Olimpiese Somerspele 1976
Spele van die XXIe Olimpiade | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Olimpiese Somerspele 1976 (Engels: 1976 Summer Olympics, Frans: Les XXIes olympiques d'été), amptelik bekend as die Spele van die XXIste Olimpiade, is tussen 17 Julie en 1 Augustus 1976 in Montreal, Kanada, aangebied. Ander stede, wat as kandidate vir die organisering van die Spele aangewys is, was Moskou en Los Angeles. Moskou was die gunsteling, maar desondanks het die Internasionale Olimpiese Komitee in 1969 in Amsterdam besluit om die Spele aan Montreal toe te ken, nadat die destydse burgemeester, Jean Drapeau, beloof het om 'n "eenvoudige Spele" te organiseer.
Dit is die eerste en tot dusver enigste Olimpiese Somerspele wat Kanada aangebied het. Dié land het later wel die Olimpiese Winterspele van 1988 en 2010 aangebied. Kanada is die enigste gasheerland van 'n Olimpiese Somerspele om sonder 'n Olimpiese oorwinning te bly.
22 Afrikalande (en sommige ander) het die Spele weens Nieu-Seeland se deelname geboikot nadat die All Blacks in 1976 Suid-Afrika onder Apartheid besoek het. Hulle het 'n wedstryd teen die Springbokke gespeel en sodoende die internasionale verbanning van Suid-Afrika verbreek.
Die Olimpiese Winterspele 1976 is in Innsbruck, Oostenryk, aangebied. Die Paralimpiese Somerspele 1976 is tussen 3 en 11 Augustus in Toronto gehou.
Toewysing
wysigMontreal is op 12 Mei 1970 in Amsterdam deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 1976. Ander kandidate was: Moskou en Los Angeles. Moskou sal uiteindelik gasheer vir die volgende Olimpiese Somerspele 1980 en Los Angeles vir die daaropvolgende Olimpiese Somerspele 1984 word.
Die stemming het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 1976[4] | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Stad | Land | Rondte 1 | Rondte 2 | |||
Montreal | Kanada | 25 | 41 | |||
Moskou | Sowjetunie | 28 | 28 | |||
Los Angeles | Verenigde State | 17 | — |
Sporte
wysig21 Olimpiese sportsoorte in 198 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 198 goue medaljes oorhandig.
- Atletiek (37)
- Basketbal (2)
- Boks (11)
- Boogskiet (2)
- Fietsry
- Baan (4)
- Pad (2)
- Gewigoptel (9)
- Gimnastiek (14)
- Handbal (2)
- Judo (6)
- Kanovaart (11)
- Moderne vyfkamp (2)
- Roei (14)
- Ruitersport
- Dressuur (2)
- Driefasekompetisie (2)
- Spring (2)
- Seilvaart (6)
- Skermsport (8)
- Skyfskiet (7)
- Sokker (1)
- Stoei
- Grieks-Romeins (10)
- Vrystyl (10)
- Veldhokkie (1)
- Vlugbal (2)
- Watersport
Stadions
wysig27 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1976 gebruik:
Olimpiese Park
wysigStadion | Sporte | Kapasiteit |
---|---|---|
Centre Pierre Charbonneau | Stoei | 2 700 |
Maurice Richard Arena | Boks, Stoei | 4 750 |
Montreal Botaniese tuin | Atletiek (20 km-loop), Moderne vyfkamp (hardloop) | Nie gelys nie |
Olimpiese swembad | Sierduik, Moderne vyfkamp (swem), Swem, Waterpolo (eindstryd) | 10 000 |
Olimpiese Stadion Montreal | Atletiek, seremonies (opening/sluiting), Ruitersport (springspaneindstryd), Sokker (eindstryd) | 70 000 |
Olimpiese Velodrome | Fietsry (baan), Judo | 2 600 |
Groter Montreal
wysigStadion | Sporte | Kapasiteit |
---|---|---|
Centre Étienne Desmarteau | Basketbal (groepuitdunne) | 2 200 |
Complexe sportif Claude-Robillard | Handbal, Waterpolo | 2 755 (Waterpolo) 4 721 (Handbal) |
Notre Dame-eiland | Kanovaart, Roei | 27 000 |
Molsonstadion, McGill-universiteit | Veldhokkie | 19 500 |
Montreal Forum | Basketbal (eindstryd), Boks (eindstryd), Gimnastiek, Handbal (eindstryd), Vlugbal (eindstryd) | 18 000 |
