Britse Maagde-eilande

Die Britse Maagde-eilande (Engels: British Virgin Islands, BVI), amptelik die Maagde-eilande (Virgin Islands[2]), is 'n eilandgroep in Noord-Amerika en 'n oorsese gebied van die Verenigde Koninkryk met 'n oppervlakte van 153 km² en 'n bevolking van 27 800 in 2012.

Virgin Islands
Maagde-eilande
Vlag van die Britse Maagde-eilande Wapen van die Britse Maagde-eilande
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Vigilate
(Latyn vir: "Wees waaksaam")
Volkslied: God Save the Queen
(Engels vir: "God beskerm die koningin")

Nasionale volkslied: Oh, Beautiful Virgin Islands
(Engels vir: "Oh, mooi Maagde-eilande")
Ligging van die Britse Maagde-eilande
Hoofstad Road Town

18°26′N 64°38′W / 18.433°N 64.633°W / 18.433; -64.633

Grootste stad Road Town
Amptelike tale Engels
Regering

Monarg
• Goewerneur
• Adjunkgoewerneur
Eerste minister
• Verantwoordelike
Britse ministera
Parlementêre afhanklikheid
onder ’n grondwetlike monargie
Elizabeth II
Augustus Jaspert
Vivian Inez Archibald
Orlando Smith

Tariq Ahmad
Onafhanklikheid
Stigting
• Afsonderlike gebied
• Outonome gebied

Britse oorsese gebied
1960
1967
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
153 km2  ()
59 myl2
1,6
Bevolking
 - 2012-skatting
 - 2010-sensus
 - Digtheid
 
27 800 (212de)
28 054[1]
260 / km2 (68ste)
673,4 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita

$853,4 miljoen (149ste)
$43 336

Geldeenheid Amerikaanse dollar (USD)
Tydsone
 - Somertyd
AST (UTC-4)
nie toegepas nie (UTC-4)
Internet-TLD .vg
Skakelkode +1-284
a. Vir al die Britse oorsese gebiede
Nasa-Satellietbeeld van die Britse Maagde-eilande
Kaart van die Britse Maagde-eilande

Die Britse Maagde-eilande behoort geografies tot die Maagde-eilande[3] van die Klein Antille. Dit is in die noordoostelike Karibiese See op die grens met die Atlantiese Oseaan geleë. Die Britse Maagde-eilande grens in die weste aan die Amerikaanse Maagde-eilande en in die ooste aan Anguilla. Dit bestaan uit die hoofeilande Anegada, Jost van Dyke, Tortola, Virgin Gorda en ander eilande. Die hoofstad en grootste stad is Road Town, wat op die eiland Tortola geleë is.

Die Maagde-eilande is in 1493 deur Christophorus Columbus tydens sy tweede reis vir Europa ontdek en ná die heilige Ursula van Keulen en haar maagd-volgelinge Santa Ursula y las Once Mil Vírgenes ("St. Ursula en haar 11 000 maagde") genoem. Alhoewel die Maagde-eilande deur die Spaanse Ryk opgeëis is, is dié eilande nooit deur Spanjaarde gekoloniseer nie. Tydens die volgende twee eeu was die Maagde-eilande onder beheer van verskeie Europese magte soos Groot-Brittanje, Nederland, Frankryk en Denemarke-Noorweë. Die Nederlanders het in 1648 'n permanente nedersetting op Tortola gestig en in 1672 het Engeland dié eiland van Nederland verower, gevolg deur die anneksasie van Anegada en Virgin Gorda in 1680. Terselfdertyd het Denemarke tussen 1672 en 1733 beheer oor die nabygeleë eilande Saint Thomas, Saint John en Saint Croix oorgeneem. Die Deense Maagde-eilande is volgens die Deens-Wes-Indië-verdrag op 31 Maart 1917 vir VS$25 miljoen aan die Verenigde State verkoop. Die Britse Maagde-eilande is eers as deel van die Britse Leeward-eilande en later saam met St. Kitts en Nevis geadministreer. Dié eilande het in 1960 aparte koloniale status ontvang en in 1967 outonoom geword. Die Britse Maagde-eilande word deur die Verenigde Nasies as 'n gebied sonder eie regering beskou.[4]

Krieket was eens die gewildste sportsoort in die Britse Maagde-eilande, maar Amerikaanse sportsoorte soos Amerikaanse voetbal, basketbal en bofbal word nou meer beoefen. Spelers mag vir die Wes-Indiese nasionale krieketspan uitdraf. Dié eilande is gesogte vakansieplekke en die ekonomie is veral op toerisme gebaseer.[5]

HoofeilandeWysig

Naam Oppervlakte
(km²)
Bevolking
(2008)
Bevolkingsdigtheid
Anegada 38 km² 200 5,3/km²
Jost van Dyke 8 km² 260 32,5/km²
Tortola 55,7 km² 14 000 251,1/km²
Virgin Gorda 21 km² 3 063 145,86/km²

VerwysingsWysig

  1. (en) The BVI Beacon "Portrait of a population: 2010 Census published" bl. 4, 20 November 2014
  2. (en) "The Virgin Islands Constitution Order 2007" (PDF). Besoek op 21 Mei 2018. 
  3. (en) "British Virgin Islands". Encyclopædia Britannica. Besoek op 21 Mei 2018. 
  4. (en) "Non-Self-Governing Territories". Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies. Besoek op 21 Mei 2018. 
  5. (en) "British Virgin Islands". CIA World Factbook. Central Intelligence Agency. Besoek op 21 Mei 2018. 

Eksterne skakelsWysig


  Verenigde Koninkryk  
LandeEngelandSkotlandWallisNoord-Ierland
Oorsese gebiedeAnguillaBermudaBrits-Antarktiese GebiedBritse Indiese OseaangebiedBritse Maagde-eilandeFalkland-eilandeGibraltarKaaimanseilandeMontserratPitcairneilandeSint Helena, Ascension en Tristan da CunhaSuid-Georgië en die Suidelike SandwicheilandeTurks- en Caicoseilande
KroongebiedeEiland ManGuernseyJersey
Sowereine militêre basisseAkrotiri en Dhekelië


 
Lande en gebiede in Noord-Amerika
Lande: Antigua en Barbuda | Bahamas | Barbados | Belize | Costa Rica | Dominica | Dominikaanse Republiek | El Salvador | Grenada | Guatemala | Haïti | Honduras | Jamaika | Kanada | Kuba | Meksiko | Nicaragua | Panama | St. Kitts en Nevis | St. Lucia | St. Vincent en die Grenadine | Trinidad en Tobago | Verenigde State van Amerika
Afhanklike gebiede: Koninkryk van Denemarke: Groenland | Frankryk: Clipperton - Guadeloupe - Martinique - Saint-Martin - Sint Bartolomeus‎ - Sint Pierre en Miquelon | Koninkryk van die Nederlande: Aruba - Curaçao - Sint Maarten | Nederland: Bonaire - Saba - Sint Eustatius | Verenigde Koninkryk: Anguilla - Bermuda - Britse Maagde-eilande - Kaaimanseilande - Montserrat - Turks- en Caicoseilande | Verenigde State: Amerikaanse Maagde-eilande - Navassa - Puerto Rico

Lande van: Afrika - Asië - Europa - Oseanië - Suid-Amerika