1 Januarie – Kroasië neem die voorsitterskap van die Europese Unie by Finland oor.
3 Januarie – Qasem Soleimani , bevelvoerder van die Islamitiese Revolusionêre Wagkorps (IRGC) se Koeds-mag , sterf in Bagdad , Irak , weens 'n Amerikaanse hommeltuig -teikenaanval .
8 Januarie – Ukraine International Airlines Vlug 752 , 'n Boeing 737 , word afgeskiet nadat dit opgestyg het in Teheran , Iran , en al 176 mense aan boord sterf.
23 Januarie – Die stad Wuhan , Hubei , Volksrepubliek China , word onder kwarantyn geplaas weens die uitbreek van die Covid-19-pandemie .
23 Januarie – 'n Cessna 550 Citation II van die Burgerlugvaartowerheid stort neer in die Ruiterbos-area tussen Mosselbaai en Oudtshoorn en drie bemanningslede sterf.
2 Maart – Verkiesings vir die 23ste Knesset in Israel .
23 Maart – In Suid-Afrika kondig President Cyril Ramaphosa 'n landswye staat van inperking aan, as gevolg van die Covid-19-pandemie , vanaf middernag op 27 Maart vir aanvanklik drie weke. Dit word later tot etlike maande verleng.
27 Maart – Noord-Masedonië sluit by NAVO aan.
12 April / 19 April – Paasfees .
28 April – Colombia sluit by die OESO aan.
21 Mei – Hemelvaartsdag .
16 Junie – Skermutselings tussen Indiese en Chinese magte . In Ladakh lei dit tot die dood van 20 Indiese soldate (waaronder 'n offisier) in die betwiste grensgebied tussen dié twee lande.
1 Julie – Duitsland neem die voorsitterskap van die Europese Unie by Kroasië oor.
5 Julie – Die 2020 Formule Een-seisoen skop af met die 2020 Oostenrykse Grand Prix op die Red Bull Ring nadat die eerste tien wedrenne van die jaar afgestel is weens die koronaviruspandemie.
24 Julie – Die Olimpiese Somerspele 2020 sou begin het in Tokio , Japan . Dit is verskuif na 2021.
4 Augustus – 'n Brand en 'n reuse ontploffing verwoes die hawe van Beiroet en omliggende gebiede in Libanon . Minstens 190 mense sterf en meer as 6 500 word beseer.
9 Augustus – Die Suid-Afrikaanse motorfietsrenjaer Brad Binder wen die MotoGP-wedren in Tsjeggië en word die eerste Suid-Afrikaner wat dit vermag.
25 Augustus – Die Paralimpiese Somerspele 2020 sou begin het. Dit is verskuif na 2021.
27 September – Militêre botsings breek uit langs die Nagorno-Karabach -kontaklyn tussen Armenië en Azerbeidjan .
18 Oktober – Veldbrande breek uit in die wes-Vrystaat en neem 6 dae om onder bedwang gebring te word.
31 Oktober – Die Berlyn-Brandenburg Internasionale Lughawe in die Duitse dorpie Schönefeld word amptelik geopen en fungeer voortaan as spilpunt van beide Berlyn en Brandenburg .
31 Oktober – Halloween met volmaan .
3 November – Die Demokrate se kandidaat Joe Biden wen saam met sy adjunkpresidentskandidaat Kamala Harris die Amerikaanse presidentsverkiesing .
Kirk Douglas , akteur, oorlede op 5 Februarie
Katherine Johnson , oorlede op 24 Februarie
Stirling Moss , renjaer, oorlede op 12 April
Elsa Joubert , skrywer, oorlede op 14 Junie
Vera Lynn , sanger/aktrise, oorlede op 18 Junie
1 Januarie – Rein Arndt , Suid-Afrikaanse wetenskaplike (* 1929 ).
3 Januarie – Qasem Soleimani , Irannese generaal-majoor van die Islamitiese Revolusionêre Wagkorps [geëlimineer] (* 1957 ).
