Paralimpiese Winterspele 1980
IIe Paralimpiese Winterspele | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Paralimpiese Winterspele 1980 (Noors: Paralympiske vinterleker 1980), destyds bekend as die 2de Olimpiese Winterspele vir Gestremdes, is tussen 1 en 7 Februarie 1980 in Geilo, Noorweë, aangebied. Tydens die geleentheid het 199 atlete uit 18 nasies aan 63 items in 3 verskillende sportsoorte deelgeneem.[1]
Dit was die tweede Paralimpiese Winterspele wat aangebied is. Die naam "Paralimpiese Spele" is deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) in 1984 aanvaar, terwyl die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPK) in 1989 gestig is.
Die Olimpiese Winterspele 1980 is tussen 13 en 24 Februarie in Lake Placid, Verenigde State, gehou. Die Paralimpiese Somerspele 1980 is in Arnhem, Nederland, aangebied.
Sporte
wysig3 Paralimpiese sporte is tydens die Spele beoefen.
- Alpeski (22)
- Heg-en-steg-ski (27)
- Ysslee (14)
Deelnemende nasies
wysigHier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Paralimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die aantal atlete per land in hakies aangedui:
Aantal medaljes
wysigHier is al die lande wat medaljes by die Spele verower het:
Plek | Land | Deelnemers | Goud | Silwer | Brons | Totaal |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | Noorweë (NOR) | 37 | 23 | 21 | 10 | 54 |
2 | Finland (FIN) | – | 15 | 7 | 12 | 34 |
3 | Oostenryk (AUT) | – | 6 | 10 | 6 | 22 |
4 | Swede (SWE) | – | 5 | 3 | 8 | 16 |
5 | Switserland (SUI) | – | 4 | 2 | 3 | 9 |
6 | Verenigde State (USA) | – | 4 | 1 | 1 | 6 |
7 | Wes-Duitsland (FRG) | – | 3 | 5 | 9 | 17 |
8 | Kanada (CAN) | 20 | 2 | 3 | 1 | 6 |
9 | Frankryk (FRA) | – | 1 | 1 | 1 | 3 |
10 | Tsjeggo-Slowakye (TCH) | – | 0 | 1 | 0 | 1 |
Totaal (18 NPKs) | 299 | 63 | 54 | 51 | 168 |
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ (en) "IPC Historical Results Archive". Internasionale Paralimpiese Komitee. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2018. Besoek op 23 Januarie 2018.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Paralimpiese Winterspele 1980.
- (en) Geilo 1980 Paralympic.org. Internasionale Paralimpiese Komitee.