Vlieland is vanuit die weste die tweede bewoonde Nederlandse Waddesee-eiland, en lê in die provinsie Friesland. In vroeëre tye was Vlieland 'n deel van die gewes Texla. Die eiland is 'n gebiedsdeel van die gelyknamige munisipaliteit Vlieland. Aan die westekant van die eiland lê Texel en aan die ooste Terschelling.

Vlieland

Flylân
Munisipaliteit
Vuurtoring in Vlieland
Vuurtoring in Vlieland
Vlag van Vlieland
Vlag
Wapen van Vlieland
Wapen
Ligging van Vlieland in Friesland-provinsie
Ligging van Vlieland in Friesland-provinsie
Kaart van Vlieland-munisipaliteit
Kaart van Vlieland-munisipaliteit
Koördinate: 53°15′N 4°57′O / 53.250°N 4.950°O / 53.250; 4.950
LandVlag van Nederland Nederland
Provinsie Friesland
Regering
 • BurgemeesterMichiel Schrier (SP)
Oppervlak
 • Totaal315,80 km2 (121,93 vk. myl)
 • Land39,15 km2 (15,12 vk. myl)
 • Water276,65 km2 (106,82 vk. myl)
Bevolking
 • Totaal1 196
 • Digtheid31/km2 (80/vk. myl)
 1 Januarie 2022
TydsoneUTC+1 (IST)
 • SomertydUTC+2 (IDT)
Poskode
8899
Skakelkodes0552
Bestuurlike sentrumOost-Vlieland
Webwerfwww.vlieland.nl

Die munisipaliteit Vlieland tel sowat 1 200 inwoners (2022). Met 31 inw/km² land is Vlieland na Schiermonnikoog die ylbevolkste munisipaliteit van Nederland.

Die eiland se hoogste punt is 45 m hoog.

Geskiedenis

wysig

Deur die stormvloed van 1287 word Vlieland van Friesland se vasteland geskei. Dit het deel uitgemaak van die proses waardeur die Waddesee gevorm is. Die noordelike deel van Texel, Eierland, was ooit 'n deel van Vlieland nie. Deur die ontstaan van die Eierlandse Gat is Eierland van Vlieland geskei. Deur verdere veranderinge in seestrome het Vlieland aan die weskus steeds verder geërodeer.

Naas Oost-Vlieland was daar nog 'n tweede dorp: West-Vlieland (Westeynde). Die laaste huise word in 1736 uit hierdie dorp ontruim na tientalle jare van vloede en pogings tot wederopbou.

Tot 1942 het Vlieland aan die provinsie Noord-Holland behoort, soos Terschelling. Die Duitsers het dit verander en het die eiland by Friesland ingedeel. Na die oorlog is hierdie wysiging aan die provinsiale grens nie ongedaan gemaak nie.

Vlieland is nou 'n Fries wadde eiland, maar daar word nie Wes-Fries gepraat nie. Die oorspronklike dialek van Vlieland, Vlielands, het veral aansluiting gevind by die dialekte van Noord-Holland. Die laaste spreekster, mevrou Petronella de Boer-Zeylemaker, het in 1993 gesterf toe sy 107 jaar oud was.

Plekke

wysig

Die enigste dorp op die eiland is Oost-Vlieland, wat 1 130 inwoners het (2021). 'n Tweede dorp, met die naam West-Vlieland het in 1736 in die see verdwyn.

Bekende Vlielanders

wysig
  • Willem de Vlamingh (1640-1698), ontdekkingsreisiger wat in opdrag van die VOC die weskus van Australië gekarteer het, is in Oost-Vlieland gebore.

Naburige munisipaliteite

wysig
Terschelling
 
Texel (NH) Harlingen

Eksterne skakels

wysig