Hierdie artikel gaan oor die Curriebeker- en Vodacombekerspan. Vir die Superrugbyspan, sien Bulls (Superrugbyspan).

Die Vodacom Blou Bulle is die naam van die Curriebekerspan wat gekies word uit die rugbyklubs in Pretoria en die Limpopo-provinsie. Die span se tuisveld is Loftus Versfeld in Pretoria.

Blou Bulle
Bynaam(e) Blou Bulle
Embleem Madeliefie
Stigting 1938 (as Noord-Transvaal)
Unie Blou Bulle Maatskappy
Ligging Pretoria
Streek Pretoria, Limpopo
Stadion Loftus Versfeld
Kaptein(s) Ruan Steenkamp
Liga(s) Curriebeker
Rugby-uitdaagreeks
Spankleure


Amptelike webwerf
www.bluebulls.co.za

Geskiedenis

wysig

Noord-Transvaal het op 25 Maart 1938 'n selfstandige rugbyunie geword toe die Suid-Afrikaanse Rugbyraad dit goedgekeur het dat die Pretoria-subunie, gestig in 1908, van sy moederunie, Transvaal, mag afstig.[1]

Die spel rugby het egter al in die vorige eeu in Pretoria begin, en reeds sedert die stigting van die Transvaalse Rugbyvoetbalunie in 1889, het die Pretoria-rugbyklub in die liga gespeel en is baie spelers vir die Transvaalse provinsiale span gekies. In latere jare was daar 'n Gekombineerde Pretoria-span, wat in maroen en goud streeptruie gespeel het en verskeie toerspanne, onder andere die Nieu-Seelandse All Blacks in 1928, die stryd aangesê het.

In 1938, hulle eerste jaar as 'n onafhanklike span, het hulle teen die Britse Leeus gespeel met Danie 'Dok' Craven as kaptein en 'n paar ander Springbokke soos Ferdie Bergh en Lucas Strachan ook in die span. Hulle het hierdie wedstryd naelskraap met 12-20 verloor.

In 1946 wen hulle die Curriebeker vir die eerste keer met 'n oorwinning van 11-9 oor die Westelike Provinsie.

Rekords

wysig

Wedstrydrekords

  • Hoogste telling in een wedstryd: 147 (vs. SWD Arende, 1996).[2]
  • Meeste drieë in een wedstryd: 13 (vs. Reds, 2007).
  • Meeste punte deur ’n speler in een wedstryd: 40 (Willie du Plessis vs. Limpopo Blou Bulle, 2013).[2]
  • Meeste doelskoppe deur ’n speler in een wedstryd: 15 (Willie du Plessis vs. Limpopo Blou Bulle, 2013).[2]

Seisoenrekords

  • Meeste punte: 435 (in 15 wedstryde, 2007)
  • Meeste punte deur een speler: 161 (Derick Hougaard, 2007)
  • Meeste span drieë: 47 (in 15 wedstryde, 2007)
  • Meeste drieë deur 'n speler: 9 (Bryan Habana in 2005)

Loopbaanrekords

  • Meeste verskynings: 85 (Victor Matfield, 2001–2007)
  • Meeste punte: 156 (Derick Hougaard, 2003–2007)
  • Meeste drieë: 24 (Bryan Habana, 2005–2007)

Eksterne skakels

wysig

Verwysings

wysig
  1. Noord-Transvaalrugby 50. Noord-Transvaalse Rugbyunie. 1988. pp. 433 bladsye. ISBN 978-0620115407.
  2. 2,0 2,1 2,2 Van Rensburg, Frikkie (22 April 2013). "Toyota Cheetah Bulletin 22 April 2013" (html). Besoek op 23 April 2013.[dooie skakel]