Friesland (Wes-Fries: Fryslân) is een van die 12 provinsies van Nederland en is in die noorde geleë. Die amptelike naam is Fryslân.[3]

Friesland

Fryslân
Provinsie
Vlag van Friesland
Vlag
Ligging in Nederland
Ligging in Nederland
Koördinate: 53°8′N 5°49′O / 53.133°N 5.817°O / 53.133; 5.817Koördinate: 53°8′N 5°49′O / 53.133°N 5.817°O / 53.133; 5.817
LandVlag van Nederland Nederland
HoofstadLeeuwarden (Ljouwert)
Grootste stadLeeuwarden (Ljouwert)
Regering
 • KommissarisArno Brok (VVD)
Oppervlak
 • Totaal5 748 km2 (2 219 vk, m,)
 • Land3 341 km2 (1 290 vk, m,)
 • Water2 407 km2 (929 vk, m,)
Bevolking
 • Totaal646 092
 • Digtheid112/km2 (290/vk, m,)
TydsoneUTC+01:00 (MET)
 • SomertydUTC+02:00 (MEST)
Webwerfwww.friesland.nl
Friesland (Fryslân)

Die provinsie het 'n bevolking van 646 000 in 2014 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 5 748 km² met 'n bevolkingsdigtheid van 1112 per km². Die hoofstad en grootste stad is Leeuwarden (Ljouwert in Wes-Fries).

Alle bewoonde Wes-Friese eilande, met uitsondering van Texel, val administratief onder die provinsie. Sy ligging tussen die Ysselmeer in die weste en die provinsie Groningen in die ooste maak van Friesland die tweede mees noordelike provinsie van Nederland. Dit is die enigste provinsie wat naas Nederlands 'n tweede ampstaal het - Wes-Fries wat, ondanks sy noue verwantskap met Nederlands, as 'n selfstandige taal erken word. Die meeste sprekers van Wes-Fries is egter ook Nederlands magtig.

Landbou en toerisme op die mere en eilande in die Waddesee is belangrike bronne van inkomste. Die provinsie is ook bekend vir sy ysskaatsers en die Elfstedentocht, 'n ysskaats-resies van 200 kilometer wat na die historiese elf stede van Friesland vernoem is.

MunisipaliteiteWysig

Friesland (Fryslân) bestaan uit 18 munisipaliteite:

Munisipaliteite Friese naam Opmerkinge
Achtkarspelen Achtkarspelen
Ameland It Amelân
Dantumadeel Dantumadiel Friese naam is amptelike naam
De Friese Meren De Fryske Marren Friese naam is amptelike naam
Harlingen Harns
Heerenveen It Hearrenfean
Leeuwarden Ljouwert
Noordoost-Friesland Noardeast-Fryslân Friese naam is amptelike naam
Ooststellingwerf Eaststellingwerf
Opsterland Opsterlân
Schiermonnikoog Skiermûntseach
Smallingerland Smellingerlân
Terschelling Skylge
Tietjerksteradeel Tytsjerksteradiel Friese naam is amptelike naam
Vlieland Flylân
Waadhoeke De Waadhoeke
Weststellingwerf Weststellingwerf
Zuidwest-Friesland Súdwest-Fryslân Friese naam is amptelike naam

VerwsyingsWysig

  1. "Bodemgebruik; uitgebreide gebruiksvorm, per gemeente" (in Nederlands). Centraal Bureau voor de Statistiek. 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Augustus 2014. Besoek op 28 Maart 2016.
  2. "Bevolkingsontwikkeling; regio per maand" (in Nederlands). Centraal Bureau voor de Statistiek. 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Augustus 2014. Besoek op 28 Maart 2016.
  3. Die amptelike naam van die provinsie is volgens 'n besluit van die Nederlandse Departement van Binnelandse Sake, wat in November 2004 geneem is.

Eksterne skakelsWysig


Provinsies van Nederland  

  Drenthe |   Flevoland |   Friesland |   Gelderland |   Groningen |   Limburg

  Noord-Brabant |   Noord-Holland |   Overijssel |   Utrecht |   Zeeland |   Zuid-Holland