Olimpiese Winterspele 1976
XIIe Olimpiese Winterspele | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Olimpiese Winterspele 1976 (Duits: Olympische Winterspiele 1976), amptelik bekend as die XIIde Olimpiese Winterspele, is tussen 4 en 15 Februarie 1976 in Innsbruck, Oostenryk, aangebied. Die spele is aanvanklik aan Denver, Colorado, in die Verenigde State toegeken. As gevolg van die finansiële- en omgewingsimpak besluit die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) later om die Spele aan Innsbruck toe te ken (soos in 1964).
Die Olimpiese Somerspele 1976 is in Montreal, Kanada, aangebied. Die Paralimpiese Winterspele 1976 is tussen 21 en 28 Februarie in Örnsköldsvik, Swede, gehou.
Toewysing
wysigDenver is op 12 Mei 1970 in Amsterdam deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 1976. Ander kandidate was: Sion, Tampere en Vancouver-Garibaldi.
Die stemming het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 1976[2] | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Stad | Land | Rondte 1 | Rondte 2 | Rondte 3 | ||
Denver | Verenigde State | 29 | 29 | 39 | ||
Sion | Switserland | 18 | 31 | 30 | ||
Tampere | Finland | 12 | 8 | — | ||
Vancouver—Garibaldi | Kanada | 9 | — | — |
Denver het die Spele op 15 November 1972 aan die IOK teruggegee nadat die bevolking dit in 'n referendum verwerp het en die IOK het die Spele Whistler, Brits-Columbië, aangebied, maar dié Kanadese stad het dit weens politiese verskille afgewys. Salt Lake City het homself aangebied om die Spele te hou, maar die IOK wou die Spele nie aan 'n ander Amerikaanse stad gee nie en het dit aan Innsbruck, Oostenryk, gegee.
Sporte
wysig6 Olimpiese sporte in 10 dissiplines is tydens die Spele beoefen.
- Alpeski (6)
- Bobslee (2)
- Heg-en-steg-ski (7)
- Kunsskaats (4)
- Langbaanskaats (9)
- Noorse kombinasie (1)
- Rodel (3)
- Skansspring (2)
- Tweekamp (2)
- Yshokkie (1)
Deelnemende nasies
wysigHier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
- Andorra (5)
- Argentinië (8)
- Australië (8)
- België (4)
- Bulgarye (29)
- Chili (5)
- Finland (47)
- Frankryk (35)
- Griekeland (4)
- Hongarye (3)
- Iran (4)
- Italië (58)
- Japan (58)
- Joego-Slawië (28)
- Kanada (59)
- Libanon (1)
- Liechtenstein (9)
- Nederland (7)
- Nieu-Seeland (5)
- Noorweë (42)
- Oos-Duitsland (59)
- Oostenryk (77)
- Pole (56)
- Roemenië (32)
- San Marino (2)
- Republiek van China (6)
- Sowjetunie (79)
- Spanje (4)
- Suid-Korea (3)
- Swede (39)
- Switserland (59)
- Tsjeggo-Slowakye (58)
- Turkye (9)
- Verenigde Koninkryk (42)
- Verenigde State (106)
- Wes-Duitsland (71)
- Ysland (8)
Getal medaljes
wysigHier is die top 16 lande wat medaljes by die Spele verower het:
Plek | Land | Deelnemers | Goud | Silwer | Brons | Totaal |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | Sowjetunie (URS | 79 | 13 | 6 | 8 | 27 |
2 | Oos-Duitsland (GDR) | 59 | 7 | 5 | 7 | 19 |
3 | Verenigde State (USA) | 106 | 3 | 3 | 4 | 10 |
4 | Noorweë (NOR) | 42 | 3 | 3 | 1 | 7 |
5 | Wes-Duitsland (FRG) | 71 | 2 | 5 | 3 | 10 |
6 | Finland (FIN) | 47 | 2 | 4 | 1 | 7 |
7 | Oostenryk (AUT) | 77 | 2 | 2 | 2 | 6 |
8 | Switserland (SUI) | 59 | 1 | 3 | 1 | 5 |
9 | Nederland (NED) | 5 | 1 | 2 | 3 | 6 |
10 | Italië (ITA) | 58 | 1 | 2 | 1 | 4 |
11 | Kanada (CAN) | 59 | 1 | 1 | 1 | 3 |
12 | Verenigde Koninkryk (GRB) | 42 | 1 | 0 | 0 | 1 |
13 | Tsjeggo-Slowakye (TCH) | 58 | 0 | 1 | 0 | 1 |
14 | Liechtenstein (LIE) | 9 | 0 | 0 | 2 | 2 |
Swede (SWE) | 39 | 0 | 0 | 2 | 2 | |
16 | Frankryk (FRA) | 35 | 0 | 1 | 1 | 2 |
Totaal (16 NOKs) | 845 | 37 | 37 | 37 | 111 |
Sien ook
wysig- Olimpiese Somerspele 1964 in Innsbruck
Verwysings
wysig- ↑ (en) "The Olympic Winter Games Factsheet" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 November 2018. Besoek op 20 Januarie 2018.
- ↑ (en) "Past Olympic Host City Election Results". GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 20 Januarie 2018.
Verdere leesstof
wysig- (en) David Wallechinsky (2005). The Complete Book of the Winter Olympics, Turin 2006 Edition. SportClassic Books. ISBN 978-1-894963-45-9.
- (de) Volker Kluge (1999). Olympische Winterspiele. Die Chronik. Chamonix 1924 – Nagano 1998. Berlin: Sportverlag. ISBN 3-328-00831-4.
- (en) Krüger, Arnd; Goksör, Matti; von der Lippe, Gerd; Mo, Kristian (1996). The History of the Olympic Winter Games. The Invention of a Tradition.
{{cite book}}
:|work=
ignored (hulp)
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Olimpiese Winterspele 1976. |
- (en) Innsbruck 1976 Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee.
- (en) Resultate en medaljewenners Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee.
Olimpiese Spele | |||
---|---|---|---|
Olimpiese Somerspele: 1896 • 1900 • 1904 • 1906* • 1908 • 1912 • Olimpiese Winterspele: 1924 • 1928 • 1932 • 1936 • |