Sport
Sport kan omskryf word as 'n fisieke (byvoorbeeld rugby) of denkspel (byvoorbeeld skaak) wat in kompetisieverband gespeel kan word. Sport kan ook as ontspanning beoefen word. Alle sporte het reëls wat nagekom moet word. Die beoefening van sport kan mense aktief en gesond hou, vandaar die slagspreuk: 'n Gesonde liggaam huisves 'n gesonde gees.
Die woord sport is afgelei van die Franse woord desportes, wat rofweg as ontspanning vertaal kan word.
Geskiedenis
wysigDie verskynsel van sport is reeds bekend uit die klassieke verlede en die Grieke organiseer al die Olimpiese Spele verskeie eeue voor Christus.
Vir meer inligting oor die geskiedenis van 'n spesifieke sport, verwys na die artikel oor die betrokke sport.
Sportsoorte
wysigVan die meer bekende sportsoorte sluit in (alfabeties gesorteer):
- Armdruk
- Atletiek
- Baanitems
- Naelloop (gewoonlik 100 m, 200 m en 400 m)
- Middelafstande (gewoonlik 800 m, 1500 m en 3000 m)
- Langafstande (gewoonlik 5000 m en 10 000 m)
- Hekkies en hinderniswedlope ("steeple chase")
- Afloswedloop
- Velditems
- Baanitems
- Padwedloop
- Basketbal
- Bergfietsry
- Bofbal
- Boks
- Boogskiet
- Branderplankry
- Driekamp ("triathlon")
- Duik
- Fietsry
- Gewigoptel
- Gesinchroniseerde swem
- Gholf
- Gimnastiek
- Handbal
- Hengel
- Hokkie
- Jag
- Judo
- Kanovaart
- Karate
- Kegelbal
- Korfbal
- Krieket
- Motorsport
- Formule Een
- Motocross
- Tydrenne
- Muurbal
- Netbal
- Pluimbal
- Roei
- Rolbal
- Rotsklim
- Rugby
- Ruitersport
- Sagtebal
- Seil
- Skaak
- Skerm
- Ski
- Skyfskiet
- Sneeuplankry
- Sokker
- Stoei
- Swem
- Tafeltennis
- Taekwondo
- Tennis
- Vegkuns
- Verfbal
- Vlugbal (Volleybal)
- Vuisbal
- Waterpolo
Sien ook
wysigEksterne skakels
wysig- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir sport.