12 Januarie – Aart Staartjes , Nederlandse akteur, regisseur, televisieaanbieder en dokumentêrmaker (* 1938 ).
18 Januarie – Peter Mathebula , Suid-Afrika se eerste swart wêreldbokskampioen (* 1952 ).
26 Januarie – Santu Mofokeng , Suid-Afrikaanse fotograaf (* 1956 ).
28 Januarie – Betty Cavanagh , eerste amptelike vroulike wenner van die Comrades (* onbekend).
28 Januarie – Marj Dusay , Amerikaanse aktrise (* 1936 ).
2 Februarie – Kolonel 'Mad Mike' Hoare , veelbesproke huursoldaatleier (* 1919 ).
5 Februarie – Kirk Douglas , Amerikaanse akteur (* 1916 ).
6 Februarie – Roger Kahn , Amerikaanse skrywer van veral boeke wat handel oor bofbal (* 1927 ).
7 Februarie – Li Wenliang , Chinese oogarts wie eerste 'n waarskuwing uitgereik het oor die uitbreek van die Koronavirusepidemie van 2020 (* 1986 ).
11 Februarie – Joseph Shabalala , Suid-Afrikaanse sanger en stigter van die Ladysmith Black Mambazo -koor (* 1941 ).
16 Februarie – Larry Tesler , Amerikaanse rekenaarwetenskaplike (* 1945).
17 Februarie – Ja'Net DuBois , Amerikaanse aktrise (* 1932).
24 Februarie – Katherine Johnson , Amerikaanse wiskundige en wentelbaanmeganikakenner by NASA (* 1918 ).
25 Februarie – Hosni Mubarak , Egiptiese president (* 1928 ).
2 Maart – Lance James , Suid-Afrikaanse country-sanger en radio-omroeper (* 1938).
4 Maart – Javier Pérez de Cuéllar , Peruaanse diplomaat en politikus, VN-sekretaris-generaal (* 1920 ).
15 Maart – Vittorio Gregotti , Italiaanse argitek (* 1927 ).
15 Maart – Mark Perrow , Suid-Afrikaanse kanovaarder (* 1965 ).
18 Maart – Alfred Worden , Amerikaanse ruimtevaarder en ingenieur (* 1932 ).
20 Maart – Kenny Rogers , Amerikaanse sanger (* 1938).
21 Maart – Sol Kerzner , Suid-Afrikaanse besigheidsmagnaat, bekend vir sy hotelgroep Sun International (* 1935 ).
22 Maart – Julie Felix , Amerikaanse folksangeres (* 1938).
24 Maart – Albert Uderzo , Franse strokiesprentkunstenaar en skepper van Asterix (* 1927).
25 Maart – Vusamazulu Credo Mutwa , Zoeloe -sangoma en skrywer (* 1921 ).
25 Maart – Mark Blum , Amerikaanse akteur en vervaardiger (* 1950 ).
27 Maart – Thijs Nel , Suid-Afrikaanse kunstenaar , dramaturg en skrywer (* 1943 ).
29 Maart – Krzysztof Penderecki , Poolse komponis (* 1933 ).
29 Maart – Louis Wilsenach , Suid-Afrikaanse skilder, digter, sendeling en baanbreker in die advertensiewese (* 1940 ).
3 April – Constand Viljoen , voormalige Hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag en stigter van die Vryheidsfront (* 1933 ).
