Maak hoofkeuseskerm oop

FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1974

Die 10de FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Duits: Fußball-Weltmeisterschaft 1974; Engels: FIFA World Cup) is vanaf 13 Junie tot 7 Julie 1974 in Wes-Duitsland (BRD) aangebied. Dit was die eerste Sokker-Wêreldbekertoernooi wat in Wes-Duitsland aangebied is en die sesde in Europa. Ná die Olimpiese Somerspele 1972 in München was die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1974 die tweede groot sportkompetisie in Wes-Duitsland.

FIFA Sokker-Wêreldbeker
Fußball-Weltmeisterschaft 1974
Toernooi-inligting
Gasheerland Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland
Datums 13 Junie – 7 Julie
Spanne 16 (van 5 konfederasies)
Stadions (in 9 stede)
Finale uitslag
Kampioene Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland (2 titels)
Tweede plek Vlag van Nederland Nederland
Derde plek Vlag van Pole Pole
Vierde plek Vlag van Brasilië Brasilië
Toernooi-statistieke
Wedstryde gespeel 38
Doele 97 (2.55 per wedstryd)
Bywoning 1 865 762 (49 099 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Pole Grzegorz Lato (7 doele)
Beste speler Vlag van Nederland Johan Cruijff
1970
1978

16 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1974 deelgeneem. Die spanne is in vier groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die tweede rondte deurgedring het. Die boonste spanne van albei groepe het in die eindstryd ontmoet, terwyl die tweede spanne in die klein finale gespeel het. Wes-Duitsland wen die trofee nadat hulle Nederland met 2–1 in die eindstryd klop en sodoende hulle tweede wêreldbeker inpalm. Wes-Duitsland het daarmee die eerste land geword wat die nuwe FIFA Wêreldbeker-trofee verower het, nadat die Jules Rimet-trofee tydens die vorige FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1970 permanent aan die driemalige kampioen Brasilië oorhandig is. Wes-Duitsland was ook die vierde gasheer na Uruguay in 1930, Italië in 1934 en Engeland in 1966 wat die toernooi gewen het. Pole eindig in die derde en Brasilië in die vierde plek.

Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het nie aan die toernooi deelgeneem nie omrede hulle nie 'n lid van FIFA was nie. Die nasionale sokkerspanne van Australië, Haïti, Oos-Duitsland (DDR) en Zaïre (nou die Demokratiese Republiek van die Kongo) het vir die eerste keer aan 'n Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem.

Dit was die enigste verskyning van die Oos-Duitse nasionale sokkerspan by 'n Sokker-Wêreldbekertoernooi. Oos- en Wes-Duitsland was volgens loting in dieselfde groep en die Oos-Duitsers kon tydens dié toernooi as enigste span daarin slag om die gasheer en latere kampioen Wes-Duitsland te klop. Albei Duitse nasionale sokkerspanne het van die eerste groepuitdunne na die tweede deurgedring, maar die DDR is sonder oorwinnings uitgeskakel, terwyl die BRD al drie wedstryde kon wen en tot die eindstryd deurgedring het.

Inhoud

ToewysingWysig

Wes-Duitsland is op 6 Julie 1966 in Londen, net voor die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1966 in Engeland, deur FIFA gekies as die gasheer vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1974. Die enigste ander kandidaatland was Spanje, maar nadat dié land die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982 toegewys is, het Spanje voor die stemming hulself onttrek. Gelyktydig is die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1978 aan Argentinië toegewys.[1]

KwalifiseringWysig

Die gasheer Wes-Duitsland en die verdedigende kampioen Brasilië het outomaties vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1974 gekwalifiseer. Van die 14 oorblywende plekke is ag vir nasionale sokkerspanne van UEFA (Europa) gereserveer, twee vir CONMEBOL (Suid-Amerika), een elk vir CAF (Afrika) en CONCACAF (Karibiese gebied, Noord- en Sentraal-Amerika) asook een gedeelte vir AFC (Asië) en OFC (Oseanië). Een plek is tydens 'n uitspeelwedstryd tussen UEFA en CONMEBOL beslis.

