FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1934

Die tweede FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Italiaans: Campionato Mondiale di Calcio – Italia ’34; Engels: FIFA World Cup) is vanaf 27 Mei tot 10 Junie 1934 in Italië aangebied. Dit was die eerste Sokker-Wêreldbekertoernooi wat in Europa en Italië aangebied is. Die Koninkryk Italië onder Benito Mussolini se fascistiese bewind het dié toernooi as ’n geleentheid misbruik om sy ideologie en propaganda vir sy beleid oor die hele wêreld uit te saai. Verder is die gasheer se regering van inmenging en korrupsie beskuldig.

FIFA Sokker-Wêreldbeker
Campionato Mondiale di Calcio – Italia ’34
Toernooi-inligting
Gasheerland Vlag van Italië Italië
Datums 27 Mei – 10 Junie
Spanne 16 (van 4 konfederasies)
Stadions (in 8 stede)
Finale uitslag
Kampioene Vlag van Italië Italië (1 titel)
Tweede plek Flag of Czechoslovakia Tsjeggo-Slowakye
Derde plek Vlag van Nazi-Duitsland Nazi-Duitsland
Vierde plek Vlag van Oostenryk Oostenryk
Toernooi-statistieke
Wedstryde gespeel 17
Doele 70 (4.12 per wedstryd)
Bywoning 358 000 (21 059 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Tsjeggo-Slowakye Oldřich Nejedlý (5 doele)[1]
Beste speler Vlag van Italië Giuseppe Meazza
1930
1938
Die Jules Rimet-trofee waarom meegeding is

16 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1934 deelgeneem. Tydens dié toernooi is geen groepfase beslis nie en dit het met die agtste eindrondte afgeskop. Een vermeende sterker span het teen een swakker span elk gespeel. Italië het die trofee gewen nadat hulle Tsjeggo-Slowakye met 2–1 in die eindstryd geklop en sodoende hul eerste wêreldbekertitel ingepalm het. Nazi-Duitsland het in die derde en Oostenryk in die vierde plek geëindig.

Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het nie aan die toernooi deelgeneem nie omdat hulle nie ’n lid van FIFA was nie. Die verdedigende kampioen en vorige gasheer Uruguay het uit protes vir die min Europese deelname tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1930 nie aan hierdie toernooi deelgeneem nie, as gevolg daarvan was dit die enigste Sokker-Wêreldbekertoernooi waaraan ’n verdedigende kampioen nie deelgeneem het nie.

Toewysing

wysig

Italië is op 14 Mei 1932 in Stockholm deur FIFA gekies as gasheer vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1934. Die enigste ander kandidaat was Swede, maar hulle het hulself voor die stemming onttrek.[2]

Kwalifisering

wysig

Dit was die eerste FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi waarvoor deelnemende spanne ’n kwalifisering beslis het. Van die 16 plekke is twaalf vir Europese nasionale sokkerspanne gereserveer, drie vir die Amerikas en een vir Asië. 36 nasies het aansoek gedoen om aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1934 deel te neem en tydens die kwalifisering is die aantal deelnemende nasies op 16 verminder. Dit was die enigste keer wat die gasheer aan die kwalifisering moes deelneem en nie regstreeks vir die toernooi gekwalifiseer het nie. Die kwalifiseringrondtes is volgens geografiese liggings gerangskik. Chili en Peru het hulleself aan die kwalifisering onttrek, waarvolgens Argentinië en Brasilië sonder enige wedstryd gekwalifiseer het. Die Britse tuislande Engeland en Skotland het FIFA se aansoek vir deelname verwerp en die toernooi as minder belangrik as hul eie kampioenskappe beskou.[3]

Kwalifiserende spanne

wysig

Die volgende 16 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:[4]

 
Uitslag van die kwalifisering:

   Geen deelname

   Land het homself onttrek of is nie deur FIFA aanvaar nie

   Land het nie gekwalifiseer nie

   Land het gekwalifiseer

Span Verskynings by eindstryde Agtereenvolgende deelnames Laaste verskyning Vorige beste prestasie
  Argentinië 2de 2 1930 Naaswenner (1930)
  België 2de 2 1930 Groepfase (1930)
  Brasilië 2de 2 1930 Groepfase (1930)
  Egipte 1ste 1 Debuut
  Frankryk 2de 2 1930 Groepfase (1930)
  Hongarye 1ste 1 Debuut
  Italië 1ste 1 Debuut
  Nazi-Duitsland 1ste 1 Debuut
  Nederland 1ste 1 Debuut
  Oostenryk 1ste 1 Debuut
  Roemenië 2de 2 1930 Groepfase (1930)
  Spanje 1ste 1 Debuut
  Swede 1ste 1 Debuut
  Switserland 1ste 1 Debuut
  Tsjeggo-Slowakye 1ste 1 Debuut
  Verenigde State 2de 2 1930 Derde plek (1930)