3 April – Hilary Dwyer , Engelse aktrise en vervaardiger (* 1945).
5 April – Honor Blackman , Engelse aktrise (* 1925 ).
12 April – Stirling Moss , OBE voormalige Britse renjaer (* 1929).
14 April – Paul Bayvel , Springbokrugbyspeler (* 1949 ).
29 April – Irrfan Khan , Indiese akteur (* 1967 ).
3 Mei – Ömer Döngeloğlu , Turkse teoloog , skrywer en TV-aanbieder (* 1968 ).
8 Mei – Roy Horn , Amerikaanse vermaaklikheidpersoonlikheid (* 1944 ).
9 Mei – Little Richard , Amerikaanse sanger en pianis (* 1932).
11 Mei – Jerry Stiller , Amerikaanse akteur (* 1927).
15 Mei − Lynn Shelton , Amerikaanse regisseuse, aktrise en skryfster (* 1965).
15 Mei – Fred Willard , Amerikaanse akteur en skrywer (* 1939 ).
25 Mei – George Floyd , Amerikaanse reeksmisdadiger en gewapende rower (* 1973 )
26 Mei – Stella Branca , Afrikaanse skrywer en kunstenaar (* 1931 ).
3 Junie – Jeanne Goosen , Afrikaanse skrywer (* 1938).
11 Junie – Mel Winkler , Amerikaanse akteur (* 1941).
13 Junie – Jean Raspail , Franse skrywer (* 1925)
14 Junie – Elsa Joubert , Afrikaanse skrywer (* 1922 ).
14 Junie – Sushant Singh Rajput , Indiese akteur en model (* 1986).
18 Junie – Vera Lynn , Engelse sangeres, liedjieskrywer, aktrise en bekend as "The Forces' Sweetheart" (* 1917 ).
24 Junie – Hermie Hendriks , joernalis , redakteur van Die Transvaler en hoofbestuurder vir koerante van Perskor (* 1925).
24 Junie – Nigel Weiss Suid-Afrikaanse sterrekundige en wiskundige (* 1936).
28 Junie – Dr. Pieter Willem Bingle , predikant van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (* 1939).
29 Junie – Carl Reiner , Amerikaanse akteur en komediant (* 1922).
Julie tot September
wysig
6 Julie – Ennio Morricone , Italiaanse komponis, orkesdirigent en trompetspeler (* 1928).
8 Julie – Noloyiso Sandile , regent van die koningshuis van die amaRharhabe (* 1963 ).
8 Julie – Naya Rivera , Amerikaanse aktrise (* 1987 ).
10 Julie – Corra Dirksen , Springbokrugbyspeler en geneesheer (* 1938).
12 Julie – Kelly Preston , Amerikaanse aktrise (* 1962 ).
13 Julie – Grant Imahara , Amerikaanse elektroniese ingenieur en televisie-aanbieder (* 1970 ).
13 Julie – Zindziswa Mandela , politikus en derde dogter van Nelson Mandela (* 1960 ).
18 Julie – Elize Cawood , Suid-Afrikaanse aktrise (* 1952).
21 Julie – Andrew Mlangeni , ANC aktivis en een van die agt mans wat in die Rivonia-verhoor was (* 1925).
24 Julie – Désirée Talbot , Suid-Afrikaanse sopraan (* 1926 ).
24 Julie – Regis Philbin , Amerikaanse akteur (* 1931).
25 Julie – Olivia de Havilland , Amerikaanse aktrise (* 1916).
28 Julie – M.M. Walters , Afrikaanse satiriese digter en dramaturg (* 1930 ).
30 Julie – Lee Teng-hui , president van Taiwan (* 1923).
31 Julie – Zamuxolo Peter , Suid-Afrikaanse politikus (*1965).
2 Augustus – Marinus Wijnbeek , Suid-Afrikaans-Nederlandse wetenskaplike, oudjoernalis van die SAUK en televisie-aanbieder (* 1939).
6 Augustus – Bernard Stiegler , Franse filosoof (* 1952).
6 Augustus – Brent Scowcroft , Amerikaanse Lugmag luitenant-generaal en veiligheidsadviseur (* 1925).
11 Augustus – Trini Lopez , Amerikaanse sanger van Meksikaanse afkoms (* 1937 ).
13 Augustus – Hans-Peter Künzi , navorser in topologie en kategorieteorie in die wiskundedepartement aan die Universiteit van Kaapstad (* 1955 ).
