Olimpiese Winterspele 1944
Ve Olimpiese Winterspele | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Olimpiese Winterspele 1944 (Italiaans: V Giochi olimpici invernali), amptelik bekend as die Vde Olimpiese Winterspele nadat die Olimpiese Winterspele 1940 gestaak is, sou in 1944 gehou word, maar is na die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog afgelas.[1] Die Spele is in Junie 1939 deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) aan Cortina d'Ampezzo, Italië, toegewys. Ander kandidaatstede was Montreal in Kanada en Oslo in Noorweë.
Die Olimpiese Winterspele 1948, die eerste Olimpiese Winterspele na die einde van die oorlog, is as die Vde Olimpiese Winterspele in St. Moritz, Switserland, aangebied. Cortina d'Ampezzo het die Olimpiese Winterspele van 1956 aangebied.
Toewysing
wysigCortina d'Ampezzo is deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 1944. Ander kandidate was: Montreal in Kanada en Oslo in Noorweë.
Die stemming het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 1944[2] | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Stad | Land | Rondte 1 | ||||
Cortina d'Ampezzo | Italië | 16 | ||||
Montreal | Kanada | 12 | ||||
Oslo | Noorweë | 2 |
Sien ook
wysig- Olimpiese Winterspele 1956 in Cortina d'Ampezzo
- Olimpiese Somerspele 1960 in Rome
- Olimpiese Winterspele 2006 in Turyn
- Olimpiese Winterspele 2026 in Cortina d'Ampezzo en Milaan
Verwysings
wysig- ↑ "The Olympic Winter Games Factsheet" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 November 2018. Besoek op 20 Januarie 2018.
- ↑ "Past Olympic Host City Election Results" (in Engels). GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 20 Januarie 2018.
Verdere leesstof
wysig- (en) George M. Constable (1996). The XI, XII & XIII Olympiads. Berlin 1936, St. Moritz 1948. Los Angeles: World Sport Research & Publications. ISBN 1-888383-11-9.
- (de) Volker Kluge (1999). Olympische Winterspiele. Die Chronik. Chamonix 1924 – Nagano 1998. Berlin: Sportverlag. ISBN 3-328-00831-4.
- (de) Harald Oelrich (2003). Sportgeltung, Weltgeltung: Sport im Spannungsfeld der Deutsch-italienischen Außenpolitik von 1918 bis 1945. Berlin/Hamburg/Münster: LIT Verlag. ISBN 3-8258-5609-7.
Olimpiese Spele | |||
---|---|---|---|
Olimpiese Somerspele: 1896 • 1900 • 1904 • 1906* • 1908 • 1912 • Olimpiese Winterspele: 1924 • 1928 • 1932 • 1936 • |