Stadions

wysig

Wedstryde is in die volgende stede gespeel:

Bologna Florence Genua Milaan
Stadio Littoriale Stadio Giovanni Berta Stadio Luigi Ferraris Stadio San Siro
44°29′32.3″N 11°18′36.1″O / 44.492306°N 11.310028°O / 44.492306; 11.310028 (Stadio Littoriale) 43°46′50.8″N 11°16′57.8″O / 43.780778°N 11.282722°O / 43.780778; 11.282722 (Stadio Giovanni Berta) 44°24′59.4″N 8°57′9.1″O / 44.416500°N 8.952528°O / 44.416500; 8.952528 (Stadio Luigi Ferraris) 45°28′41.1″N 9°7′26.1″O / 45.478083°N 9.123917°O / 45.478083; 9.123917 (Stadio San Siro)
Kapasiteit: 38 279 Kapasiteit: 47 290 Kapasiteit: 36 703 Kapasiteit: 55 000
       
Napels
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1934 (Italië)
Rome
Stadio Giorgio Ascarelli Stadio Nazionale PNF
40°51′35″N 14°17′36″O / 40.85972°N 14.29333°O / 40.85972; 14.29333 (Stadio Giorgio Ascarelli) 41°55′36.8″N 12°28′20.2″O / 41.926889°N 12.472278°O / 41.926889; 12.472278 (Stadio Nazionale PNF)
Kapasiteit: 40 000 Kapasiteit: 47 300
   
Triëst Turyn
Stadio Littorio Stadio Benito Mussolini
45°37′25.7″N 13°47′39.3″O / 45.623806°N 13.794250°O / 45.623806; 13.794250 (Stadio Littorio) 45°2′30.4″N 7°39′0.1″O / 45.041778°N 7.650028°O / 45.041778; 7.650028 (Stadio Benito Mussolini)
Kapasiteit: 8 000 Kapasiteit: 28 140
   

Formaat

wysig

Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1934 is oor 15 dae tussen 16 verskillende nasies oor 17 wedstryde uitgespeel. Dit het op 27 Mei 1934 op die Stadio Luigi Ferraris in Genua met ’n wedstryd tussen Spanje en Brasilië afgeskop. Die toernooi het geëindig by die Stadio Nazionale PNF in Rome op 10 Junie met die eindstryd tussen Italië en Tsjeggo-Slowakye, waartydens die gasheer die Jules Rimet-trofee ingepalm het.[5]

Kalender

wysig

Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1934 se daaglikse program aan. ’n Groen blokkie dui op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.

Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Uitklopfase
Mei/Junie
So
27
Ma
28
Di
29
Wo
30
Do
31
Vr
1
Sa
2
So
3
Ma
4
Di
5
Wo
6
Do
7
Vr
8
Sa
9
So
10
Uitklopfase 8 4 1 2 1 1
Legende

   Uitklopfase

   Derde plek

   Eindstryd

Uitklopfase

wysig

Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1934 het direk met die uitklopfase afgeskop en dit het uit 17 wedstryde bestaan: agt agtste eindstryde, vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derde-plek-wedstryd en die eindstryd. Buitendien was daar ’n herhalingswedstryd.

Vir die agste eindrondte was daar agt vaste spanne wat glo die toernooi se sterkste spanne was. Hulle was: Argentinië, Brasilië, Italië, Nazi-Duitsland, Nederland, Oostenryk, Tsjeggo-Slowakye en Hongarye. Vir elkeen van hierdie agt spanne is ’n teenstander getrek. In die daaropvolgende rondte het die wenner van wedstryd een teen die wenner van wedstryd twee te staan gekom.

Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wedstryd die volgende dag herhaal.

