Olimpiese Somerspele 2020

Gnome globe current event.svg Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind.
Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak.
Sport
Spele van die XXXIIe Olimpiade
Olimpiesespele van 2020

Gehou in Tokio, Japan
Deelnemende lande 206 (verwag)
Deelnemende atlete 11 091 (verwag)
Items 339 in 33 sporte
Openingseremonie 23 Julie 2021
Sluitingseremonie 8 Augustus 2021
Amptelik geopen deur Keiser Naruhito (verwag)[1]
Atlete-eed
Beampte-eed
Olimpiese vlam
Vorige Spele 2016: Rio de Janeiro (Brasilië)
Volgende Spele 2024: Parys (Frankryk)

Die Olimpiese Somerspele 2020 (Japannees: 第三十二回オリンピック競技大会; Dai Sanjūni-kai Orinpikku Kyōgi Taikai), amptelik bekend as die Spele van die XXXIIste Olimpiade, sou oorspronklik tussen 24 Julie en 9 Augustus 2020 in Tokio, Japan, aangebied word.[2] Tydens die geleentheid sal na verwagting 11 091 atlete uit 206 nasies aan 339 items in 33 verskillende sportsoorte deelneem.

Die Nuwe Nasionale Stadion in Tokio
Kaart van deelnemende nasies in 2020:

   Neem vir die eerste keer deel

   Het reeds vantevore deelgeneem

   Neem nie deel nie

     Gasheerstad Tokio

Dit sal die 32ste aanbieding van die Somerspele sedert 1896 wees. Dit sal ook die tweede keer wees wat Tokio die spele organiseer na hulle eerste spele in 1964. Naas Tokio was Istanboel en Madrid kandidate vir die organisasie van die 2020-Somerspele. Ná die Rugbywêreldbeker 2019 sal die Olimpiese Somerspele 2020 die tweede groot sportkompetisie in Japan binne twee jaar wees.

Die opening- en sluitingseremonies sal in die Nuwe Nasionale Stadion in Tokio plaasvind. Soos gebruiklik sal die lande in alfabetiese volgorde die stadion instap met Griekeland die eerste en die gasheer Japan die laaste, maar aangesien die plaaslike taal Japannees is, sal dié taal se alfabet gebruik word om die volgorde te bepaal. Die atleet wat die Suid-Afrikaanse vlag sal indra, is nog nie amptelik aangekondig nie.

As gevolg van die wêreldwye Koronaviruspandemie het die Internasionale Olimpiese Komitee met die Japanese reëlingskomitee ooreengekom om die Olimpiese Somerspele 2020 vir een jaar uit te stel en dié spele nou in 2021 te laat plaasvind. Die sportgeleentheid sal egter steeds sy amptelike naam behou en die Olimpiese Somerspele van die jaar 2020 wees. Dit is die eerste keer dat moderne Olimpiese Spele uitgestel is en dit sal ook die eerste Olimpiese Spele in 'n onewe jaar wees.[3][4] Die nuwe datums is later bekend gemaak en die Olimpiese Somerspele 2020 sal tussen 23 Julie tot 8 Augustus 2021 aangebied word.[5]

Die Paralimpiese Somerspele 2020 sal tussen 24 Augustus en 5 September 2021 in Tokio gehou word.

ToewysingWysig

 
Yoshirō Mori, hoof van Tokio se bod-komitee
 
Kaart van die kandidaatstede vir die Olimpiese Somerspele 2020
 
Mauricio Macri, die destydse burgemeester van Buenos Aires, praat by die 125ste IOK-sessie in 2013

Van die stede wat hulleself beskikbaar gestel het om die Spele aan te bied sluit in (die lys is nie volledig nie):

Tokio is op 7 September 2013 in Buenos Aires deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 2020. Ander kandidate was: Istanboel en Madrid.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 2020[7]
Stad Land Rondte 1 Rondte 2 Rondte 3
Tokio   Japan 42 60
Istanboel   Turkye 26 49 36
Madrid   Spanje 26 45

SporteWysig

33 Olimpiese sporte sal tydens die Spele beoefen word. Tydens die Spele sal 339 medaljes oorhandig word.

StadionsWysig

ErfenissoneWysig

 
Yoyogi Nasionale Gimnasium, ontwerp deur Kenzo Tange
 
Tokio Metropolitaanse Gimnasium
 
Nippon Budokan
 
Tokio se Olimpiese watersportsentrum
 
Die Ariake Coliseum in Kōtō, Tokio
 
Die Ajinomoto-stadion in Chōfu, Tokio
 
Die Saitama Superarena in Saitama
 
Die Jokohamastadion in Jokohama
 
Die Sapporo Dome in Sapporo
 
Die Internasionale Stadion in Jokohama

Sewe plekke sal binne die sentrale sakedistrik van Tokio, noordwes van die Olimpiese dorp geleë wees. Verskeie van hierdie plekke is ook vir die Olimpiese Somerspele 1964 ingespan.

