1974
jaar
1974 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1969 | 1970 | 1971 | 1972 | 1973 | ◄ 1974 ► | 1975 | 1976 | 1977 | 1978 | 1979 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1974 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Nona López, betonkuns 1974 | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1974 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 74ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
wysig- Ferdinand Chauvier ontwerp die Kreepy Krauly by sy huis in Springs.
- Die bouwerk aan die Cahora Bassa-dam in Mosambiek word voltooi.
- Die staatshoof van Paraguay, generaal Alfredo Stroessner, bring 'n staatsbesoek aan Suid-Afrika.
- Frans word die uitsluitende ampstaal van die Kanadese provinsie Quebec.
- Italiaanse aanklaer Mario Sossi word ontvoer deur die Rooi brigade.
- Ernő Rubik, 'n Hongaarse beeldhouer en professor in argitektuur stel die Rubikkubus bekend.
- 7 Februarie – Grenada word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 12 Februarie – Aleksandr Solzhenitsyn se staatsburgerskap word deur die Sowjetunie ontneem en hy word uit die land gewys.
- 3 Maart – Turkish Airlines-vlug 981, 'n McDonnell Douglas DC-10 stort neer buite Parys, Frankryk.
- 11 Maart – Vyf Suid-Afrikaanse polisielede word doodgeskiet in 'n lokval wes van die Victoria-waterval in Rhodesië.
- 4 April – 'n Douglas DC4-vliegtuig van Wenela Air Services stort neer by Francistown-lughawe in Botswana; 78 sterf.
- 6 April – Die Sweedse popgroep ABBA se lied, Waterloo, wen die Eurovision-kompetisie in Brighton, Engeland.
- 25 April – 'n Staatsgreep vind plaas in Portugal, die "Carnation revolution".
- 15 Mei – Walter Scheel word verkies tot vierde bondspresident van Wes-Duitsland.
- 1 Junie – Die Flixborough-ramp vind plaas by 'n chemiese aanleg naby die dorp, Flixborough in Engeland.
- 13 Junie–7 Julie – Die tiende FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi word in Wes-Duitsland gespeel, wat deur dié land gewen word.
- 30 Junie – Die Sowjet-balletdanser Mikhail Baryshnikov loop oor na die Weste tydens 'n toer deur Kanada.
- 20 Julie – Turkye val Siprus binne.
- 31 Julie – Ian Smith se Rhodesian Front wen die algemene verkiesing in Rhodesië.
- 7 September – Die Lusaka-ooreenkoms tussen FRELIMO en die nuwe Portugese regering word onderteken. Daarvolgens onderneem Portugal om onafhanklikheid aan Mosambiek toe te ken.
- 7 September – Die Lusaka-ooreenkoms veroorsaak dat Portugese burgers in opstand kom in Lourenço Marques, Mosambiek. Die middestad en hawe word oorgeneem.
- 10 September – Portugees-Guineë verkry sy onafhanklikheid as die Republiek van Guineë-Bissau.
- 20 November – 'n Lufthansa Boeing 747, Vlug 540 tussen Frankfurt en Johannesburg, stort neer in Nairobi, Kenia.
- 24 Desember – Sikloon Tracy verwoes die meeste van Darwin, Australië.
Geboortes
wysig- datum onbekend – Stompie Moeketsi, ANC-aktivis word op 14-jarige ouderdom vermoor († 1989).
- 13 Februarie – Robbie Williams, Engelse popsanger.
- 16 Februarie – Mahershala Ali, Amerikaanse akteur.
- 23 Februarie – Herschelle Gibbs, Suid-Afrikaanse krieketspeler.
- 24 Februarie – Gila Gamliel, Israelse politikus.
- 26 Februarie – Sébastien Loeb, Franse professionele tydren-, wedren- en rallycross-renjaer.
- 5 Maart – Barbara Schöneberger, Duitse aktrise, komediant en sangeres.
- 24 Maart – Alyson Hannigan, Amerikaanse toneelspeelster.
- 25 Maart – Ksenija Rappoport, Russiese aktrise.