Kwalifiserende spanneWysig

Die volgende 16 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer[2]

 
Uitslag van die kwalifikasie:

   Land kwalifiseer vir Wêreldbeker

   Land het nie gekwalifiseer nie

   Geen deelname

   Nie 'n geassosieerde lid van FIFA nie

Span Verskynings by eindstryde Agtereenvolgende deelnames Laaste verskyning Vorige beste prestasie
  Argentinië 6de 1 1966 Naaswenner (1930)
  Australië 1ste 1 Debuut
  Brasilië 10de 10 1970 Kampioen (1958, 1962, 1970)
  Bulgarye 4de 4 1970 Groepfase (1962, 1966, 1970)
  Chili 5de 1 1966 Derde plek (1962)
  Haïti 1ste 1 Debuut
  Italië 8ste 4 1970 Kampioen (1934, 1938)
  Joego-Slawië 6de 1 1962 Vierde plek (1930, 1962)
  Nederland 3de 1 1938 Agtste eindrondte (1934, 1938)
  Oos-Duitsland 1ste 1 Debuut
  Pole 2de 1 1938 Agtste eindrondte (1938)
  Skotland 3de 1 1958 Groepfase (1954, 1958)
  Swede 6de 2 1970 Naaswenner (1958)
  Uruguay 7de 4 1970 Kampioen (1930, 1950)
  Wes-Duitsland 8ste 6 1970 Kampioen (1954)
  Zaïre 1ste 1 Debuut

StadionsWysig

Wedstryde is in die volgende stede gespeel:

München Wes-Berlyn Hamburg
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1974 (Wes-Duitsland en Wes-Berlyn)
Olympiastadion Olympiastadion Volksparkstadion
Kapasiteit: 80 000 Kapasiteit: 86 000 Kapasiteit: 62 000
     
Dortmund Düsseldorf Gelsenkirchen
Westfalenstadion Rheinstadion Parkstadion
Kapasiteit: 54 000 Kapasiteit: 67 000 Kapasiteit: 72 000
     
Frankfurt am Main Hannover Stuttgart
Waldstadion Niedersachsenstadion Neckarstadion
Kapasiteit: 61 000 Kapasiteit: 65 000 Kapasiteit: 71 000
     

WedstrydeWysig

Die wedstryde was in twee fases opgedeel, naamlik die eerste groepuitdunne en die tweede groepuitdunne met die aansluitende eindstryd. Die loting is op 5 Januarie 1974 in die Große Sendesaal des Hessischen Rundfunks van Frankfurt am Main gehou.

Eerste rondteWysig

16 spanne het aan die eerste groepuitdunne deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep dring na die tweede rondte (die tweede groepuitdunne) deur. In die tweede groepuitdunne dring net die boonste span van albei groepe in die eindstryd deur en die tweede span van albei groepe in die klein finale vir die derde plek.

Groep 1Wysig

Land Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pnt
  Oos-Duitsland 3 2 1 0 4 1 +3 5
  Wes-Duitsland 3 2 0 1 4 1 +3 4
  Chili 3 0 2 1 1 2 –1 2
  Australië 3 0 1 2 0 5 –5 1

14 Junie 1974
16:00
  Wes-Duitsland 1–0   Chili Olympiastadion, Wes-Berlyn
Toeskouers: 83 168
Skeidsregter: Doğan Babacan (Turkye)
Breitner   18' Verslag

14 Junie 1974
19:30
  Oos-Duitsland 2–0   Australië Volksparkstadion, Hamburg
Toeskouers: 10 000
Skeidsregter: Youssou N'Diaye (Senegal)
Curran   58' (e.d.)
Streich   72'
Verslag

18 Junie 1974
16:00
  Australië 0–3   Wes-Duitsland Volksparkstadion, Hamburg
Toeskouers: 35 000
Skeidsregter: Mahmoud Mustafa Kamel (Egipte)
Verslag   12' Overath
  34' Cullmann
  53' Müller

18 Junie 1974
19:30
  Chili 1–1   Oos-Duitsland Olympiastadion, Wes-Berlyn
Toeskouers: 20 000
Skeidsregter: Aurelio Angonese (Italië)
Ahumada   69' Verslag   55' Hoffmann

22 Junie 1974
16:00
  Australië 0–0   Chili Olympiastadion, Wes-Berlyn
Toeskouers: 14 681
Skeidsregter: Jafar Namdar (Iran)
Verslag

