Santiago de Chile

Santiago de Chile (Spaans: [san̪ˈtja.ɣo ðe ˈtʃi.le]) is die hoofstad, ekonomiese sentrum en grootste metropolitaanse gebied van Chili, wat met sowat ses miljoen inwoners veertig persent van die land se bevolking huisves. Die stad lê in die sentrale vallei van Chili en maak in administratiewe opsig deel uit van die Metropolitaanse Gewes van Santiago. Alhoewel Santiago as regeringsetel fungeer, is Valparaíso die wetgewende hoofstad van die land.

Santiago de Chile

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Chili Chili
 Provinsie Santiago
 Koördinate 33°27′S 70°40′W / 33.450°S 70.667°W / -33.450; -70.667
 Gestig op 12 Februarie 1541
 Oppervlakte:  
 - Totaal 641 vk km
 Hoogte bo seevlak 570 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2017) 6 269 384
 - Metropolitaanse Gebied 6 903 479
 - Bevolkingsdigtheid 9 821/vk km
 Tydsone UTC -4 (CLT)
 Somertyd UTC -3 (CLST)
 Burgemeester Claudio Orrego Larraín
 Amptelike webwerf gobiernosantiago.cl
Pedro de Valdivia stig Santiago de Chile – 'n skildery deur Pedro Lira, 1889

Ná drie dekades van ononderbroke ekonomiese groei het Santiago tot een van die modernste metropole in Latyns-Amerika ontwikkel, wat met uitgestrekte voorstede, tientalle winkelsentrums en 'n indrukwekkende sentrale besigheidsdistrik met baie wolkekrabbers spog. Die stad beskik oor 'n hoogs moderne infrastruktuur, wat onder meer 'n moltreinstelsel insluit, en is die hoofkwartier van 'n groot aantal nasionale en internasionale maatskappye. Dit was een van die gasheerstede tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1962.

Galery

wysig

Eksterne skakels

wysig