1986
jaar
1986 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1981 | 1982 | 1983 | 1984 | 1985 | ◄ 1986 ► | 1987 | 1988 | 1989 | 1990 | 1991 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1986 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Olof Palme | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1986 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 86ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
wysig- 1 Januarie – Spanje en Portugal betree die Europese gemeenskap, Portugal verlaat die Europese Vryhandelsvereniging.
- 1 Januarie – Aruba verlaat die Nederlandse Antille en word 'n separate deel van die Koninkryk der Nederlande.
- 28 Januarie – Die NASA-ruimtependeltuig Challenger ontplof 73 sekondes na lansering vanaf Kaap Canaveral. Al sewe bemanningslede sterf.
- 16 Februarie – Dr. Mario de Soares word verkies as die nuwe president van Portugal.
- 17 Februarie – Die eerste spitsberaad van Franssprekende lande begin in Parys.
- 20 Februarie – Tutor Nyangilizwe Ndamase word as die derde president van Transkei ingehuldig.
- 28 Februarie – Die eerste minister van Swede, Olof Palme, word deur 'n sluipmoordenaar in Stockholm doodgeskiet.
- 24 Maart – Die Hungaroring huisves sy eerste Formule Een Grand Prixwedren.
- 3 April – IBM lewer die eerste notaboekrekenaar, die PC Convertible.
- 26 April – 'n Ongeluk by die Tsjernobil-kernkragstasie in die Oekraïne veroorsaak die ergste kernkragramp tot nog toe. 31 mense sterf as 'n direkte gevolg van die ongeluk en duisende meer word blootgestel aan hoë vlakke van radioaktiwiteit.
- 27 April – John R. MacDougall stuur 'n boodskap op die Home Box Office-kanaal met 'n sterk sein na die Galaxy 1 satelliet.
- 30 April – Dianna Agron, Amerikaanse sanger en aktrise.
- 23 Mei – Argentinië verbreek sy diplomatieke betrekkinge met die Republiek van Suid-Afrika.
- 31 Mei-29 Julie – Die 13de FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi word in Meksiko gespeel, wat deur Argentinië gewen word.
- 27 Junie – Die Internasionale regshof vel teen die VSA in Nicaragua vs. Verenigde State van Amerika.
- 8 Julie – Suid-Afrika se Swart Federasie van Kamers van Koophandel (Nafcoc) besluit om die internasionale veldtog teen beleggings in die land te steun.
- 16 Julie – Die Suid-Afrikaanse straalvegter, die Cheetah, word bekend gestel.
- 21 Julie – Die tweede vredesontmoeting tussen Staatspresident PW Botha en aartsbiskop Desmond Tutu vind in Pretoria plaas.
- 24 Julie – Die Statebondspele begin in die Skotse hoofstad Edinburg. Weens die weiering van die Verenigde Koninkryk se Eerste Minister Margaret Thatcher om sanksies teen Suid-Afrika in te stel, boikot 32 van die 58 Statebondlede die spele.
- 29 Julie – Suid-Afrika is die hoofbesprekingspunt by die Organisasie van Afrika-eenheid-beraad, wat in Addis Abeba, Ethiopië begin.
- 29 Julie – Nadat President Samora Machel sedert die onafhanklikwording van Mosambiek in 1975 as President sowel as Eerste minister gefungeer het, word Mario da Graca Machungo as die land se Eerste premier ingehuldig.
- 2 Augustus – Vier mense sterf ná 'n bomontploffing in 'n slaghuis in Walvisbaai.
- 17 Augustus – Twee landmynontploffings in die Nelspruit-omgewing eis ses menselewens.
- 21 Augustus – Giftige gas ontsnap van die vulkaniese Nyosmeer in Kameroen en meer as 1 700 mense sterf.
- 1 September – Liechtenstein betree die Europese Vryhandelsvereniging.
- 7 September – Die Anglikaanse aartsbiskop, Desmond Tutu, word in Kaapstad ingehuldig.
- 8 September – Die ANC se kantore in Stockholm word deur 'n bomontploffing beskadig.
- 16 September – 177 mynwerkers sterf en sowat 200 word beseer toe 'n brand in die Kinrossmyn, sowat 110 kilometer oos van Johannesburg, uitbreek.
- 30 September – Die Amerikaanse president Ronald Reagan benoem die eerste Swart ambassadeur van die VSA in Suid-Afrika, E.J. Perkins.
- 6 Oktober – Vier persone sterf in 'n ontploffing en gepaardgaande vuur op die Yankee-klas duikboot, K129.
- 19 Oktober – Die Mosambiekse presidensiële vliegtuig stort neer.
- 20 Oktober – Die Israelse Shamir II-kabinet onder leiding van eerste minister Yitzhak Shamir word geïnstalleer.
- 21 Oktober – Die Marshalleilande word van die Verenigde State van Amerika onafhanklik.
- 3 November – Die Gefedereerde State van Mikronesië word van die Verenigde State van Amerika onafhanklik.
- 11 November – Onthulling van die Delvillebos-museum in Frankryk.
Geboortes
wysig- 3 Januarie – Rasta Rasivhenge, Suid-Afrikaanse internasionale rugbyskeidsregter.
- 6 Januarie – Deepika Padukone, Indiese aktrise en model.
- 8 Januarie – Peng Shuai, Chinese professionele tennisspeler.
- 17 Januarie – Max Adler, Amerikaanse akteur en vervaardiger.
- 21 Januarie – Sushant Singh Rajput, Indiese akteur en model († 2020).
- 11 Februarie – Gabriel Boric, Chileense sentrum-linkse politikus en verkose president.
