Bonaire
Bonaire (Nederlands: [boːˈnɛːr(ə)], ; Papiaments: Boneiru, [bʊˈne̝i̯ru]) is 'n Nederlandse eiland in die Karibiese See en behoort tot die ABC-eilande net noord van Venezuela. Tot in 2010 het Bonaire deel uitgemaak van die Nederlandse Antille, maar dié eiland is sedert 10 Oktober 2010 'n besondere munisipaliteit binne Nederland.[5]
| |||||
Volkslied: Tera di Solo y suave biento (Papiaments vir: "Land van die son en sagte briesie") | |||||
Hoofstad | Kralendijk | ||||
Grootste stad | Kralendijk | ||||
Amptelike tale | Nederlands en Papiaments[1] | ||||
Regering | Besondere munisipaliteit binne Nederland Willem-Alexander Mark Rutte Edison Rijna | ||||
Onafhanklikheid Geïnkorporeer
• Datum |
binne Nederland 10 Oktober 2010 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
288[2] km2 111 myl2 feitlik geen | ||||
Bevolking - 2022-skatting - Digtheid |
22 573[3] (–) 69 / km2 180 / myl2 | ||||
Geldeenheid | Amerikaanse dollar ($) (USD )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
AST (UTC-4) nie toegepas nie (UTC-4) | ||||
Internet-TLD | .nl, .ana[4] | ||||
Skakelkode | +599-7 | ||||
a. Gaan gestaak word. |
Die amptelike taal is Nederlands; ander tale wat gepraat word is Papiaments (die volkstaal) en verder ook Spaans en Engels. Die hoofstad en grootste stad is Kralendijk. Die eiland beslaan 'n oppervlakte van 288 km² en het 'n bevolking van 22 573 in 2022 gehad. Sedert 1 Januarie 2011 is die Amerikaanse dollar die amptelike geldeenheid.[6]
Etimologie
wysigDie woord "Bonaire" is glo ontleen aan die Caquetio-woord Bonay wat "lae land" beteken. Die vroeë Spaanse en Nederlandse koloniste het sy spelling in Bojnaj en Bonaire verander. Franse invloed, wat op verskillende tyde teenwoordig was, was nooit sterk genoeg om die aanname moontlik te maak dat die woord "goeie lug" beteken nie.[7] 'n Ander teorie is dat die naam van 'n Spaanse oorsprong is, aangesien die Spaanse die eerste Europeërs was wat hulle op die eiland gevestig het. Volgens dié teorie is die naam afgelei van buen aire ("goeie lug").[8][9]
Verwysings
wysig- ↑ (nl) "Invoeringswet openbare lichamen Bonaire, Sint Eustatius en Saba". wetten.nl. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Januarie 2016. Besoek op 29 Augustus 2014.
- ↑ (nl) "Waaruit bestaat het Koninkrijk der Nederlanden? – Rijksoverheid.nl". Ministerie van Algemene. 19 Mei 2015. Besoek op 19 Mei 2015.
- ↑ (en) "How has the population evolved over the past decade? – the Caribbean Netherlands in numbers 2022 | CBS".
- ↑ (en) "ISO 3166-1 decoding table". International Organization for Standardization. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Desember 2016. Besoek op 29 Augustus 2014.
- ↑ (en) "Status change means Dutch Antilles no longer exists". BBC. 10 Oktober 2010. Besoek op 10 Augustus 2023.
- ↑ (nl) "Bonaire, Sint Eustatius, Saba". De Nederlandsche Bank. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2010. Besoek op 25 Desember 2010.
- ↑ (en) Elly A. "Bonaire's History – InfoBonaire".
- ↑ (es) Seco, Manuel (2012). Estudios de lingüística española: homenaje a Manuel Seco. Universiteit van Alicante. ISBN 978-84-9717-183-0.
- ↑ (en) Treasury, United States Department of the (1895). Treasury Decisions Under Customs and Other Laws. U.S. Government Printing Office.
Bronnelys
wysig- Algemeen
- (en) "Bonaire". Encyclopædia Britannica. Besoek op 10 Augustus 2023.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Bonaire.
- (en) Toerisme-inligting oor Bonaire op Wikivoyage
- (nl) Amptelike webwerf van Bonaire se regering