Hoofstad
primêre regerende stad van 'n topvlak (land) of eerstevlak en tweedevlak onderafdeling (land, staat, provinsie, regentskap, ens.) politieke entiteit
'n Hoofstad is 'n belangrike stad in 'n gebied (soos 'n land of 'n provinsie) wat sentraal staan in 'n sekere sin (gewoonlik 'n politieke sin). Die hoofstad van 'n land verwys gewoonlik na die setel van die regering van die land.
Daar kan ook verwys word na 'n stad as die ekonomiese of kulturele hoofstad van 'n gebied. Dit kan daarop dui dat die stad die meeste ekonomiese of kulturele aktiwiteit beleef of as sodanige middelpunt gesien word deur meeste mense.
In party gevalle het lande meer as een hoofstad, of die setel is in 'n ander stad as die hoofstad:
- In Suid-Afrika is Pretoria die uitvoerende hoofstad met die regeringskantore by die Uniegebou. Kaapstad is die wetgewende hoofstad met die parlement van Suid-Afrika wat daar vergader en Bloemfontein is die geregtelike hoofstad met die Appèlhof van Suid-Afrika.
- Yamoussoukro is in 1983 as die hoofstad van die Ivoorkus verkies, maar baie van die staatskantore en ambassades is steeds in Abidjan.
- Sucre is steeds die grondwetlike hoofstad van Bolivië, maar meeste van die nasionale regering het reeds verhuis na La Paz.
- Amsterdam, die hoofstad van Nederland, is nie die setel van die regering nie. Dié is in Den Haag.
Terminologie
wysigDie term "hoofstad" is afgelei van die Latynse caput (genitief capitis), wat "kop" beteken.
Lande met meer as een hoofstad
wysigLande wat tans meer as een hoofstad het
wysigLand | Hoofstede | Notas |
---|---|---|
Benin | Porto-Novo | Amptelike hoofstad |
Cotonou | De facto regeringsetel | |
Bolivië | Sucre | Grondwetlike hoofstad en setel van die opperste hof |
La Paz | Regeringsetel en parlementsetel van die parlement | |
Burundi | Gitega | Amptelike (grondwetlike) hoofstad |
Bujumbura | Setel van die nasionale uitvoerende hoof | |
Chili | Santiago | Amptelike hoofstad; regeringsetel |
Valparaíso | Setel van die kongres | |
Eswatini | Mbabane | Hoofstad |
Lobamba | Tradisionele hoofstad, regeringsetel en parlementsetel | |
Ivoorkus | Yamoussoukro | Amptelike hoofstad |
Abidjan | De facto regeringsetel | |
Jemen | Sanaa | Grondwetlike hoofstad |
Aden | Voorlopige hoofstad | |
Maleisië | Kuala Lumpur | Amptelike hoofstad; parlementsetel |
Putrajaya | Regeringsetel | |
Mianmar | Naypyidaw | Amptelike hoofstad; regeringsetel |
Yangon | Ekonomiese hoofstad | |
Montenegro | Podgorica | Amptelike hoofstad; regeringsetel |
Cetinje | Setel van die president | |
Nederland | Amsterdam | Grondwetlike hoofstad |
Den Haag | Regeringsetel | |
Sri Lanka | Sri Jayawardenepura | Regerings- en parlementsetel |
Colombo | Hoofstad | |
Staat Palestina | (Oos-)Jerusalem | Geproklameerde hoofstad |
Ramallah | Uitvoerende hoofstad | |
Suid-Afrika | Pretoria | Administratiewe hoofstad (Regeringsetel) |
Kaapstad | Wetgewende hoofstad (Parlementsetel) | |
Bloemfontein | Geregtelike hoofstad (Setel van die opperste Appèlhof) | |
Tanzanië | Dodoma | Amptelike hoofstad |
Dar-es-Salaam | De facto Regeringsetel | |
Wes-Sahara | Laâyoune | Geproklameerde hoofstad |
Tifariti | Uitvoerende hoofstad |
Lande wat in die verlede verskeie hoofstede gehad het
wysigLand | Tydperk | Hoofstede | Notas |
---|---|---|---|
Afghanistan | 1776–1818 | Kaboel | Somerhoofstad |
Pesjawar | Herfshoofstad | ||
Brits-Indië | 1858–1947 | Kolkata (1858–1911) | Winterhoofstad |
Delhi (1911–1947) | |||
Shimla | Somerhoofstad | ||
Duitsland | 1990–1999 | Berlyn | Amptelike hoofstad |
Bonn | Regeringsetel | ||
Filippyne | 1948–1976 | Quezon Stad | Amptelike hoofstad |
Manila | De facto regeringsetel | ||
1901–1976 | Baguio | Somerhoofstad (nog steeds bekend as somerhoofstad, buite politieke gebruik) | |
Frankryk | 1940–1944 | Parys | Besete gebied van Frankryk |
Vichy | Vichy-Regime | ||
Georgië | 2012–2018 | Tbilisi | Amptelike hoofstad |
Koetaisi | Parlementsetel | ||
Laos | 1947–1975 | Vientiane | Administratiewe hoofstad |
Luang Prabang | Koninklike hoofstad | ||
Libië | 1951–1969 | Tripoli | Een van die twee amptelike hoofstede van die Verenigde Koninkryk Libië |
Benghazi | Een van die twee amptelike hoofstede van die Verenigde Koninkryk Libië | ||
Malawi | 1974–1994 | Lilongwe | Administratiewe en regterlike hoofstad |
Zomba | Wetgewende hoofstad | ||
Republiek van China | 1937–1945 | Nanjing | Hoofstad van marionetstaat |
Chongqing | Voorlopige hoofstad van die Kuomintang | ||
1945–1991 | Nanjing | Administratiewe, wetgewende en geregtelike hoofstad (opgeëis na 1949) | |
Taipei | Voorlopige hoofstad van die Kuomintang-regeerde Republiek China op Taiwan | ||
Serwië en Montenegro | 2003–2006 | Belgrado | Regeringsetel en parlementsetel |
Podgorica | Setel van die grondwetlike hof |
Sien ook
wysigVerwysings
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Hoofstad.
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir hoofstad.