- 25 Februarie – Jameela Jamil, Engelse aktrise.
- 14 Maart – Jamie Bell, Engelse akteur.
- 24 Maart – Nathalia Dill, Brasiliaanse aktrise.
- 27 Maart – Manuel Neuer, Duitse sokkerspeler (doelwagter).
- 30 Maart – James Cagney, Amerikaanse akteur (* 1899).
- 9 April – Leighton Meester, Amerikaanse aktrise.
- 16 April – Paul di Resta, Skotse Formule Eenrenjaer.
- 17 April – Romain Grosjean, Franse Formule Eenrenjaer.
- 22 April – Amber Heard, Amerikaanse aktrise en vervaardiger.
- 24 April – Jacques Potgieter, Suid-Afrikaanse rugbyspeler.
- 5 Mei – Bokang Montjane, Suid-Afrikaanse model en Mej Suid-Afrika 2010.
- 14 Mei – Simon Magakwe, Suid-Afrikaanse naelloper.
- 16 Mei – Megan Fox, Amerikaanse aktrise en vervaardiger.
- 18 Mei – Kevin Anderson, Suid-Afrikaanse tennisspeler.
- 3 Junie – Rafael Nadal, Spaanse professionele tennisspeler.
- 13 Junie – Mary-Kate Olsen, Amerikaanse aktrise en vervaardiger.
- 13 Junie – Thabo Bester, veroordeelde misdadiger bekend as die “Facebook-verkragter” en ontsnapper uit die Mangaung-gevangenis.
- 15 Junie – Dann-Jacques Mouton, Afrikaanse sepie-akteur.
- 20 Junie – Robbie Klay, Afrikaanse sanger.
- 1 Julie – Agnes Monica, Indonesiese sangeres en kunstenaar.
- 12 Julie – JP Pietersen, Springbokrugbyspeler.
- 23 Augustus – Jeroen Dera, Nederlandse letterkundige en literatuurkritikus.
- 12 September – Emmy Rossum, Amerikaanse akteur.
- 7 Oktober – Bree Olson, Amerikaanse aktrise en pornoster.
- 12 Oktober – Li Wenliang, Chinese oogarts en een van die eerste mense wat 'n waarskuwing uitgereik het oor die uitbreek van die Koronaviruspandemie van 2019-2020 († 2020).
- 14 Oktober – Albert de Wet, Afrikaanse sanger.
- 11 November – Abigail Keats, Suid-Afrikaanse modeontwerper.
- 22 November – Oscar Pistorius, Suid-Afrikaanse paralimpiese atleet.
Sterftes
wysig- 23 Januarie – Joseph Beuys, Duitse beeldhouer en kunstenaar (* 1921).
- 27 Januarie – Lilli Palmer, Duitse aktrise (* 1914).
- 28 Januarie – Gregory Jarvis (* 1944)
- 28 Januarie – Christa McAuliffe (* 1948)
- 28 Januarie – Ronald McNair (* 1950)
- 28 Januarie – Ellison Onizuka (* 1946)
- 28 Januarie – Judith Resnik (* 1949)
- 28 Januarie – Dick Scobee (* 1939)
- 28 Januarie – Michael J. Smith (* 1945)
- 30 Januarie – Olof Palme, Sweedse premier (* 1927).
- 11 Februarie – Frank Herbert, Amerikaanse wetenskapfiksieskrywer (* 1920).
- 16 Februarie – Howard Da Silva, Amerikaanse akteur en regisseur (* 1909).
- 30 Maart – John Ciardi, Amerikaanse digter, vertaler en etimoloog (* 1916).
- 2 April – Ben Schoeman, 'n Suid-Afrikaanse minister (* 1905).
- 14 April – Simone de Beauvoir, Franse feministiese skryfster (* 1908).
- 17 April – Marcel Dassault, stigter van die voorloper van die Franse vliegtuigvervaardiger Dassault Aviation (* 1892).
- 23 April – Otto Preminger, Oostenryksgebore, Amerikaanse regisseur (* 1905).
- 26 April – Broderick Crawford, Amerikaanse akteur (* 1911).
- 9 Mei – Sherpa Tenzing Norgay (* 1914).
- 14 Junie – Jorge Luis Borges, Argentynse kortverhaalskrywer, essayis, digter, vertaler en bibliotekaris (* 1899).
- 23 Junie – M.I. Finley, Amerikaansgebore Britse akademikus, navorser. klassikus en skrywer (* 1912).
- 14 Julie – Raymond Loewy, Frans-Amerikaanse nywerheidsontwerper (* 1893).
- 19 Oktober – Samora Machel, die President van Mosambiek en die leier van FRELIMO (* 1933).
- 6 November – Lili Kraus, Hongaarsgebore pianis (* 1903).
- 8 November – Wjatsjeslaf Molotof, Sowjet-politikus en diplomaat (* 1890).
- 10 November – Leona Woods, Amerikaanse fisikus wat gehelp het met die bou van die eerste kernreaktor en die eerste kernwapen (* 1919).
- 29 November – Cary Grant, Britse akteur (* 1904).
- 1 Desember – Florence Ribeiro, en haar eggenoot, Fabian Ribeiro, sterf in sluipmoordaanval gedurende die apartheidsjare (* 1933).
- 29 Desember – Andrei Tarkofski, Sowjet-Russiese rolprentregisseur, filmteoretikus, toneel- en operaregisseur (* 1932).
- 29 Desember – Harold Macmillan, Britse Eerste Minister (* 1894).
- 31 Desember – Bartho Smit, Afrikaanse skrywer en dramaturg (* 1924).
- onbekend – Helga Molander, Duitse aktrise (* 1896).