Stadion Sporte Kapasiteit Status
Nuwe Nasionale Stadion seremonies (opening/sluiting) 68 000 Voltooi
Atletiek (baan en veld)
Sokker (vroue se eindstryd)
Yoyogi Nasionale Gimnasium Handball 13 291 Klaar
Ryōgoku Kokugikan Boks 11 098 Klaar
Tokio Metropolitaanse Gimnasium Tafeltennis 10 000 Klaar
Nippon Budokan Judo 14 471 Klaar
Karate
Tokio Internasionale Forum Gewigoptel 5 012 Klaar
Keiserlike Paleistuin Fietsry (pad) 5 000 sitplekke, onbeperkte permanente kamer langs roete Tydelik
Atletiek (maraton, wedloop)

Tokio BaaisoneWysig

20 plekke sal in of naby die Tokiobaai, suidoos van die Olimpiese dorp, hoofsaaklik op Ariake, Odaiba en die omliggende kunsmatige eilande geleë wees.

Stadion Sporte Kapasiteit Status
Kasai Rinkai Park Kanovaart (slalom) 8 000 Klaar, gebou vir die speletjies
Oi Hokkiepark Veldhokkie 15 000 Onder konstruksie
Olimpiese watersportsentrum Watersport (swem, sierduik, gesinchroniseerde swem) 15 000 Onder konstruksie
Tokio Tatsumi Internasionale swemsentrum Waterpolo 3 635 Klaar
Yumenoshimastadion Boogskiet 7 000 Onder konstruksie
Ariake-arena Vlugbal 12 000 Klaar, gebou vir die speletjies
Olimpiese BMX-kursus Fietsry (BMX) 6 000 Onder konstruksie
Skaatsplankry
Olimpiese Gimnastieksentrum Gimnastiek (artistiek, ritmies, trampolien) 10 000 Tydelik
Ariake Coliseum Tennis 20 000 (10 000 sentrale baan; 5 000 baan 1, 3 000 baan 2, 8x250 wedstrydbane) Klaar, opgeknap
Odaiba Mariene Park Driekamp 5 000 sitplekke, onbeperkte staanplekke langs die roete Klaar, met tydelike pawiljoene
Watersport (maratonswem)
Shiokaze Park Strandvlugbal 12 000 Tydelik
Sentrale Breakwater Ruitersport (driefasekompetisie) 20 000 Klaar, met tydelike infrastruktuur
Roei
Kanovaart (snel)
Aomi Stedelike Sportsentrum 3x3 basketbal 5 000 Tydelik
Sportklim

Afgeleë sportplekkeWysig

Twaalf sportplekke vir 16 sporte sal meer as 8 km van die Olimpiese dorp af lê.

Stadions Sporte Kapasiteit Status
Camp Asaka Skyfskiet 3 200 Klaar, opgeknap
Musashino Woudsportplek Moderne vyfkamp (skermsport) 10 000 Klaar, gebou vir die speletjies
Pluimbal
Ajinomoto-stadion Sokker (groepfase) 49 970 Klaar
Moderne vyfkamp (uitsluitende skermsport)
Sewesrugby
Saitama Superarena Basketbal 22 000 Klaar
Enoshima Seiljagwedvaart 10 000 Klaar met tydelike pawiljoene
Branderplankry
Makuhari Messe Skermsport 6 000 Klaar met tydelike pawiljoene
Taekwondo
Stoei 8 000
Baji Koen Ruitersport (dressuur, spring) 9 300 Klaar met tydelike pawiljoene
Kasumigaseki Country Club Gholf 30 000 Klaar met tydelike pawiljoene
Izu Velodrome Fietsry (baan) 5 000 Klaar, uitgebrei
Japan Fietsry Sportsentrum Bergfietsry 11 500 Klaar
Jokohamastadion Bofbal 30 000 Klaar
Sagtebal
Fukushima Azuma Bofbalstadion Bofbal (openingswedstryd) 30 000 Klaar, opgeknap
Sagtebal (openingswedstryd)
Fuji-snelweg Padfietsry (eindwedrenne, tydtoets) 22 000 Klaar
Odori Park, Sapporo Atletiek (marathon en resiesloop) 17 300 Klaar

SokkerstadionsWysig

Stadions Ligging Sporte Wedstryde Kapasiteit Status
Internasionale Stadion Jokohama Jokohama Beide mans en vroue se groepfase en kwarteindstryde, vroue se halfeindstryd en mans se eindstryd 10 70 000 Klaar
Tokio-stadion Tokio Beide mans en vroue se groepfase 4 49 000 Klaar
Saitama-stadion Saitama Beide mans en vroue se groepfase en kwarteindstryde, mans se halfeindstryd en klein finale om die derde plek 11 62 000 Klaar
Miyagi-stadion Sendai Beide mans en vroue se groepfase en kwarteindstryde 10 49 000 Klaar
Kashima-sokkerstadion Kashima Beide mans en vroue se groepfase, kwarteindstryde en halfeindstryde, vroue se klein finale om die derde plek 10 40 728 Klaar
Sapporo Dome Sapporo Beide mans en vroue se groepfase 10 42 000 Klaar
Nuwe Nasionale Stadion Tokio Vroue se eindstryd 2 60 012 Voltooi

KalenderWysig

Dit is die oorspronklike kalender vir die Olimpiese Somerspele 2020, voordat dit vir een jaar na 2021 uitgestel is, en hersiene datums is nog nie bekend nie. Die 2020-kalender is deur die IOK op 18 Julie 2018 – met die uitsondering van swem, sierduik en gesinchroniseerde swem – goedgekeur.

