Paralimpiese Winterspele 2030
Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind. Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak. |
XVe Paralimpiese Winterspele | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Paralimpiese Winterspele 2030 (Frans: Jeux paralympiques d'hiver de 2030) sal na verwagting tussen 8 en 19 Maart 2030 in die Franse Alpe en Nice, Frankryk, aangebied word.[1] Dit sal die 15de Paralimpiese Winterspele wees wat aangebied word en ná die Paralimpiese Winterspele van 1992 in Tignes-Albertville en die Paralimpiese Somerspele van 2024 in Parys die derde Paralimpiese Spele in Frankryk.
Die Olimpiese Winterspele 2030 sal tussen 8 en 24 Februarie (in die maand net voor die Paralimpiese Winterspele) ook in die Franse Alpe en Nice gehou word.
Toewysing
wysigAs deel van 'n formele ooreenkoms tussen die Internasionale Paralimpiese Komitee en die Internasionale Olimpiese Komitee uit 2001 is die wenner van die bod vir die Olimpiese Winterspele 2030 ook die gasheer vir die Paralimpiese Winterspele 2030.[2] Die Franse Alpe en Nice is op 24 Julie 2024 in Parys deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 2030.
Die stemming het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 2030 | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Stad | Land | Stemme | ||||
Franse Alpe en Nice | Frankryk | Verkies as 2030-gasheer | ||||
Salt Lake City | Verenigde State | Verkies as 2034-gasheer |
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ (en) "IOC elects French Alps 2030 as Olympic and Paralympic Winter Games host". Internasionale Olimpiese Komitee. 24 Julie 2024. Besoek op 26 Julie 2024.
- ↑ (en) Nick Hope (21 Mei 2012). "Paralympics 2012: London to host 'first truly global Games'". BBC. Besoek op 26 Julie 2024.