Paralimpiese Somerspele 1968
IIIe Paralimpiese Somerspele | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Paralimpiese Somerspele 1968 (Hebreeus: המשחקים הפאראלימפיים ה-3), destyds bekend as die 17de jaarlikse Internasionale Stoke Mandeville Spele, is tussen 4 en 13 November 1968 in Tel Aviv, Israel, aangebied. Tydens die geleentheid het 774 atlete uit 28 nasies aan 188 items in 10 verskillende sportsoorte deelgeneem.[1]
Dit was die derde Paralimpiese Spele wat aangebied is en die bedoeling was dat die spele, net soos die Olimpiese Somerspele 1968, die jaar in Meksikostad (Meksiko) gehou sou word. Maar die Meksikaanse regering sien daarvan af vanweë die probleme waarmee hulle geworstel het.[2] Die Israeliese regering het aangebied om die wedstryde in Tel Aviv te hou, 'n voorstel wat aanvaar is. Dus het hierdie spele die eerste in die Paralimpiese geskiedenis geword wat nie gelyktydig gehou is met die Olimpiese Spele nie. Die naam "Paralimpiese Spele" is deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) in 1984 aanvaar, terwyl die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPK) in 1989 gestig is.
Suid-Afrika behaal 'n tiende plek tydens die Spele met 'n totaal van 26 medaljes (nege goud, tien silwer en sewe brons).
Sporte
wysig10 Paralimpiese sporte is tydens die Spele beoefen.
Deelnemende nasies
wysigHier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Paralimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die aantal atlete per land in hakies aangedui:
- Argentinië
- Australië (32)
- België
- Denemarke (8)
- Ethiopië (2)
- Finland (1)
- Frankryk
- Ierland
- Indië (10)
- Israel (53)
- Italië (38)
- Jamaika
- Japan (48)
- Kanada
- Malta (6)
- Nederland (35)
- Nieu-Seeland
- Noorweë
- Oostenryk (31)
- Rhodesië
- Spanje
- Suid-Afrika (8)
- Suid-Korea
- Swede
- Switserland (34)
- Verenigde Koninkryk (75)
- Verenigde State (82)
- Wes-Duitsland
Aantal medaljes
wysigHier is al die lande wat medaljes by die Spele verower het:
Plek | Land | Deelnemers | Goud | Silwer | Brons | Totaal |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | Verenigde State (USA) | 82 | 33 | 27 | 39 | 99 |
2 | Verenigde Koninkryk (GBR) | 75 | 29 | 20 | 20 | 69 |
3 | Israel (ISR) | 53 | 18 | 21 | 23 | 62 |
4 | Australië (AUS) | 32 | 15 | 16 | 7 | 38 |
5 | Frankryk (FRA) | – | 13 | 10 | 9 | 32 |
6 | Wes-Duitsland (FRG) | – | 12 | 12 | 11 | 35 |
7 | Italië (ITA) | 38 | 12 | 10 | 17 | 39 |
8 | Nederland (NED) | 35 | 12 | 4 | 4 | 20 |
9 | Argentinië (ARG) | – | 10 | 10 | 10 | 30 |
10 | Suid-Afrika (RSA) | 8 | 9 | 10 | 7 | 26 |
11 | Rhodesië (RHO) | – | 6 | 7 | 7 | 20 |
12 | Kanada (CAN) | – | 6 | 6 | 7 | 19 |
13 | Noorweë (NOR) | – | 5 | 3 | 1 | 9 |
14 | Jamaika (JAM) | – | 3 | 1 | 1 | 5 |
15 | Oostenryk (AUT) | 31 | 2 | 7 | 10 | 19 |
16 | Japan (JPN) | 48 | 2 | 2 | 8 | 12 |
17 | Swede (SWE) | – | 1 | 6 | 4 | 11 |
18 | Nieu-Seeland (NZL) | – | 1 | 2 | 1 | 4 |
19 | Ierland (IRL) | – | 0 | 4 | 5 | 9 |
20 | België (BEL) | – | 0 | 3 | 3 | 6 |
21 | Spanje (ESP) | – | 0 | 3 | 1 | 4 |
22 | Switserland (SUI) | 34 | 0 | 2 | 6 | 8 |
Totaal (22 NPKs) | – | 189 | 186 | 201 | 576 |
Verwysings
wysig- ↑ (en) "IPC Historical Results Archive". Internasionale Paralimpiese Komitee. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Maart 2018. Besoek op 22 Januarie 2018.
- ↑ (en) "1968 Tel Aviv". insidethegames.biz. Dunsar Media Company. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 April 2020. Besoek op 22 Januarie 2018.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Paralimpiese Somerspele 1968.
- (en) Tel Aviv 1968 Paralympic.org. Internasionale Paralimpiese Komitee.