Wedstryde

wysig

Uitklopfase

wysig
 
Die agtste eindstryd tussen Swede en Argentinië
 
Gianpiero Combi (Italië), skeidsregter Ivan Eklind en František Plánička (Tsjeggo-Slowakye) voor die afskop van die eindstryd
 
Angelo Schiavio teken die wendoel vir Italië teen Tsjeggo-Slowakye aan

Die loting is op 1 Mei 1934 in die Ambasciatori Palace Hotel in Rome gehou.

Agtste eindrondte Kwarteindrondte Halfeindrondte Eindstryd
                           
27 Mei – Rome            
   Italië  7
31 Mei – Florence
(herhaal op 1 Junie)
   Verenigde State  1  
   Italië  1
(1)
27 Mei – Genua
     Spanje  1
(0)
 
   Spanje  3
3 Junie – Milaan
   Brasilië  1  
   Italië  1
27 Mei – Turyn
     Oostenryk  0  
   Oostenryk  3
31 Mei – Bologna
   Frankryk  2  
   Oostenryk  2
27 Mei – Napels
     Hongarye  1  
   Hongarye  4
10 Junie – Rome
   Egipte  2  
   Italië  2
27 Mei – Triëst
     Tsjeggo-Slowakye  1
   Tsjeggo-Slowakye  2
31 Mei – Turyn
   Roemenië  1  
   Tsjeggo-Slowakye  3
27 Mei – Milaan
     Switserland  2  
   Switserland  3
3 Junie – Rome
   Nederland  2  
   Tsjeggo-Slowakye  3
27 Mei – Florence
     Nazi-Duitsland  1   derde plek
   Nazi-Duitsland  5
31 Mei – Milaan 7 Junie – Napels
   België  2  
   Nazi-Duitsland  2    Nazi-Duitsland  3
27 Mei – Bologna
     Swede  1      Oostenryk  2
   Swede  3
   Argentinië  2  

Agtste eindrondte

wysig

27 Mei 1934
16:30
  Spanje 3–1   Brasilië Stadio Luigi Ferraris, Genua
Toeskouers: 21 000
Skeidsregter: Alfred Birlem (Nazi-Duitsland)
Iraragorri   18' (straf),   25'
Lángara   29'
Verslag   55' Leônidas

27 Mei 1934
16:30
  Hongarye 4–2   Egipte Stadio Giorgio Ascarelli, Napels
Toeskouers: ~12 000
Skeidsregter: Rinaldo Barlassina (Italië)
Teleki   11'
Toldi   27',   61'
Vincze   53'
Verslag   31',   39' Fawzi

27 Mei 1934
16:30
  Switserland 3–2   Nederland Stadio San Siro, Milaan
Toeskouers: ~40 000
Skeidsregter: Ivan Eklind (Swede)
Kielholz   7',   43'
Abegglen   69'
Verslag   19' Smit
  84' Vente

27 Mei 1934
16:30
  Italië 7–1   Verenigde State Stadio Nazionale PNF, Rome
Toeskouers: ~13 000
Skeidsregter: Rene Mercet (Switserland)
Schiavio   18',   29',   64'
Orsi   20',   69'
Ferrari   63'
Meazza   90'
Verslag   57' Donelli

27 Mei 1934
16:30
  Tsjeggo-Slowakye 2–1   Roemenië Stadio Littorio, Triëst
Toeskouers: ~8 000
Skeidsregter: John Langenus (België)
Puč   50'
Nejedlý   67'
Verslag   11' Dobay

27 Mei 1934
16:30
  Swede 3–2   Argentinië Stadio Littoriale, Bologna
Toeskouers: ~15 000
Skeidsregter: Eugen Braun (Oostenryk)
Jonasson   9',   67'
Kroon   79'
Verslag   4' Belis
  48' Galateo

27 Mei 1934
16:30
  Oostenryk 3–2 (e.t.)   Frankryk Stadio Benito Mussolini, Turyn
Toeskouers: ~20 000
Skeidsregter: Johannes van Moorsel (Nederland)
Sindelar   44'
Schall   93'
Bican   109'
Verslag   18' Nicolas
  116' (straf) Verriest

27 Mei 1934
16:30
  Nazi-Duitsland 5–2   België Stadio Giovanni Berta, Florence
Toeskouers: ~8 000
Skeidsregter: Francesco Mattea (Italië)
Kobierski   25'
Siffling   49'
Conen   66',   70',   87'
Verslag   29',   43' Voorhoof

