Maak hoofkeuseskerm oop

Paralimpiese Winterspele 2022

Gnome globe current event.svg Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind.
Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak.
Sport
XIIIe Paralimpiese Winterspele
Paralimpiesespele van 2022

Gehou in Beijing, China
Deelnemende lande
Deelnemende atlete
Items 82 in 7 sporte
Openingseremonie 4 Maart 2022
Sluitingseremonie 13 Maart 2022
Amptelik geopen deur President Xi Jinping (verwag)
Atlete-eed
Beampte-eed
Olimpiese vlam
Vorige Spele 2018: Pyeongchang (Suid-Korea)
Volgende Spele 2026: Milaan/Cortina d'Ampezzo (Italië)

Die Paralimpiese Winterspele 2022 (Chinees: 第十三届冬季残疾人奥林匹克运动会) sal na verwagting tussen 4 en 13 Maart 2022 in Beijing, China, aangebied word.[1] Dit sal die 13de Paralimpiese Winterspele wees wat aangebied word en ná die Paralimpiese Somerspele 2008 die tweede Paralimpiese Spele in die Chinese hoofstad Beijing.

Die Olimpiese Winterspele 2022 sal tussen 4 en 20 Februarie (in die maand net voor die Paralimpiese Winterspele) ook in Beijing gehou word.

ToewysingWysig

 
Setel van die Chinese bod-komitee

As deel van 'n formele ooreenkoms tussen die Internasionale Paralimpiese Komitee en die Internasionale Olimpiese Komitee uit 2001 is die wenner van die bod vir die Olimpiese Winterspele 2022 ook die gasheer vir die Paralimpiese Winterspele 2022.[2] Beijing is op 31 Julie 2015 in Kuala Lumpur deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 2022. Die enigste ander kandidaat was Almati.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 2022[3]
Stad Land Rondte 1
Beijing   Volksrepubliek China 44
Almati   Kasakstan 40

SportplekkeWysig

BeijingWysig

 
Kaart van die sportplekke
 
Die Olimpiese swembad met die Nasionale Stadion in die agtergrond
 
Die Beijing Nasionale Binnestadion
Olimpiese groenplekke
  • Beijing Nasionale watersportsentrum – rolstoelysbal / 4 000 bestaan/opgeknap
  • Beijing Nasionale Binnestadion – sleehokkie / 18 000 bestaan
  • Beijing Nasionale Stadion – opening- en sluitingseremonies / 80 000 bestaan
  • Beijing Paralimpiese Winterdorp – nuut
  • China Nasionale Vergaderingsentrum – Internasionale Uitsendingsentrum / bestaan

YanqingWysig

  • Xiaohaituo Alpeskiveld – alpeski 15 000
  • Yanqing MMC: Internasionale Uitsendingsentrum
  • Yanqing Paralimpiese dorp / nuut

ZhangjiakouWysig

  • Kuyangshu Tweekampveld – Heg-en-steg-ski 15 000
  • Hualindong Ski Resort – paratweekamp 15 000
  • Genting Hotel – Internasionale Uitsendingsentrum
  • Taiwu Ski Resort – sneeuplankry (kruispad), vryski 10 000
  • Zhangjiakou Paralimpiese dorp

SporteWysig

7 Paralimpiese sporte sal tydens die Spele beoefen word.

Sien ookWysig

VerwysingsWysig

  1. (en) "IPC Historical Results Archive". Internasionale Paralimpiese Komitee. Besoek op 27 Junie 2019.
  2. (en) "Paralympics 2012: London to host 'first truly global Games'". BBC. Besoek op 27 Junie 2019.
  3. (en) "Past Olympic Host City Election Results". GamesBids. Besoek op 27 Junie 2019.

Eksterne skakelsWysig