Olimpiese Winterspele 2014

XXIIe Olimpiese Winterspele
Olimpiesespele van 2014

Gehou in Sotsji, Rusland
Deelnemende lande 88
Deelnemende atlete 2 781 (1 660 mans, 1 121 vroue)[1]
Items 98 in 7 sporte
Openingseremonie 7 Februarie 2014
Sluitingseremonie 23 Februarie 2014
Amptelik geopen deur President Wladimir Poetin
Atlete-eed Ruslan Zakharof
Beampte-eed Wyacheslaf Wedenin
Olimpiese vlam Wladislaf Tretiak en Irina Rodnina
Vorige Spele 2010: Vancouver (Kanada)
Volgende Spele 2018: Pyeongchang (Suid-Korea)

Die Olimpiese Winterspele 2014 (Russies: XXII Олимпийские зимние игры, tr. XXII Olimpiyskiye zimniye igry), amptelik bekend as die XXIIste Olimpiese Winterspele, is tussen 7 en 23 Februarie 2014 in Sotsji, Rusland, aangebied. Die Spele is op die IOK-vergadering van 4 Julie 2007 in Guatemala-stad aan Rusland toegeken.

'n Uitsig oor Sotsji se Olimpiese park met die Kaukasus op die agtergrond

Dit was die eerste keer dat Olimpiese Spele in Rusland aangebied is (die Sowjetunie het die Somerspele van 1980 aangebied). Die onsuksesvolle stede wat hiervoor aansoek gedoen het was Salzburg (Oostenryk) en Pyeongchang (Suid-Korea).

Tydens die Spele is daar in 98 items oor 7 Olimpiese sportsoorte in 15 dissiplines meegeding. Dit maak die Spele die grootste in die geskiedenis.[2] Suid-Afrika het nie aan hierdie Olimpiese Winterspele deelgeneem nie.

Die Paralimpiese Winterspele 2014 is tussen 7 en 16 Maart in Sotsji gehou.

Inhoud

ToewysingWysig

 
Russiese posseëls wat die drie Olimpiese gelukbringers uitbeeld

Sotsji is op 4 Julie 2007 in Guatemala-stad deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 2014. Ander kandidate was: Pyeongchang en Salzburg. Pyeongchang sal uiteindelik gasheer vir die volgende Olimpiese Winterspele 2018 word.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 2014[3]
Stad Land Rondte 1 Rondte 2
Sotsji   Rusland 34 51
Pyeongchang   Suid-Korea 36 47
Salzburg   Oostenryk 25

SporteWysig

7 Olimpiese sporte in 15 dissiplines is tydens die Spele beoefen.

KalenderWysig

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die aantal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS  Openingseremonie  ●  Wedstryde  1  Wedstryde met medaljes  UG  Uitstallingsgala  SS  Sluitingseremonie
Februarie 6
Do
7
Vr
8
Sa
9
So
10
Ma
11
Di
12
Wo
13
Do
14
Vr
15
Sa
16
So
17
Ma
18
Di
19
Wo
20
Do
21
Vr
22
Sa
23
So
Wedstryde
  Seremonies OS SS
  Alpeski 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1 10
  Bobslee 1 1 1 3
  Heg-en-steg-ski 1 1 2 1 1 1 1 2 1 1 12
  Kortbaanskaats 1 1 2 1 3 8
  Kunsskaats 1 1 1 1 1 UG 5
  Langbaanskaats 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1 2 12
  Noorse kombinasie 1 1 1 3
  Rodel 1 1 1 1 4
  Skansspring 1 1 1 1 4
  Skeleton 1 1 2
  Sneeuplankry 1 1 1 1 1 1 2 2 10
  Tweekamp 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1 11
  Vryski 1 1 1 1 1 1 1 2 1 10
  Ysbal 1 1 2
  Yshokkie 1 1 2
Totaal 0 0 5 8 5 8 6 6 6 7 4 5 7 8 6 7 7 3 98
Kumulatief 0 0 5 13 18 26 32 38 44 51 55 60 67 75 81 88 95 98
Februarie 6
Do
7
Vr
8
Sa
9
So
10
Ma
11
Di
12
Wo
13
Do
14
Vr
15
Sa
16
So
17
Ma
18
Di
19
Wo
20
Do
21
Vr
22
Sa
23
So
Wedstryde

Deelnemende nasiesWysig

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die aantal atlete per land in hakies aangedui:

Aantal medaljesWysig

 
Kaart van deelnemende nasies in 2014: ██ Neem vir die eerste keer deel ██ Het reeds vantevore deelgeneem
 
Kaart van medaljes volgens lande:
Goud vertoon lande, wat ten minste een goue medalje gewen het.
Silwer vertoon lande, wat ten minste een silwer medalje gewen het.
Brons vertoon lande, wat ten minste een brons medalje gewen het.
Rooi vertoon lande, wat geen medaljes gewen het nie.
Grys vertoon lande, wat nie aan die Olimpiese Winterspele 2014 deelgeneem het nie.

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek  Land  Deelnemers   Goud   Silwer   Brons Totaal
1   Rusland (RUS) 232 13 11 9 33
2   Noorweë (NOR) 134 11 5 10 26
3   Kanada (CAN) 222 10 10 5 25
4   Verenigde State (USA) 230 9 7 12 28
5   Nederland (NED) 41 8 7 9 24
6   Duitsland (GER) 153 8 6 5 19
7   Switserland (SUI) 168 6 3 2 11
8   Wit-Rusland (BLR) 26 5 0 1 6
9   Oostenryk (AUT) 130 4 8 5 17
10   Frankryk (FRA) 105 4 4 7 15

Sien ookWysig

VerwysingsWysig

  1. (en) "The Olympic Winter Games Factsheet" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Verkry op 29 Augustus 2016. 
  2. (nl) "Sporten op de Olympische Winterspelen van 2014". Winterspelen.nu. Verkry op 10 Desember 2013. 
  3. (en) "Past Olympic host city election results". GamesBids. Verkry op 29 Augustus 2016. 

Eksterne skakelsWysig


Olimpiese Spele  

Olimpiese Somerspele: 1896  • 1900  • 1904  • 1906*  • 1908  • 1912  • 1916  • 1920  • 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1996  • 2000  • 2004  • 2008  • 2012  • 2016  • 2020  • 2024  • 2028

Olimpiese Winterspele: 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1994  • 1998  • 2002  • 2006  • 2010  • 2014  • 2018  • 2022  • 2026
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.