Brad Binder

Suid-Afrikaanse motorfiets jaer

Brad Binder (gebore 11 Augustus 1995) is 'n Suid-Afrikaanse Grand Prix motorfietsrenjaer. Hy is in Potchefstroom gebore en het aan Hoërskool Krugersdorp in Krugersdorp gematrikuleer. Sy ouers is Trevor en Sharon Binder.[1] Hy het ook 'n broer, Darryn, wat ook aan motorfiets wedrenne deelneem.

Brad Binder in 2013 op Silverstone

Die KTM fabriekspan het in 2019 bevestig dat hy voortaan vir hulle gaan jaag in die MotoGP klas vir die 2020 seisoen. Op 9 Augustus 2020 wen hy die MotoGP wedren in Tsjeggië, dit was sy derde wedren in die klas. Hy is die eerste Suid-Afrikaner wat die prestasie kon behaal.

VerwysingsWysig

  1. Binders rotsvas agter hul Brad, Rapport 16 Augustus 2020