Olimpiese Somerspele 1940
Spele van die XIIe Olimpiade | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Olimpiese Somerspele 1940 (Fins: Kesäolympialaiset 1940; Japannees: 東京オリンピック (1940年)), amptelik bekend as die Spele van die XIIde Olimpiade, sou in 1940 gehou word, maar is na die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog afgelas. Die Spele is op 1 Augustus 1936 deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) tydens die Olimpiese Somerspele 1936 in Berlyn aan Tokio, Japan, toegewys. Dit was die eerste keer dat Olimpiese Spele in 'n land buite die Westerse wêreld beplan is. Maar Japan moes afsien van die plan na die uitbreek van die Tweede Chinees-Japannese Oorlog in 1937 en het die Spele op 14 Julie 1938 van die hand gewys. Die Spele is drie dae later aan Helsinki, Finland, toegewys, maar met die uitbreek van die Winteroorlog in 1939 is dit heeltemal afgelas.[1]
Die hoofstadion vir die Olimpiese Spele 1940 in Tokio sou die Meiji Jingu-stadion gewees het, wat vir die latere Olimpiese Somerspele 1964 ingespan is. Vir die Olimpiese Spele in Helsinki is tussen 1934 en 1938 die Olimpiese Stadion opgerig, waar die Olimpiese Somerspele 1952 gehou is. Beide Finland en Japan het vir hul latere Olimpiese Somerspele ter wille van kostebesparing planne van die oorspronklik beplande Somerspele gebruik.
Omdat die Tweede Wêreldoorlog tot 1945 gewoed het, is die in Londen beplande Olimpiese Somerspele 1944 ook afgelas. Die Britse hoofstad het die eerste Olimpiese Somerspele na die Tweede Wêreldoorlog vier jaar later aangebied.
Toewysing
wysigTokio is op 1 Augustus 1936 deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 1940. Ander kandidate was: Helsinki, Barcelona en Rome.
Die stemming het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 1940[2] | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Stad | Land | Rondte 1 | ||||
Tokio | Japan | 36 | ||||
Helsinki | Finland | 27 | ||||
Barcelona | Spanje | – | ||||
Rome | Italië | – |
Fotogalery
wysig-
IOK-lid Soyeshima en IOK-president Baillet-Latour op 1 Augustus 1936 in Berlyn nadat die Somerspele 1940 aan Tokio toegewys is
-
Voorbereiding vir die Olimpiese Spele 1940 in September 1936
-
Byeenkoms vir die kansellasie van die Olimpiese Somerspele 1940 op 14 Julie 1938
-
Die Olimpiese Stadion in Helsinki, 1930's
-
Toerusting wat deur die Finse uitsaaikorporasie Yle vir die uitsaai-dekking van die Olimpiese Somerspele 1940 vervaardig is
Verwysings
wysig- ↑ "The Olympic Summer Games Factsheet" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 15 Januarie 2018.
- ↑ "Past Olympic Host City Election Results" (in Engels). GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 20 Januarie 2018.
Verdere leesstof
wysig- (en) Andreas Niehaus & Max Seinsch (2007). Olympic Japan. Ideals and Realities of (Inter)Nationalism. Würzburg. ISBN 978-3-89913-588-6.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: plek sonder uitgewer (link) - (en) Sandra Collins (2007). The 1940 Tokyo Games: The Missing Olympics. Japan, the Asian Olympics and the Olympic Movement (= Sport in the Global Society). London. ISBN 978-0-415-37317-3.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: plek sonder uitgewer (link) - (en) Martin Polley (1992). Olympic diplomacy: the British government and the projected 1940 Olympic games. pp. 169–187.
{{cite book}}
:|work=
ignored (hulp) - (en) The Organizing Committee of the XIIth Olympiad, Report of the Organizing Committee on its Work for the XIIth Olympic Games of 1940 in Tokyo until the Relinquishment. Tokio. 1940.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: plek sonder uitgewer (link)
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Olimpiese Somerspele 1940.
Olimpiese Spele | |||
---|---|---|---|
Olimpiese Somerspele: 1896 • 1900 • 1904 • 1906* • 1908 • 1912 • Olimpiese Winterspele: 1924 • 1928 • 1932 • 1936 • |