Flevoland is een van die 12 provinsies van Nederland en is in die sentrum geleë. Die provinsie het 'n bevolking van sowat 445 000 in 2023 gehad en beslaan 'n totale oppervlakte van 2 412 km² met 'n bevolkingsdigtheid van 315 inwoners per km² land. Die hoofstad is Lelystad (vernoem na die vader van die Flevoland-projek, Cornelis Lely) en die grootste stad is Almere. Flevoland is op 1 Januarie 1986 amptelik as provinsie erken en lê omtrent 5 meter onder seevlak. Die Flevopolder is die grootste kunsmatige eiland in die wêreld.

Flevoland
Provinsie
Vlag van Flevoland
Vlag
Wapen van Flevoland
Wapen
Ligging van die provinsie Flevoland in Nederland
Ligging van die provinsie Flevoland in Nederland
Kaart van die provinsie Flevoland
Kaart van die provinsie Flevoland
Koördinate: 52°32′N 5°40′O / 52.533°N 5.667°O / 52.533; 5.667
LandVlag van Nederland Nederland
HoofstadLelystad
Grootste stadAlmere
Regering
 • KommissarisArjen Gerritsen (VVD)
Oppervlak
 • Totaal2 412 km2 (931 vk. myl)
 • Land1 410 km2 (540 vk. myl)
 • Water1 002 km2 (387 vk. myl)
Bevolking
 • Totaal444 701
 • Digtheid315/km2 (820/vk. myl)
 1 Januarie 2023
TydsoneUTC+01:00 (MET)
 • SomertydUTC+02:00 (MEST)
Webwerfwww.flevoland.nl

Munisipaliteite

wysig

Flevoland bestaan uit 6 munisipaliteite:

Kaart
 
Nrs. Munisipaliteite Inwoners
(2023)
Opmerkinge
1. Almere 223 000 Flevopolder
2 Dronten 44 000 Flevopolder
3 Lelystad 83 000 Flevopolder
4 Noordoostpolder 50 000 Noordoostpolder
5 Urk 22 000 voormalige eiland
6 Zeewolde 24 000 Flevopolder

Verwsyings

wysig

Eksterne skakels

wysig
 
Urk se hawe