Maak hoofkeuseskerm oop

Mbombela-stadion is 'n nuutgeboude 43 500-sitplek stadion en was een van die tien stadions wat tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 vir wedstryde gebruik is.[2] Dit is ses kilometers wes van Nelspruit in Mpumalanga, Suid-Afrika geleë.

Mbombela-stadion
Mbombela Stadium.jpg
Die Mbombela-stadion

Ligging Nelspruit, Suid-Afrika
Koördinate 25°27′40″S 30°55′44″O / 25.461°S 30.929°O / -25.461; 30.929Koördinate: 25°27′40″S 30°55′44″O / 25.461°S 30.929°O / -25.461; 30.929
Eienaar Mbombela-munisipaliteit
Kapasiteit 43 589[1]
Oppervlak Gras
Konstruksie
Eerste sooi gespit Februarie 2007
Geopen Oktober 2009
Boukoste R1.05 miljard
(USD$ 140 miljoen)
Argitek R&L Argitekte
Huurders
'n Sokkerwedstryd tussen Italië en Nieu-Seeland, 2010 FIFA Wêreldbeker.

Die stadion is na die stad vernoem, wie se amptelike naam deur die Suid-Afrikaanse regering in Oktober 2009 in Mbombela verander is.[3] Maar FIFA se 2010 Wêreldbeker-sokkertoernooi-webwerf het na die stad as Nelspruit verwys.

Die stadion is die middelpunt van 'n voorgestelde wyer sportsgebied met atletiek en krieket sowel as ander sportsoorte.

Die R1 050 miljoen se sportfasiliteite was gereed vir gebruik voor begin van die Wêreldbeker-sokkertoernooi in Junie 2010. Die stadion is moontlik gemaak deur befondsing van belastingbetalers.

Die Springbokke het op 21 Junie 2014 'n rugbytoetswedstryd hier teen Wallis gespeel, wat hulle naelskraap met 31 - 30 gewen het.

WedstrydeWysig

FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010Wysig

Hoofartikel: FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010.
Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
16 Junie 2010 13:30   Honduras 0–1   Chili Groep H 32 664
20 Junie 2010 16:00   Italië 1–1   Nieu-Seeland Groep F 38 229
23 Junie 2010 20:30   Australië 2–1   Serwië Groep D 37 836
25 Junie 2010 16:00   Noord-Korea 0–3   Ivoorkus Groep G 34 763

Afrikanasiesbeker 2013Wysig

Hoofartikel: Afrikanasiesbeker 2013.
Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
21 Januarie 2013 17:00   Zambië 1–1   Ethiopië Groep C 15 500
21 Januarie 2013 20:00   Nigerië 1–1   Burkina Faso Groep C 13 500
25 Januarie 2013 17:00   Zambië 1–1   Nigerië Groep C 25 000
25 Januarie 2013 20:00   Burkina Faso 4–0   Ethiopië Groep C 35 000
29 Januarie 2013 19:00   Zambië 0–0   Burkina Faso Groep C 8 000
30 Januarie 2013 18:30   Togo 1–1   Tunisië Groep D 7 500
3 Februarie 2013 18:30   Burkina Faso 1–0 (e.t.)   Togo Kwarteindronde 27 000
6 Februarie 2013 18:30   Burkina Faso 1–1 (3–2 n.S.)   Ghana Halfeindronde 30 000

Sien ookWysig

VerwysingsWysig

  1. (en) "Mbombela-stadion: die stadions vir die 2010 FIFA Wêreldbekertoernooi in Suid-Afrika". FIFA.com. Besoek op 18 Mei 2010.
  2. (en) "FIFA.com – A guide to all the stadiums to be used at the 2010 FIFA World Cup South Africa". FIFA.com. Besoek op 2 Desember 2011.
  3. (en) "BusinessDay – Mashatile postpones name changes after 'technicality'". BusinessDay. Besoek op 11 Junie 2010.

Eksterne skakelsWysig