Olimpiese Winterspele 1952

VIe Olimpiese Winterspele
Olimpiesespele van 1952

Gehou in Oslo, Noorweë
Deelnemende lande 30
Deelnemende atlete 694 (585 mans, 109 vroue)[1]
Items 22 in 4 sporte
Openingseremonie 14 Februarie 1952
Sluitingseremonie 25 Februarie 1952
Amptelik geopen deur Prinses Ragnhild
Atlete-eed Torbjorn Falkanger (skansspring)
Beampte-eed (sedert 1972)
Olimpiese vlam Eigil Nansen
Vorige Spele 1948: St. Moritz (Switserland)
Volgende Spele 1956: Cortina d'Ampezzo (Italië)

Die Olimpiese Winterspele 1952 (Noors: Vinter-OL 1952), amptelik bekend as die VIde Olimpiese Winterspele, is tussen 14 en 25 Februarie 1952 in Oslo, Noorweë, aangebied. Die ander kandidaatstede was Lake Placid in die Verenigde State en Cortina d'Ampezzo in Italië. Dit is die eerste keer dat die Spele in Noorweë gehou is, die land waar moderne ski ontstaan het. Oslo was anoniem verkies as gasheerstad vir hierdie Spele. Die Olimpiese Somerspele 1952 is in Helsinki, Finland, aangebied.

Toewysing

wysig
 
Openingseremonie van die Olimpiese Winterspele 1952 in Oslo

Oslo is op 21 Junie 1947 in Stockholm deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 1952. Ander kandidate was: Cortina d'Ampezzo en Lake Placid. Cortina d'Ampezzo sal uiteindelik gasheer vir die volgende Olimpiese Winterspele 1956 word.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 1952[2]
Stad Land Rondte 1
Oslo   Noorweë 17
Cortina d'Ampezzo   Italië 9
Lake Placid   Verenigde State 1

Sporte

wysig

4 Olimpiese sporte in 8 dissiplines is tydens die Spele beoefen.

Kalender

wysig

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS  Openingseremonie  ●  Wedstryde  1  Wedstryde met medaljes  SS  Sluitingseremonie
Februarie 1952 14
Do
15
Vr
16
Sa
17
So
18
Ma
19
Di
20
Wo
21
Do
22
Vr
23
Sa
24
So
25
Ma
Wedstryde
Seremonies OS SS
  Alpeski 1 1 1 1 1 1 6
  Bobslee ●  1 ●  1 2
  Heg-en-steg-ski 1 1 2 4
  Kunsskaats ●  ●  ●  1 1 1 3
  Langbaanskaats 1 1 1 1 4
  Noorse kombinasie ●  1 1
  Skansspring 1 1
  Yshokkie ●  ●  ●  ●  ●  ●  ●  ●  ●  ●  1 1
Totaal 1 2 2 3 2 2 3 1 2 2 1 1 22
Kumulatief 1 3 5 7 10 12 15 16 18 20 21 22 22

Deelnemende nasies

wysig

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Getal medaljes

wysig
 
Kaart van deelnemende nasies in 1952:

   Neem vir die eerste keer deel

   Het reeds vantevore deelgeneem

 
Kaart van medaljes volgens lande:
Goud vertoon lande, wat ten minste een goue medalje gewen het.
Silwer vertoon lande, wat ten minste een silwer medalje gewen het.
Brons vertoon lande, wat ten minste een brons medalje gewen het.
Rooi vertoon lande, wat geen medaljes gewen het nie.
Grys vertoon lande, wat nie aan die Olimpiese Winterspele 1952 deelgeneem het nie.

Hier is die top 13 lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek  Land  Deelnemers   Goud   Silwer   Brons Totaal
1   Noorweë (NOR) 73 7 3 6 16
2   Verenigde State (USA) 65 4 6 1 11
3   Finland (FIN) 50 3 4 2 9
4   Duitsland (GER) 53 3 2 2 7
5   Oostenryk (AUT) 39 2 4 2 8
6   Kanada (CAN) 39 1 0 1 2
  Italië (ITA) 33 1 0 1 2
8   Verenigde Koninkryk (GBR) 18 1 0 0 1
9   Nederland (NED) 11 0 3 0 3
10   Swede (SWE) 65 0 0 4 4
11   Switserland (SUI) 55 0 0 2 2
12   Frankryk (FRA) 26 0 0 1 1
  Hongarye (HUN) 12 0 0 1 1
Totaal (13 NOKs) 539 22 22 23 67

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. (en) "The Olympic Winter Games Factsheet" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 November 2018. Besoek op 20 Januarie 2018.
  2. (en) "Past Olympic Host City Election Results". GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 20 Januarie 2018.

Verdere leesstof

wysig
  • (en) David Wallechinsky (2005). The Complete Book of the Winter Olympics, Turin 2006 Edition. SportClassic Books. ISBN 978-1-894963-45-9.
  • (de) Volker Kluge (1999). Olympische Winterspiele. Die Chronik. Chamonix 1924 – Nagano 1998. Berlin: Sportverlag. ISBN 3-328-00831-4.
  • (en) Krüger, Arnd; Goksör, Matti; von der Lippe, Gerd; Mo, Kristian (1996). The History of the Olympic Winter Games. The Invention of a Tradition. {{cite book}}: |work= ignored (hulp)

Eksterne skakels

wysig


Olimpiese Spele  

Olimpiese Somerspele: 1896  • 1900  • 1904  • 1906*  • 1908  • 1912  • 1916  • 1920  • 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1996  • 2000  • 2004  • 2008  • 2012  • 2016  • 2020  • 2024  • 2028  • 2032

Olimpiese Winterspele: 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1994  • 1998  • 2002  • 2006  • 2010  • 2014  • 2018  • 2022  • 2026  • 2030  • 2034
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.