- 8 April – Nnedi Okorafor, Nigeries-Amerikaanse fiksieskrywer.
- 9 April – Jenna Jameson, Amerikaanse aktrise en pornoster.
- 14 April – Da Brat, Amerikaanse rapmusikant.
- 16 April – Xu Jinglei, Chinese aktrise.
- 28 April – Penélope Cruz, Spaanse aktrise.
- 5 Junie – Lino DiSalvo, Amerikaanse akteur en skrywer.
- 1 Julie – Benjamin Rich, Engelse reisvlog YouTuber.
- 7 Julie – Sharon Laws, Britse professionele fietsryer († 2017).
- 13 Julie – Jarno Trulli, Formule Eenrenjaer van Italië.
- 19 Julie – Ramin Djawadi, Duits-Irannese komponis.
- 20 Julie – Simon Rex, Amerikaanse akteur en vervaardiger.
- 22 Julie – Franka Potente, Duitse aktrise en regisseuse.
- 30 Julie – Hilary Swank, Amerikaanse aktrise.
- 31 Julie – Emilia Fox, Britse aktrise.
- 7 Augustus – Michael Shannon, Amerikaanse akteur en rolprentvervaardiger.
- 20 Augustus – Maxim Vengerov, Israelse violis en dirigent.
- 23 September – Misuzulu Zulu, koning van die Zoeloenasie sedert 7 Mei 2021.
- 27 September – Lodewijk Asscher, Nederlandse politikus van die Party van die Arbeid.
- 29 September – James Lance, Engelse akteur.
- 5 November – Naval Ravikant, Amerikaanse entrepreneur en belegger.
- 8 November – Penny Heyns, Suid-Afrikaanse swemmer.
- 11 November – Leonardo DiCaprio, Amerikaanse rolprentakteur en -vervaardiger.
- 2 Desember – Rachel Marsden, Kanadese rubriekskrywer, politieke kommentator en lektrise.
- 24 Desember - Ryan Seacrest, Amerikaanse akteur.
Sterftes
wysig- 25 Januarie – Stephanus Petrus le Roux, Suid-Afrikaanse politikus en Minister van Landbou (* 1891).
- 27 Januarie – J.J.G. Grobbelaar, Suid-Afrikaanse inspekteur van onderwys en skrywer van jeuglektuur (* 1907).
- 2 Februarie – Imre Lakatos, Hongaarse wiskundige, natuurkundige en wetenskapfilosoof (* 1922).
- 21 Februarie – Lewis Martin, Amerikaanse akteur (* 1895).
- 25 Februarie – Prof. H.J.J.M. van der Merwe, Afrikaanse taalkundige (* 1913).
- 27 Maart – Leo Marquard, Suid-Afrikaner en medestigter Liberale Party (* 1897).
- 30 Maart – Willem Hendrik van den Bos, Suid-Afrikanse sterrekundige.(* 1896).
- 2 April – Georges Pompidou, President van Frankryk (* 1911).
- 24 April – Bud Abbott, Amerikaanse akteur en komediant (* 1897).
- 30 April – Agnes Moorehead, Amerikaanse aktrise (* 1900).
- 24 Mei – Duke Ellington, Amerikaanse komponis en pianis van jazzmusiek (* 1899).
- 22 Junie – Darius Milhaud, komponis.
- 28 Junie – Vannevar Bush, Amerikaanse ingenieur en wetenskapbestuurder (* 1890).
- 1 Julie – Juan Perón, 'n Argentynse militaris en president van Argentinië (* 1895).
- 21 Julie – Chris Blignaut, 'n legendariese Afrikaanse sanger (* 1897).
- 28 Junie – Frank Sutton, Amerikaanse akteur (Gomer Pyle, U.S.M.C.) (* 1923).
- 29 Julie – Cass Elliot, Amerikaanse sangeres (* 1941).
- 26 Augustus – Charles Lindbergh, 'n Amerikaanse vlieënier (* 1902).
- 29 Augustus – Blaar Coetzee, Suid-Afrikaanse politikus, koerantman en sakeman (* 1914).