Venezuela (Spaans: [beneˈswela], letterlik: "klein Venesië") , amptelik die Bolivariaanse Republiek van Venezuela (Spaans: República Bolivariana de Venezuela [reˈpuβlikɑ βoliβɑˈɾjɑnɑ ðe βeneˈswelɑ]), is 'n land in die noorde van Suid-Amerika. Dit grens aan die Karibiese See en die Atlantiese Oseaan aan die noorde, Guyana aan die ooste, Brasilië aan die suide en Colombia aan die weste. Net noord van Venezuela lê die Karibiese lande van Aruba, Bonaire, Curaçao en Trinidad en Tobago.

República Bolivariana de Venezuela
Bolivariaanse Republiek van Venezuela
Vlag van Venezuela Wapen van Venezuela
Vlag Wapen
Volkslied: Gloria al Bravo Pueblo
Ligging van Venezuela
Hoofstad Caracas

10°30′N 66°58′W / 10.500°N 66.967°W / 10.500; -66.967

Grootste stad Caracas
Amptelike tale Spaans
Regering Federale presidensiële
grondwetlike
Sosiaal-Bolivariaanse
republiek
Nicolás Maduro
Jorge Arreaza
Onafhanklikheid
Onafhanklikheid
• van Spanje
• van Groot-Colombia
• Erken
• Hudige grondwet


5 Julie 1811
13 Januarie 1830
30 Maart 1845
20 Desember 1999
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
916 445 km2  (33ste)
353 841 myl2
0,32
Bevolking
 - 2011-sensus
 - Digtheid
 
28 946 101
30,2 / km2 (181ste)
77 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2013-skatting

$408,805 miljard[1]
$13 634[1]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2013-skatting

$382,424 miljard[1]
$11 527[1]

MOI (2013) Green Arrow Up Darker.svg 0,748 (71ste)  –  hoog
Gini (2010) 39[2] –  medium
Geldeenheid Bolívar (VEF)
Tydsone
 - Somertyd
VET (UTC-4)
nie toegepas nie (UTC-4½)
Internet-TLD .ve
Skakelkode +58

Inhoud

DeelstateWysig

Venezuela word verdeel in 23 deelstate (estados), een federale distrik (distrito capital) en een federale afhanklike (dependencias federales), gemerk deur 'n *:

GeografieWysig

 
Kaart van Venezuela

Venezuela het 'n verskeidenheid van landskappe, soos die noordelike gedeeltes van die Andesgebergte in die noordweste en langs die noordelike Karibiese kus, waar die hoogste punt die piek Pico Bolivar teen 'n hoogte van 5 007 m is. Noord van Venezuela se vasteland lê Los Roques, 'n reeks koraal-eilande. Ook in die Noordweste is die laeveld gebiede rondom die Maracaibomeer en die Golf van Venezuela. Die sentrale deel van die land word gekenmerk deur uitgestrekte vlaktes genoem llanos wat strek van die Colombiaanse grens tot die rivierdelta van die Río Orinoco in die ooste. In die suide is die Hoogland van Guyana, tuiste van die Angel-val, die wêreld se hoogste waterval.

Die klimaat is tropies en oor die algemeen warm en vogtig, alhoewel meer gematig in die hooglande. Die hoofstad Caracas is ook die land se grootste stad. Ander groot stede is onder andere Maracaibo, Barquisimeto, Valencia, Maracay en Ciudad Guayana.

Sien ookWysig

VerwysingsWysig

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 (en) "Venezuela". Internasionale Monetêre Fonds. Verkry op 18 Julie 2014. 
  2. (es) "Gini coefficient for the Bolivarian Republic of Venezuela". Instituto Nacional de Estadística. 2011. 

Eksterne skakelsWysig