22 Junie 1974
19:30
  Oos-Duitsland 1–0   Wes-Duitsland Volksparkstadion, Hamburg
Toeskouers: 60 350
Skeidsregter: Ramón Barreto (Uruguay)
Sparwasser   77' Verslag

Groep 2Wysig

Land Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pnt
  Joego-Slawië 3 1 2 0 10 1 +9 4
  Brasilië 3 1 2 0 3 0 +3 4
  Skotland 3 1 2 0 3 1 +2 4
  Zaïre 3 0 0 3 0 14 –14 0

13 Junie 1974
17:00
  Brasilië 0–0   Joego-Slawië Waldstadion, Frankfurt am Main
Toeskouers: 62 000
Skeidsregter: Rudolf Scheurer (Switserland)
Verslag

14 Junie 1974
19:30
  Zaïre 0–2   Skotland Westfalenstadion, Dortmund
Toeskouers: 25 000
Skeidsregter: Gerhard Schulenburg (Wes-Duitsland)
Verslag   26' Lorimer
  34' Jordan

18 Junie 1974
19:30
  Joego-Slawië 9–0   Zaïre Parkstadion, Gelsenkirchen
Toeskouers: 20 000
Skeidsregter: Omar Delgado Gómez (Colombia)
Bajević   8',   30',   81'
Džajić   14'
Šurjak   18'
Katalinski   22'
Bogićević   35'
Oblak   61'
Petković   65'
Verslag

18 Junie 1974
19:30
  Skotland 0–0   Brasilië Waldstadion, Frankfurt am Main
Toeskouers: 50 000
Skeidsregter: Arie van Gemert (Nederland)
Verslag

22 Junie 1974
16:00
  Skotland 1–1   Joego-Slawië Waldstadion, Frankfurt am Main
Toeskouers: 60 000
Skeidsregter: Alfonso González Archundia (Meksiko)
Jordan   88' Verslag   81' Karasi

22 Junie 1974
16:00
  Zaïre 0–3   Brasilië Parkstadion, Gelsenkirchen
Toeskouers: 35 000
Skeidsregter: Nicolae Rainea (Roemenië)
Verslag   12' Jairzinho
  66' Rivelino
  79' Valdomiro

Groep 3Wysig

Land Wed Wen Gel Ver DV DT +/- Pnt
  Nederland 3 2 1 0 6 1 +5 5
  Swede 3 1 2 0 3 0 +3 4
  Bulgarye 3 0 2 1 2 5 –3 2
  Uruguay 3 0 1 2 1 6 –5 1

15 Junie 1974
16:00
  Uruguay 0–2   Nederland Niedersachsenstadion, Hannover
Toeskouers: 53 700
Skeidsregter: Károly Palotai (Hongarye)
Verslag   7',   86' Rep

15 Junie 1974
16:00
  Swede 0–0   Bulgarye Rheinstadion, Düsseldorf
Toeskouers: 22 500
Skeidsregter: Edison Perez Nunez (Peru)
Verslag

19 Junie 1974
19:30
  Uruguay 1–1   Bulgarye Niedersachsenstadion, Hannover
Toeskouers: 12 000
Skeidsregter: Jack Taylor (Engeland)
Pavoni   87' Verslag   75' Bonef

19 Junie 1974
19:30
  Nederland 0–0   Swede Westfalenstadion, Dortmund
Toeskouers: 53 700
Skeidsregter: Werner Winsemann (Kanada)
Verslag

23 Junie 1974
16:00
  Nederland 4–1   Bulgarye Westfalenstadion, Dortmund
Toeskouers: 52 100
Skeidsregter: Tony Boskovic (Australië)
Neeskens   5' (straf),   44' (straf)
Rep   71'
de Jong   88'
Verslag   78' (e.d.) Krol

23 Junie 1974
16:00
  Swede 3–0   Uruguay Rheinstadion, Düsseldorf
Toeskouers: 27 100
Skeidsregter: Erich Linemayr (Oostenryk)
Edström   46',   77'
Sandberg   74'
Verslag

Groep 4Wysig

Land Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pnt
  Pole 3 3 0 0 12 3 +9 6
  Argentinië 3 1 1 1 7 5 +2 3
  Italië 3 1 1 1 5 4 +1 3
  Haïti 3 0 0 3 2 14 –12 0

