Nelspruit (amptelik Mbombela) is die hoofstad en die grootste stad van Mpumalanga, Suid-Afrika. Die stad is die sentrum van 'n landbougebied wat onder meer op subtropiese en sitrusvrugte steun. Nelspruit-sentraal het sowat 630 inwoners,[2] terwyl die voorstede en die Swart woonbuurte Kanyamazane, Msogwaba, Mpakeni en Matsulu 'n gesamentlike inwonertal van meer as 200 000 het. Nelspruit is aan die Krokodilrivier, sowat 110 km wes van Mosambiek, 330 km oos van Johannesburg en 82 km noord van Swaziland geleë.

Nelspruit
Mbombela
'n Uitsig oor Nelspruit se middestad
'n Uitsig oor Nelspruit se middestad
Bynaam: eNaspoti, Citrus City, Gateway to the Lowveld
Slagspreuk: City of Excellence
Ligging van Nelspruit op 'n kaart (Mpumalanga)
Nelspruit
Nelspruit
 Nelspruit se ligging in Mpumalanga
Koördinate: 25°27′57″S 30°59′07″O / 25.46583°S 30.98528°O / -25.46583; 30.98528Koördinate: 25°27′57″S 30°59′07″O / 25.46583°S 30.98528°O / -25.46583; 30.98528
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Mpumalanga
Distrik Ehlanzeni
Munisipaliteit Mbombela
Stigting 1905
Oppervlak[1]
 - Stad 72,63 km²  (28 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Stad 58 672
 - Digtheid 808/km² (2 092,7/myl2)
Rasverdeling (2011)[1]
 • Blank 49,3%
 • Indiër/Asiër 4,9%
 • Kleurling 4,1%
 • Swart 41,1%
 • Ander 0,6%
Taal (2011)[1]
 • Afrikaans 40,7%
 • Engels 22,4%
 • Swazi 20,2%
 • Tsonga 4,7%
 • Ander 12,1%
Poskode (strate) 1200
Poskode (posbusse) 1200
Skakelkode(s) 013
Webwerf: mbombela.gov.za
'n Uitsig oor Nelspruit
'n Uitsig oor Nelspruit
Die N4 loop deur Nelspruit

Nelspruit is 'n pragtige stad, omring deur heuwels, en sy strate word deur flambojantbome gesoom. Benewens die hitte staan Nelspruit bekend vir sy dodekaeder, 'n twaalfkantige watertoring op 'n hoë koppie in die Steiltes-woonbuurt. Die "bal" van die toring was tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 soos 'n sokkerbal gedrapeer. Die botaniese tuin van Nelspruit beskik oor 'n groot versameling plante, wat die grootste deel van die Laeveld se flora verteenwoordig.

Die dorp is gestig in 1905, en is genoem na drie broers Nel wat vroeë inwoners van die dorp was. Nelspruit het vir lank in die skadu van Barberton gestaan, maar is vandag 'n lewendige, vooruitstrewende stad, heelwat groter as Barberton.

Die Sudwalagrotte is ongeveer 35 km noordwes van Nelspruit in die Mankelekele-heuwels geleë.

Inhoud

GeskiedenisWysig

Die dorp is in 1905 gestig deur die drie broers Nel wat die area rondom die dorp gebruik het as 'n plek om hul beeste te laat wei in die winter maande. Gedurende die Anglo-Boereoorlog het Nelspruit vir 'n kort tydperk as die hoofstad van die Zuid-Afrikaansche Republiek gedien. Die leierskap van die ZAR het Paul Kruger ingesluit.

Die nedersetting was 'n belangrike stop vir die oos-spoorlyn, gebou deur die Nederlands-Suid-Afrikaanse Treinspoormaatskappy in die laat 19de eeu. Die treinspoor het vanaf die nuutontdekte Witwatersrandse goudvelde tot in Delgoabaai (tans Maputo, Mosambiek) gestrek. Die ontdekking van goud in plekke soos Pelgrimsrus, Lydenburg en Barberton het verdere ontwikkeling in die area gedryf.

Die omgewing rondom Nelspruit bevat voorbeelde van San-kuns.

NaamsveranderingWysig

Die Regering van Suid-Afrika het in 2009 die stad se naam na Mbombela (ook die naam van die plaaslike munisipaliteit) verander.[3] Die Kruger-Laeveld-sakekamer-en-toerismevereniging (KLST) het 'n saak by die hooggeregshof van Suid-Afrika aanhangig gemaak as 'n gevolg van die naamsverandering. Die KLST het geargumenteer dat geen inwoner van die dorp oor die naamsverandering geraadpleeg is nie. Die Noord-Gautengse Hooggeregshof het in Mei 2014 beslis dat die verandering wettig is en die naam het verander.[4] Die nuwe naam bly egter 'n kontroversiële saak nadat 23 000 inwoners (39% van die bevolking) 'n petisie onderteken het om die ou naam te behou.[5]

Onderwys en navorsingsinstansiesWysig

Die Universiteit van Mpumalanga is in Nelspruit geleë. Die universiteit is in 2014 gestig met 'n groep van 140 studente wat verskeie B.-grade en diplomas bied.

Die Landbounavorsingsraad (LNR) het 'n navorsingstasie in Nelspruit wat bekend staan as die Instituut vir Tropiese en Subtropiese Gewasse (ITSG). Sitrusnavorsing Internasionaal (CRI) het 'n groot fasiliteit in die stad. Navorsing word hier gedoen ten voordeel van die groot sitrusbedryf in die Laeveld. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Botaniese Instituut (SANBI) het 'n botaniese tuin in die stad wat oop is vir die publiek en as 'n navorsingsstasie gebruik word.

Die dorp huisves drie bekende openbare hoërskole naamlik Hoërskool Nelspruit, Hoërskool Bergvlam en Lowveld High School. Nelspruit het ook vier laerskole naamlik Laerskool Bergland, Laerskool Laeveld, Laerskool Nelspruit en Nelspruit Primary. Daar is ook 'n wye verskeidenheid privaatskole binne en buite die stad wat Curro, Penryn en Uplands insluit.

Die Tshwane-Universiteit vir Tegnologie (TUT) het 'n satellietkampus in Nelspruit met 1 500 ingeskrewe studente. UNISA het ook kantore in Nelspruit.

Bekende persone geboreWysig

Sien ookWysig

VerwysingsWysig

Eksterne skakelsWysig