Beijing Nasionale Stadion
Die Beijing Nasionale Stadion, amptelik die Nasionale Stadion (Chinees: 国家体育场, pinyin: Guójiā Tǐyùchǎng) of die Voëlnes (鸟巢, Niǎocháo) is 'n stadion in Beijing, die hoofstad van die Volksrepubliek China.
Nasionale Stadion | ||
Bynaam | Die Voëlnes | |
---|---|---|
Volle naam | Nasionale Stadion | |
Ligging | Beijing, Volksrepubliek China | |
Koördinate | 39°59′30″N 116°23′26″O / 39.99167°N 116.39056°O | |
Eienaar | Volksrepubliek China | |
Kapasiteit | 91 000[1] (Olimpiese Spele) 80 000 (daarna) | |
Konstruksie | ||
Eerste sooi gespit | 24 Desember 2003 | |
Gebou | September 2007 | |
Geopen | 28 Junie 2008 | |
Boukoste | CN¥2,2 miljard VSD-$ 290 miljoen € 327 miljoen (in 2016) | |
Argitek | Herzog & de Meuron ArupSport China Architectural Design & Research Group Ai Weiwei (Artistieke konsultant) | |
Struktuuring. | Arup Group Limited | |
Huurders | ||
Die stadion is vir die Olimpiese Somerspele 2008 en Paralimpiese Somerspele 2008 opgerig en die Spele se opening- en sluitingseremonies is onder andere hier aangebied. Die gebou is deur die argitekfirma Herzog & de Meuron ontwerp. Tydens die Olimpiese Somerspele kon die stadion 91 000 mense akkommodeer, maar na die Spele kan dit vir slegs 80 000 mense sitplek bied. Die stadion is 330 meter lank, 220 meter breed en 69,2 meter hoog. Die bou van die kompleks het 3,5 miljard yuan (ongeveer € 335 miljoen) gekos. Die stadion sal ook vir die Olimpiese Winterspele en Paralimpiese Winterspele van 2022 ingespan word.
Galery
wysig-
Skaalmodel van die stadion
-
Amper voltooi
-
Tydens die openingseremonie
-
Die stadion tydens die Olimpiese Somerspele 2008
Verwysings
wysig- ↑ "Beijing National Stadium, Olympic Green". East Asia (in Engels). Arup Group Limited. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Desember 2008. Besoek op 28 Augustus 2008.
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Beijing National Stadium. |
- (zh) Amptelike webwerf Geargiveer 25 November 2009 op Wayback Machine