15 Junie 1974
18:00
  Italië 3–1   Haïti Olympiastadion, München
Toeskouers: 51 100
Skeidsregter: Vicente Llobregat (Venezuela)
Rivera   52'
Benetti   64'
Anastasi   78'
Verslag   46' Sanon

15 Junie 1974
18:00
  Pole 3–2   Argentinië Neckarstadion, Stuttgart
Toeskouers: 31 500
Skeidsregter: Clive Thomas (Wallis)
Lato   7',   62'
Szarmach   8'
Verslag   60' Heredia
  66' Babington

19 Junie 1974
19:30
  Argentinië 1–1   Italië Neckarstadion, Stuttgart
Toeskouers: 68 900
Skeidsregter: Pavel Kazakof (Sowjetunie)
Houseman   20' Verslag   35' (e.d.) Perfumo

19 Junie 1974
19:30
  Haïti 0–7   Pole Olympiastadion, München
Toeskouers: 23 400
Skeidsregter: Govindasamy Suppiah (Singapoer)
Verslag   17',   87' Lato
  18' Deyna
  30',   34',   50' Szarmach
  31' Gorgoń

23 Junie 1974
16:00
  Argentinië 4–1   Haïti Olympiastadion, München
Toeskouers: 24 000
Skeidsregter: Pablo Sánchez Ibáñez (Spanje)
Yazalde   15',   68'
Houseman   18'
Ayala   55'
Verslag   63' Sanon

23 Junie 1974
16:00
  Pole 2–1   Italië Neckarstadion, Stuttgart
Toeskouers: 68 900
Skeidsregter: Hans-Joachim Weyland (Wes-Duitsland)
Szarmach   38'
Deyna   44'
Verslag   85' Capello

Tweede rondteWysig

Groep AWysig

Land Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pnt
  Nederland 3 3 0 0 8 0 +8 6
  Brasilië 3 2 0 1 3 3 ±0 4
  Oos-Duitsland 3 0 1 2 1 4 –3 1
  Argentinië 3 0 1 2 2 7 –5 1

26 Junie 1974
19:30
  Nederland 4–0   Argentinië Parkstadion, Gelsenkirchen
Toeskouers: 55 348
Skeidsregter: Bob Davidson (Skotland)
Cruijff   11',   90'
Krol   25'
Rep   73'
Verslag

26 Junie 1974
19:30
  Brasilië 1–0   Oos-Duitsland Niedersachsenstadion, Hannover
Toeskouers: 58 463
Skeidsregter: Clive Thomas (Wallis)
Rivelino   60' Verslag

30 Junie 1974
16:00
  Argentinië 1–2   Brasilië Niedersachsenstadion, Hannover
Toeskouers: 38 000
Skeidsregter: Vital Loraux (België)
Brindisi   35' Verslag   32' Rivelino
  49' Jairzinho

30 Junie 1974
16:00
  Oos-Duitsland 0–2   Nederland Parkstadion, Gelsenkirchen
Toeskouers: 67 148
Skeidsregter: Rudolf Scheurer (Switserland)
Verslag   7' Neeskens
  59' Rensenbrink

3 Julie 1974
19:30
  Argentinië 1–1   Oos-Duitsland Parkstadion, Gelsenkirchen
Toeskouers: 53 054
Skeidsregter: Jack Taylor (Engeland)
Houseman   20' Verslag   14' Streich

3 Julie 1974
19:30
  Nederland 2–0   Brasilië Westfalenstadion, Dortmund
Toeskouers: 52 500
Skeidsregter: Kurt Tschenscher (Wes-Duitsland)
Neeskens   50'
Cruijff   65'
Verslag

Groep BWysig

Land Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pnt
  Wes-Duitsland 3 3 0 0 7 2 +5 6
  Pole 3 2 0 1 3 2 +1 4
  Swede 3 1 0 2 4 6 –2 2
  Joego-Slawië 3 0 0 3 2 6 –4 0

26 Junie 1974
16:00
  Joego-Slawië 0–2   Wes-Duitsland Rheinstadion, Düsseldorf
Toeskouers: 66 085
Skeidsregter: Armando Marques (Brasilië)
Verslag   39' Breitner
  82' Müller

26 Junie 1974
19:30
  Swede 0–1   Pole Neckarstadion, Stuttgart
Toeskouers: 43 755
Skeidsregter: Ramón Barreto (Uruguay)
Verslag   43' Lato

