Maak hoofkeuseskerm oop

Loftus Versfeld is 'n sportstadion in Pretoria, Suid-Afrika. Die stadion het sitplek vir 51 762 mense en het ook losies en 'n verskeidenheid ander fasiliteite. Dit is vernoem na Robert Loftus Owen Versfeld, die stigter van die Pretoriaanse sportorganisasie. Dit is die tuisveld van twee rugbyklubs (Blou Bulle en Bulls) en twee sokkerklubs (Kaizer Chiefs en Mamelodi Sundowns).

Loftus Versfeld
Loftus-Stadion.JPG

Vorige name Minolta Loftus, Securicor Loftus, Oostelike Sportgronde
Ligging Pretoria, Suid-Afrika
Koördinate 25°45′11.57″S 28°13′22.75″O / 25.7532139°S 28.2229861°O / -25.7532139; 28.2229861Koördinate: 25°45′11.57″S 28°13′22.75″O / 25.7532139°S 28.2229861°O / -25.7532139; 28.2229861
Eienaar Blou Bulle Maatskappy (Edms.) Bpk
Kapasiteit 51 762 (vir sokker en rugby)
Oppervlak Gras
Konstruksie
Eerste sooi gespit 1914
Gebou 1923
Geopen 1923
Renovasie 1972, 1974, 1977, 1984, 1989, 1995, 2009
Huurders
Die Blou Bulle
Bulls (Superrugbyspan)
Kaizer Chiefs en Mamelodi Sundowns sokkerklubs

Klein verbouings is aangebring om Loftus Versfeld tydens die eerste en tweede rondtes van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 te kon gebruik.[1][2] Verligting van die veld, klanktoerusting, telborde en die stadion se dak is verbeter. Die opknappings is in Januarie 2009 voltooi.[3][4]

Die stadion se hoofingang is by Kirknessstraat 440, en is geleë in 'n driehoek tussen Arcadia, Sunnyside en Hillcrest, aangrensend tot die Universiteit van Pretoria en Afrikaanse Hoër Seunskool.

FotogaleryWysig

WedstrydeWysig

Rugbywêreldbeker 1995Wysig

Hoofartikel: Rugbywêreldbeker 1995.
Datum Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
26 Mei 1995   Frankryk 38–10   Tonga Groep D 25 000
30 Mei 1995   Skotland 41–5   Tonga Groep D 21 000
3 Junie 1995   Frankryk 22–19   Skotland Groep D 40 000
11 Junie 1995   Nieu-Seeland 48–30   Skotland Kwarteindronde 20 000
22 Junie 1995   Frankryk 19–9   Engeland Klein finale 45 000

FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009Wysig

Hoofartikel: FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009.
Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
15 Junie 2009 20:30   Verenigde State 1–3   Italië Groep B 34 341
18 Junie 2009 16:00   Verenigde State 0–3   Brasilië Groep B 39 617
21 Junie 2009 20:30   Italië 0–3   Brasilië Groep B 41 195

FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010Wysig

Hoofartikel: FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010.
Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
13 Junie 2010 16:00   Serwië 0–1   Ghana Groep D 38 833
16 Junie 2010 20:30   Suid-Afrika 0–3   Uruguay Groep A 42 658
19 Junie 2010 20:30   Kameroen 1–2   Denemarke Groep E 38 074
23 Junie 2010 16:00   Verenigde State 1–0   Algerië Groep C 35 827
25 Junie 2010 20:30   Chili 1–2   Spanje Groep H 41 958
29 Junie 2010 16:00   Paraguay 0–0 (5–3 n.S.)   Japan Agtste eindrondte 36 742

Sien ookWysig

VerwysingsWysig

  1. "Five new stadiums on track for 2010". Creamer Media's Engineering News. 20 Junie 2008. Besoek op 21 Junie 2008. 
  2. "How host cities are shaping up: Pretoria". The Times. 23 November 2007. Besoek op 21 Junie 2008. 
  3. Lebogang Seale (12 Februarie 2008). "2010 soccer stadiums under Fifa spotlight". Saturday Star. Besoek op 21 Junie 2008. 
  4. "First World Cup stadium completed". BBC. 4 Februarie 2009. Besoek op 4 Februarie 2009. 

Eksterne skakelsWysig