
- 1991 – Klaus Kinski, Duitse akteur, draaiboekskrywer en regisseur (* 1926).
- 1994 – Art Barr, Amerikaanse rofstoeier en akteur (* 1966).
- 2000 – Brian Rawlinson, Engelse akteur en skrywer (* 1931).
- 2005 – Constance Cummings, Amerikaanse aktrise (* 1910).
- 2006 – Alexander Litvinenko, Russiese spioen en voormalige FSB-amptenaar (* 1962).
- 2006 – Philippe Noiret, Franse akteur (* 1930).
- 2006 – Anita O'Day, Amerikaanse sangeres (* 1919).
- 2012 – Larry Hagman, Amerikaanse akteur, regisseur en vervaardiger (* 1931).
- 2016 – Andrew Sachs, Britse akteur (* 1930).
- 2020 – Abby Dalton, Amerikaanse aktrise (* 1932).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met 23 November. |