30 Junie 1974
16:00
  Pole 2–1   Joego-Slawië Waldstadion, Frankfurt am Main
Toeskouers: 55 000
Skeidsregter: Rudi Glöckner (DDR)
Deyna   24' (straf)
Lato   62'
Verslag   43' Karasi

30 Junie 1974
19:30
  Wes-Duitsland 4–2   Swede Rheinstadion, Düsseldorf
Toeskouers: 66 500
Skeidsregter: Pavel Kazakof (Sowjetunie)
Overath   51'
Bonhof   52'
Grabowski   76'
Hoeneß   89' (straf)
Verslag   24' Edström
  53' Sandberg

3 Julie 1974
16:30
  Pole 0–1   Wes-Duitsland Waldstadion, Frankfurt am Main
Toeskouers: 62 000
Skeidsregter: Erich Linemayr (Oostenryk)
Verslag   76' Müller

3 Julie 1974
19:30
  Swede 2–1   Joego-Slawië Rheinstadion, Düsseldorf
Toeskouers: 40 000
Skeidsregter: Luis Pestarino (Argentinië)
Edström   29'
Torstensson   85'
Verslag   27' Šurjak

Klein finale (vir die derde plek)Wysig


6 Julie 1974
16:00
  Brasilië 0–1   Pole Olympiastadion, München
Toeskouers: 74 100
Skeidsregter: Aurelio Angonese (Italië)
Verslag   76' Lato

EindstrydWysig


7 Julie 1974
16:00
  Nederland 1–2   Wes-Duitsland Olympiastadion, München
Toeskouers: 75 200
Skeidsregter: Jack Taylor (Engeland)
Neeskens   2' (straf) Verslag   25' (straf) Breitner
  43' Müller
1974 Wêreldkampioen
  Wes-Duitsland

FIFA se terugwerkende ranglysWysig

In 1986 het FIFA 'n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Wêreldbekertoernooi insluitende die destydse FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986 geranglys is volgens vordering in die kompetisie, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[3][4] Die ranglys vir die 1974-toernooi is soos gevolg:

 
Deelnemende spanne volgens ranglys:

   Kampioen

   Tweede plek

   Derde plek

   Vierde plek

   Tweede groepuitdunne

   Eerste groepuitdunne

   Geen deelname

     Gasheerland Wes-Duitsland
Rang Span Groepe Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pnt
1   Wes-Duitsland 1/B 7 6 0 1 13 4 +9 12
2   Nederland 3/A 7 5 1 1 15 3 +12 11
3   Pole 4/B 7 6 0 1 16 5 +11 12
4   Brasilië 2/A 7 3 2 2 6 4 +2 8
In die tweede groepfase uitgeskakel
5   Swede 3/B 6 2 2 2 7 6 +1 6
6   Oos-Duitsland 1/A 6 2 2 2 5 5 ±0 6
7   Joego-Slawië 2/B 6 1 2 3 12 7 +5 4
8   Argentinië 4/A 6 1 2 3 9 12 −3 4
In die eerste groepfase uitgeskakel
9   Skotland 2 3 1 2 0 3 1 +2 4
10   Italië 4 3 1 1 1 5 4 +1 3
11   Chili 1 3 0 2 1 1 2 −1 2
12   Bulgarye 3 3 0 2 1 2 5 −3 2
13   Uruguay 3 3 0 1 2 1 6 −5 1
14   Australië 1 3 0 1 2 0 5 −5 1
15   Haïti 4 3 0 0 3 2 14 −12 0
16   Zaïre 2 3 0 0 3 0 14 −14 0

Sien ookWysig

VerwysingsWysig

  1. (en) "FIFA World Cup™ host announcement decision" (PDF). FIFA. Besoek op 14 Julie 2018. 
  2. :(en) "History of the FIFA World Cup™ preliminary competition (by year)" (PDF). FIFA. November 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 23 Oktober 2013. 
  3. (en) "page 45" (PDF). Besoek op 14 Julie 2018. 
  4. (en) "FIFA World Cup: Milestones, facts & figures. Statistical Kit 7" (PDF). FIFA. 26 Maart 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 21 Mei 2013. 

Verdere leesstofWysig

Eksterne skakelsWysig