Olimpiese Somerspele 1944
Spele van die XIIIe Olimpiade | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Olimpiese Somerspele 1944 (Engels: 1944 Summer Olympics), amptelik bekend as die Spele van die XIIIde Olimpiade, sou in 1944 gehou word, maar is na die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog afgelas. Die Spele is in Junie 1939 deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) aan Londen, Verenigde Koninkryk, toegewys. Ander kandidaatstede was Rome, Detroit, Lausanne, Athene, Boedapest, Helsinki en Montreal.[1] Maar net drie maande later het met die Duitse Inval van Pole op 1 September 1939 die Tweede Wêreldoorlog begin, wat tot 1945 sou duur.
Na die oorlog is die volgende Spele, die Spele van 1948, sonder stemming aan die Verenigde Koninkryk toegeken.
Ten spyte van die oorlog het die IOK baie geleenthede in hul hoofkantoor in Lausanne, Switserland, georganiseer om die vyftigste herdenking van hul stigting te vier. Hierdie "Jubileevieringe van die IOK", so genoem deur Carl Diem, die skepper van die Olimpiese fakkelloop se moderne tradisie, is tussen 17 en 19 Junie 1944 gehou.[2]
Poolse krygsgevangenes in die Woldenberg (Dobiegniew) Oflag II-C krygsgevangenekamp is deur hul Duitse ontvoerders toestemming verleen om 'n nie-amptelike krygsgevangenes Olimpiade tussen 23 Julie en 13 Augustus 1944 aan te bied en 'n Olimpiese vlag, gemaak met 'n laken en stukkies gekleurde serpe, is gehys. Die geleentheid is beskou as 'n demonstrasie dat die Olimpiese gees oorloë transendeer.[3]
Toewysing
wysigLonden is in Junie 1939 deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 1944. Ander kandidate was: Rome, Detroit, Lausanne, Athene, Boedapest, Helsinki en Montreal.
Die stemming het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 1944[4] | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Stad | Land | Rondte 1 | ||||
Londen | Verenigde Koninkryk | 20 | ||||
Rome | Italië | 11 | ||||
Detroit | Verenigde State | 2 | ||||
Lausanne | Switserland | 1 | ||||
Athene | Griekeland | – | ||||
Boedapest | Hongarye | – | ||||
Helsinki | Finland | – | ||||
Montreal | Kanada | – |
Sien ook
wysig- Olimpiese Somerspele 1908 in Londen
- Olimpiese Somerspele 1948 in Londen
- Olimpiese Somerspele 2012 in Londen
Verwysings
wysig- ↑ "The Olympic Summer Games Factsheet" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 20 Januarie 2018.
- ↑ (en) "Beijing 2008 Olympic Games: Mount Olympus Meets the Middle Kingdom | Beijing 2008 Olympic Games :: History of the Olympic Games". Encyclopædia Britannica. Besoek op 20 Januarie 2018.
- ↑ (en) Grys, Iwona (1996), "The Olympic Idea Transcending War", Olympic Review XXV (8 April–Mei 1996): 68, http://library.la84.org/OlympicInformationCenter/OlympicReview/1996/oreXXV8/oreXXV8zza.pdf, besoek op 20 Januarie 2018
- ↑ "Past Olympic Host City Election Results" (in Engels). GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 20 Januarie 2018.
Olimpiese Spele | |||
---|---|---|---|
Olimpiese Somerspele: 1896 • 1900 • 1904 • 1906* • 1908 • 1912 • Olimpiese Winterspele: 1924 • 1928 • 1932 • 1936 • |