Mont Royal Park | Fietsry (individuele padwedloop) | 4 400 |
Paul Sauvé Arena | Vlugbal (groepuitdunne) | 4 000 |
Quebec Autoroute 40 | Fietsry (padspan tydtoets) | Nie gelys nie |
St. Michel Arena | Gewigoptel | 2 000 |
Strate van Montreal | Atletiek (maraton) | Nie gelys nie |
Winterstadion, Universiteit van Montreal | Skermsport, Moderne vyfkamp (skermsport) | 2 461 |
Sokkerstadions
wysigStadion | Sporte | Kapasiteit |
---|---|---|
Lansdowne Park (Ottawa) | Sokker | 30 000 |
Sherbrooke-stadion (Sherbrooke) | Sokker | 10 000 |
Varsity-stadion (Toronto) | Sokker | 21 739 |
Handbalstadions
wysigStadion | Sporte | Kapasiteit |
---|---|---|
Pavilion de l'éducation physique et des sports de l'Université Laval (Quebecstad) | Handbal | 3 732 |
Sherbrooke Sportpaleis (Sherbrooke) | Handbal | 4 400 |
Ander sportplekke
wysigStadion | Sporte | Kapasiteit |
---|---|---|
Olimpiese Boogskietveld (Joliette) | Boogskiet | 2 000 |
Olimpiese Ruitersentrum (Bromont) | Ruitersport (alle gebeure behalwe vir die springspan-eindstryd), Moderne vyfkamp (perdry) | 35 000 |
Olimpiese Skietbaan (L'Acadie) | Moderne vyfkamp (skietsport), Skyfskiet | 1 000 |
Portsmouth Olimpiese hawe (Kingston) | Seilvaart | Nie gelys nie |
Kalender
wysigDie volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.
OS | Openingseremonie | ● | Wedstryde | 1 | Wedstryde met medaljes | SS | Sluitingseremonie |
Datum | Julie | Augustus | ||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
17 Sa |
18 So |
19 Ma |
20 Di |
21 Wo |
22 Do |
23 Vr |
24 Sa |
25 So |
26 Ma |
27 Di |
28 Wo |
29 Do |
30 Vr |
31 Sa |
1 So | |
Atletiek | 2 | 3 | 4 | 6 | 5 | 5 | 4 | 8 | ||||||||
Basketbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | ||||||
Boks | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 11 | |||
Boogskiet | ● | ● | ● | 2 | ||||||||||||
Fietsry | 1 | 1 | ● | 1 | ● | 2 | 1 | |||||||||
Gewigoptel | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | ||||||
Gimnastiek | ● | 1 | 1 | 2 | 4 | 6 | ||||||||||
Handbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 2 | |||||||||
Judo | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | ||||||||||
Kanovaart | ● | ● | 6 | 5 | ||||||||||||
Moderne vyfkamp | ● | ● | ● | ● | 2 | |||||||||||
Roei | ● | ● | ● | ● | ● | 6 | 8 | |||||||||
Ruitersport | ● | ● | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | |||||||||
Seilvaart | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 5 | 1 | |||||||
Sierduik | ● | 1 | ● | 1 | ● | 1 | ● | 1 | ||||||||
Skermsport | ● | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | ● | 1 | 1 | 1 | ||||||
Skyfskiet | 1 | 1 | 1 | 1 | ● | 2 | 1 | |||||||||
Sokker | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | ||||||
Stoei | ● | ● | ● | ● | 10 | ● | ● | ● | ● | 10 | ||||||
Swem | 2 | 4 | 3 | 4 | 4 | 4 | 5 | |||||||||
Veldhokkie | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | ||||
Vlugbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 2 | ||||
Waterpolo | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | ||||||||
Totaal | 0 | 4 | 7 | 8 | 9 | 14 | 11 | 26 | 21 | 10 | 12 | 11 | 8 | 17 | 36 | 1 |
Seremonies | OS | SS | ||||||||||||||
Datum | 17 Sa |
18 So |
19 Ma |
20 Di |
21 Wo |
22 Do |
23 Vr |
24 Sa |
25 So |
26 Ma |
27 Di |
28 Wo |
29 Do |
30 Vr |
31 Sa |
1 So |
Julie | Augustus |
Deelnemende nasies
wysigHier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
- Amerikaanse Maagde-eilande (18)
- Andorra (3)
- Antigua en Barbuda (9)
- Argentinië (70)
- Australië (182)
- Bahamas (10)
- Barbados (10)
- België (106)
- Bermuda (22)
- Bolivië (4)