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde sal plaasvind, maar dat geen medaljes op die spel is nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken word, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou word.

 OS  Openingseremonie  ●  Wedstryde  1  Wedstryde met medaljes  SS  Sluitingseremonie
Julie / Augustus 21
Wo
22
Do
23
Vr
24
Sa
25
So
26
Ma
27
Di
28
Wo
29
Do
30
Vr
31
Sa
1
So
2
Ma
3
Di
4
Wo
5
Do
6
Vr
7
Sa
8
So
Items
  Seremonies OS SS
  Atletiek 2 3 5 5 6 5 7 7 7 1 48
Basketbal   3x3 Basketbal 2 4
  Basketbal 1 1
  Bofbal 1 1
  Boks 2 1 1 1 4 4 13
  Boogskiet 1 1 1 1 1 5
  Branderplankry 2 2
  Driekamp 1 1 1 3
Fietsry   Baan 1 2 1 2 2 1 3 22
  Bergfietsry 1 1
  BMX 2 2
  Pad 1 1 2
  Gesinchroniseerde swem 1 1 2
  Gewigoptel 1 2 1 2 1 2 1 2 1 1 14
  Gholf 1 1 2
Gimnastiek   Artistiek 1 1 1 1 4 3 3 EG 18
  Ritmies 1 1
  Trampolien 1 1
  Handbal 1 1 2
  Judo 2 2 2 2 2 2 2 1 15
Kanovaart   Slalom 1 1 1 1 16
  Snel 4 4 4
  Karate 3 3 2 8
  Moderne vyfkamp 1 1 2
  Pluimbal 1 1 1 2 5
  Roei 2 4 4 4 14
  Ruitersport 1 1 2 1 1 6
  Skaatsplankry 1 1 1 1 4
  Sagtebal 1 1
  Seiljagwedvaart 2 2 2 2 2 10
  Sewesrugby 1 1 2
  Sierduik 1 1 1 1 1 1 1 1 8
  Skermsport 2 2 2 1 1 1 1 1 1 12
  Skyfskiet 2 2 2 2 2 1 2 2 15
  Sokker 1 1 2
  Sportklim 1 1 2
  Stoei 3 3 3 3 3 3 18
  Swem 4 4 4 5 5 4 4 5 1 1 37
  Taekwondo 2 2 2 2 8
  Tafeltennis 1 1 1 1 1 5
  Tennis 1 1 3 5
  Veldhokkie 1 1 2
Vlugbal   Strandvlugbal 1 1 4
  Vlugbal 1 1
  Waterpolo 1 1 2
Totaal 11 18 21 22 23 17 22 19 26 22 24 17 28 22 34 13 339
Kumulatief 11 29 50 72 95 112 134 153 179 201 225 242 270 292 326 339
Julie / Augustus 21
Wo
22
Do
23
Vr
24
Sa
25
So
26
Ma
27
Di
28
Wo
29
Do
30
Vr
31
Sa
1
So
2
Ma
3
Di
4
Wo
5
Do
6
Vr
7
Sa
8
So
Items

Deelnemende nasiesWysig

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat gaan deelneem. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Sien ookWysig

VerwysingsWysig

  1. (en) "Emperor Naruhito set to continue family's Olympic tradition at Tokyo 2020". insidethegames.biz. 1 Mei 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Maart 2020. Besoek op 1 April 2020.
  2. (en) "The Olympic Summer Games Factsheet" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 1 April 2020.
  3. (en) McCurry, Justin (24 Maart 2020). "Tokyo Olympics postponed to 2021 due to coronavirus pandemic". The Guardian. ISSN 0261-3077. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 April 2020. Besoek op 1 April 2020.
  4. (en) "Tokyo 2020: Olympic Games organisers 'agree postponement'". BBC. 24 Maart 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 1 April 2020.
  5. (en) "Tokyo Olympics and Paralympics: New dates confirmed for 2021". BBC. 30 Maart 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 1 April 2020.
  6. (nl) "Zuid-Afrika wil de Olympische Spelen van 2020 organiseren". infozuidafrika.be. 25 Julie 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 1 April 2020.
  7. (en) "Past Olympic host city election results". GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 1 April 2020.

Eksterne skakelsWysig


Olimpiese Spele  

Olimpiese Somerspele: 1896  • 1900  • 1904  • 1906*  • 1908  • 1912  • 1916  • 1920  • 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1996  • 2000  • 2004  • 2008  • 2012  • 2016  • 2020  • 2024  • 2028  • 2032

Olimpiese Winterspele: 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1994  • 1998  • 2002  • 2006  • 2010  • 2014  • 2018  • 2022  • 2026  • 2030
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.