Olimpiese Winterspele 2030
Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind. Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak. |
XXVIe Olimpiese Winterspele | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Olimpiese Winterspele 2030 (Frans: Jeux olympiques d'hiver de 2030), amptelik bekend as die XXVIste Olimpiese Winterspele, sal tussen 8 en 24 Februarie 2030 in die Franse Alpe en Nice, Frankryk, aangebied word.[1]
Dit sal ná die Olimpiese Winterspele van 1924 in Chamonix-Mont-Blanc, die Olimpiese Winterspele van 1968 in Grenoble en die Olimpiese Winterspele van 1992 in Albertville die vierde wees wat in Frankryk gehou word. In die Franse hoofstad Parys is ook die Olimpiese Somerspele van 1900, Olimpiese Somerspele van 1924 en Olimpiese Somerspele van 2024 beslis.
Die sluitingseremonie sal in die Allianz Riviera van Nice gehou word. Soos gebruiklik sal die lande in alfabetiese volgorde die stadion instap met Griekeland eerste en die gasheer Frankryk laaste, maar aangesien die plaaslike taal Frans is, sal dié taal se alfabet gebruik word om die volgorde te bepaal.
Die Paralimpiese Winterspele 2030 sal tussen 8 en 19 Maart in die Franse Alpe en Nice gehou word.
Toewysing
wysigDie Franse Alpe en Nice is op 24 Julie 2024 in Parys deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 2030. Die stemming is op die vooraand van die Olimpiese Somerspele 2024 gehou en soos met die Olimpiese Somerspele van 2024 en 2028 is die Olimpiese Winterspele 2030 en 2034 tegelyk toegeken, eersgenoemde aan Frankryk en laasgenoemde aan Salt Lake City, Verenigde State.
Die stemming het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 2030 | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Stad | Land | Stemme | ||||
Franse Alpe en Nice | Frankryk | Verkies as 2030-gasheer | ||||
Salt Lake City | Verenigde State | Verkies as 2034-gasheer |
Sportplekke
wysigStadion | Sporte | Kapasiteit | Status |
---|---|---|---|
Allianz Riviera | Sluitingsseremonie | 36 178 | Klaar |
Palais des Congrès Acropolis | Kunsskaats | 10 000 | |
Kortbaanskaats | |||
Parcelle "SUD /Eco-quatier" | Yshokkie | 12 000 | Bykommend |
Plaine du Var | 7 000 | ||
Palais Nikaïa | Ysbal | 4 600 | Klaar |
Futur Palais des Congrès de Nice | Amptelike Perssentrum | n.v.t. | Bykommend |
Marché d'Intéret National Fleurs | Internasionale Uitsaaisentrum | Klaar, opgeknap |
Briançon-Montgenèvre-Serre Chevalier-gebied
wysigStadion | Sporte | Kapasiteit | Status |
---|---|---|---|
Serre Chevalier, Briançon | Sneeuplankry (gebiede, mogole, halfbaan) | 3 500–5 000 | Klaar, opgeknap |
Montgenèvre | Sneeuplankry (big air, hellingstyl, parallelle reuseslalom) | ||
n.v.t. | Sneeuplankry (kruis) | n.v.t. | n.v.t. |
Vryski (kruis) |
Bozel-Courchevel-Méribel-La Plagne-gebied
wysigStadion | Sporte | Kapasiteit | Status |
---|---|---|---|
La Plagne | Bobslee | 15 000–16 000 | Klaar, opgeknap |
Rodel | |||
Skeleton | |||
Tremplin du Praz | Skansspring | n.v.t. | Klaar |
Noorse kombinasie | |||
Méribel | Alpeski (vroue) | 23 000 | |
Noorse kombinasie | |||
Courchevel | Alpeski (mans) | ||
Noorse kombinasie |
La Clusaz-Le Grand-Bornand-gebied
wysigStadion | Sporte | Kapasiteit | Status |
---|---|---|---|
La Clusaz | Heg-en-steg-ski | 12 500 | Klaar |
Le Grand-Bornand | Tweekamp | 12 000–15 000 |
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ (en) "IOC elects French Alps 2030 as Olympic and Paralympic Winter Games host". Internasionale Olimpiese Komitee. 24 Julie 2024. Besoek op 26 Julie 2024.
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Olimpiese Winterspele 2030. |
- (en) Resultate en medaljewenners Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee.
Olimpiese Spele | |||
---|---|---|---|
Olimpiese Somerspele: 1896 • 1900 • 1904 • 1906* • 1908 • 1912 • Olimpiese Winterspele: 1924 • 1928 • 1932 • 1936 • |