- Brasilië (81)
- Brits-Honduras (4)
- Bulgarye (160)
- Chili (7)
- Colombia (34)
- Costa Rica (5)
- Denemarke (69)
- Dominikaanse Republiek (11)
- Ecuador (5)
- Egipte (29)
- Fidji (2)
- Filippyne (14)
- Finland (89)
- Frankryk (213)
- Griekeland (37)
- Guatemala (29)
- Haïti (12)
- Honduras (3)
- Hongarye (183)
- Hongkong (25)
- Ierland (46)
- Indië (26)
- Indonesië (7)
- Iran (84)
- Israel (26)
- Italië (221)
- Ivoorkus (8)
- Jamaika (20)
- Japan (215)
- Joego-Slawië (90)
- Kaaimanseilande (4)
- Kameroen (4)
- Kanada (391)
- Koeweit (14)
- Kuba (150)
- Libanon (4)
- Liechtenstein (6)
- Luxemburg (8)
- Maleisië (23)
- Marokko (9)
- Meksiko (99)
- Monaco (10)
- Mongolië (33)
- Nederland (103)
- Nederlands-Antille (4)
- Nepal (1)
- Nicaragua (14)
- Nieu-Seeland (84)
- Noord-Korea (41)
- Noorweë (68)
- Oos-Duitsland (274)
- Oostenryk (60)
- Pakistan (24)
- Panama (8)
- Papoea-Nieu-Guinee (5)
- Paraguay (6)
- Peru (13)
- Pole (224)
- Portugal (19)
- Puerto Rico (81)
- Roemenië (157)
- San Marino (10)
- Saoedi-Arabië (19)
- Senegal (23)
- Singapoer (4)
- Sowjetunie (412)
- Spanje (115)
- Suid-Korea (50)
- Suriname (3)
- Swede (122)
- Switserland (54)
- Thailand (43)
- Trinidad en Tobago (12)
- Tsjeggo-Slowakye (150)
- Tunisië (17)
- Turkye (27)
- Uruguay (9)
- Venezuela (31)
- Verenigde Koninkryk (249)
- Verenigde State (403)
- Wes-Duitsland (289)
- Ysland (14)
Getal medaljes
wysigHier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:
Plek | Land | Deelnemers | Goud | Silwer | Brons | Totaal |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | Sowjetunie (URS) | 412 | 49 | 41 | 35 | 125 |
2 | Oos-Duitsland (GDR) | 274 | 40 | 25 | 25 | 90 |
3 | Verenigde State (USA) | 403 | 34 | 35 | 25 | 94 |
4 | Wes-Duitsland (FRG) | 289 | 10 | 12 | 17 | 39 |
5 | Japan (JPN) | 215 | 9 | 6 | 10 | 25 |
6 | Pole (POL) | 224 | 7 | 6 | 13 | 26 |
7 | Bulgarye (BUL) | 160 | 6 | 9 | 7 | 22 |
8 | Kuba (CUB) | 150 | 6 | 4 | 3 | 13 |
9 | Roemenië (ROU) | 157 | 4 | 9 | 14 | 27 |
10 | Hongarye (HUN) | 183 | 4 | 5 | 13 | 22 |
27 | Kanada (CAN) | 391 | 0 | 5 | 6 | 11 |
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ (en) "Factsheet – The Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Desember 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op 5 Maart 2018.
- ↑ (en) "Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 5 Maart 2018.
- ↑ (en) "Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 5 Maart 2018.
- ↑ (en) "Past Olympic host city election results". GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 November 2018. Besoek op 5 Maart 2018.
Bronne
wysigVerdere leesstof
wysig- (en) David Wallechinsky (2004). The Complete Book of the Summer Olympics, Athens 2004 Edition. SportClassic Books. ISBN 978-1-894963-32-9.
- (en) Bijkerk, Anthony T. (2004). "Pierre de Coubertin". In John E. Findling, Kimberly D. Pelle (red.). Encyclopedia of the Modern Olympic Movement. Greenwood Publishing Group. ISBN 0-313-32278-3. OCLC 52418065.
- (de) Volker Kluge (2000). Olympische Sommerspiele. Die Chronik Teil 3. Mexiko Stadt 1968 – Los Angeles 1984. Berlin: Sportverlag. ISBN 3-328-00741-5.
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Olimpiese Somerspele 1976. |
- (en) Montreal 1976 Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee.
- (en) Resultate en medaljewenners Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee.
- (en) Olympics 1964 to 1980
Olimpiese Spele | |||
---|---|---|---|
Olimpiese Somerspele: 1896 • 1900 • 1904 • 1906* • 1908 • 1912 • Olimpiese Winterspele: 1924 • 1928 • 1932 • 1936 • |