24 Augustus – Pascal Lissouba , politikus en president van die Republiek die Kongo (* 1931).
24 Augustus – Touriya Jabrane , Marokkaanse teaterregisseur, aktrise en politikus (* 1952).
26 Augustus – Gerald P. Carr , Amerikaanse ingenieur, kolonel en ruimtevaarder (* 1932).
George Bizos , menseregte-advokaat, sterf op 9 September
26 Augustus – Dirk Mudge , Namibiese boer en politikus (* 1929).
26 Augustus – Japie van Zyl , Namibiese elektriese ingenieur wat werksaam was by NASA (* 1957).
28 Augustus – Chadwick Boseman , Amerikaanse akteur, vervaardiger, en skrywer (* 1976 ).
29 Augustus – Jürgen Schadeberg , Duits-gebore Suid-Afrikaanse fotograaf en kunstenaar (* 1931).
2 September – Ettie Bierman , Suid-Afrikaanse skrywer (* 1941).
6 September – Achmat Dangor , tussentydse direkteur vir die Wêreldvigsveldtog (* 1948 ).
9 September – George Bizos , Grieksgebore Suid-Afrikaanse menseregte- en antiapartheidsadvokaat (* 1927).
10 September – Diana Rigg , Engelse aktrise. (* 1938).
15 September – Moussa Traoré , soldaat, politikus en president van Mali van 1968 tot 1991 (* 1936).
15 September – Wang Zhiliang , Chinese tafeltennisspeler en afrigter (* 1941 ).
18 September – Ruth Ginsburg , Amerikaanse advokaat en een van nege regters van die Verenigde State se Hooggeregshof (* 1933).
18 September – John Napier Turner , Kanadese prokureur en politikus, eerste minister van Kanada tot 1984 (* 1929).
18 September – Danny Titus , regsman, taalman en historikus (* 1957).
18 September – Stephen F. Cohen , Amerikaanse akademikus en kenner van die Sowjetunie en Rusland (* 1938).
21 September – Michael Lonsdale , Franse akteur (* 1931 ).
29 September – Aster Berkhof , Vlaamse skrywer (* 1920).
Oktober tot Desember
wysig
Sean Connery , akteur, oorlede op 31 Oktober
Tabaré Vázquez , politikus, oorlede op 6 Desember
4 Oktober – Pieter Spaarwater , Suid-Afrikaanse rubriekskrywer, motorredakteur en omroeper (* 1936).
6 Oktober – Herbert Feuerstein , Duitse akteur en skrywer (* 1937 ).
12 Oktober – Conchata Ferrell , Amerikaanse aktrise (* 1943).
15 Oktober – Ampie Coetzee , Suid-Afrikaanse letterkundige en professor in Afrikaans-Nederlands aan die universiteite van die Witwatersrand en die Wes-Kaap (* 1939).
19 Oktober – Enzo Mari , Italiaanse modernistiese kunstenaar (* 1932).
20 Oktober – James Randi , Amerikaanse kulkunstenaar en wetenskaplike skeptikus (* 1928).
31 Oktober – Sean Connery , Skotse akteur en rolprentvervaardiger (* 1930).
10 November – Amadou Toumani Touré , Maliese politikus (* 1948 ).
11 November – Mongameli Bobani , Suid-Afrikaanse politikus van die United Democratic Movement .[ 1]
11 November – Thembekile Kimi Makwetu, Suid-Afrikaanse Ouditeur-generaal (* 1966 ).[ 2]
13 November ̠– Peter Sutcliffe , Britse reeksmoordenaar (* 1946 ).
15 November – Anne Rasa , Suid-Afrikaanse natuurkundige en etoloog van veral die graatjiemeerkat (* 1940).
18 November – Christine Barkhuizen le Roux , Afrikaanse digter en skrywer van kortverhale en romans (* 1959 ).
24 November – Mamadou Tandja , van 1999 tot 2010 die president van Niger (* 1938).
25 November – Diego Maradona , Argentynse sokkerspeler en -afrigter (* 1960).
30 November – Jan Morris , Walliese geskiedkundige, outeur en reisskrywer (* 1926 ).
6 Desember – Tabaré Vázquez , Uruguaanse politikus en staatsman, president van Uruguay (* 1940).
7 Desember – Chuck Yeager , Amerikaanse vlieënier en die eerste persoon wat deur die klankgrens gevlieg het (* 1923 ).
7 Desember – Dawn Lindberg , Suid-Afrikaanse vermaakpersoonlikheid (* 1945 ).
12 Desember – John le Carré , Britse skrywer van rillers en spioenasieverhale (* 1931).
13 Desember – Ambrose Dlamini , tiende Eerste Minister van Eswatini (* 1968).
Wikinews bevat nuus in verband met 2020 .