Kwarteindrondte

wysig

31 Mei 1934
16:30
  Oostenryk 2–1   Hongarye Stadio Littoriale, Bologna
Toeskouers: ~25 000
Skeidsregter: Francesco Mattea (Italië)
Horvath   8'
Zischek   51'
Verslag   60' (straf) Sárosi

31 Mei 1934
16:30
  Italië 1–1 (e.t.)   Spanje Stadio Giovanni Berta, Florence
Toeskouers: ~35 000
Skeidsregter: Louis Baert (België)
Ferrari   44' Verslag   30' Regueiro

31 Mei 1934
16:30
  Nazi-Duitsland 2–1   Swede Stadio San Siro, Milaan
Toeskouers: ~15 000
Skeidsregter: Rinaldo Barlassina (Italië)
Hohmann   60',   63' Verslag   82' Dunker

31 Mei 1934
16:30
  Tsjeggo-Slowakye 3–2   Switserland Stadio Benito Mussolini, Turyn
Toeskouers: ~12 000
Skeidsregter: Alois Beranek (Oostenryk)
Svoboda   24'
Sobotka   49'
Nejedlý   82'
Verslag   18' Kielholz
  78' Jäggi
Herhaling

1 Junie 1934
16:30
  Italië 1–0   Spanje Stadio Giovanni Berta, Florence
Toeskouers: ~45 000
Skeidsregter: Rene Mercet (Switserland)
Meazza   11' Verslag

Halfeindrondte

wysig

3 Junie 1934
16:30
  Italië 1–0   Oostenryk Stadio San Siro, Milaan
Toeskouers: ~60 000
Skeidsregter: Ivan Eklind (Swede)
Guaita   19' Verslag

3 Junie 1934
16:30
  Tsjeggo-Slowakye 3–1   Nazi-Duitsland Stadio Nazionale PNF, Rome
Toeskouers: ~10 000
Skeidsregter: Rinaldo Barlassina (Italië)
Nejedlý   19',   71',   80' Verslag   62' Noack

Klein finale (om die derde plek)

wysig

7 Junie 1934
18:00
  Nazi-Duitsland 3–2   Oostenryk Stadio Giorgio Ascarelli, Napels
Toeskouers: ~8 000
Skeidsregter: Albino Carraro (Italië)
Lehner   1',   42'
Conen   27'
Verslag   28' Horvath
  54' Sesta

Eindstryd

wysig

10 Junie 1934
17:30
  Italië 2–1 (e.t.)   Tsjeggo-Slowakye Stadio Nazionale PNF, Rome
Toeskouers: ~45 000
Skeidsregter: Ivan Eklind (Swede)
Orsi   81'
Schiavio   95'
Verslag   71' Puč


Sokkerwêreldkampioen 1934
  Italië

FIFA se terugwerkende ranglys

wysig

In 1986 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Wêreldbekertoernooi insluitende die destydse FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986 geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[6][7] Die ranglys vir die 1934-toernooi is soos gevolg:

 
Deelnemende spanne volgens ranglys:

   Kampioen

   Tweede plek

   Derde plek

   Vierde plek

   Kwarteindrondte

   Agtste eindrondte

   Geen deelname

     Gasheerland Italië
Rang Span Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pte
1   Italië 4 3 1 0 11 3 +8 7
2   Tsjeggo-Slowakye 4 3 0 1 9 6 +3 6
3   Nazi-Duitsland 4 3 0 1 11 8 +3 6
4   Oostenryk 4 2 0 2 7 7 ±0 4
In die kwarteindrondte uitgeskakel
5   Spanje 2 1 1 0 4 2 +2 3
6   Hongarye 2 1 0 1 5 4 +1 2
7   Switserland 2 1 0 1 5 5 ±0 2
8   Swede 2 1 0 1 4 4 ±0 2
In die agtste eindrondte uitgeskakel
9   Argentinië 1 0 0 1 2 3 −1 0
  Frankryk 1 0 0 1 2 3 −1 0
  Nederland 1 0 0 1 2 3 −1 0
12   Roemenië 1 0 0 1 1 2 −1 0
13   Egipte 1 0 0 1 2 4 −2 0
14   Brasilië 1 0 0 1 1 3 −2 0
15   België 1 0 0 1 2 5 −3 0
16   Verenigde State 1 0 0 1 1 7 −6 0

Meeste doele aangeteken

wysig

Meeste doele aangeteken:[1]

Rang Speler Doele
1   Oldřich Nejedlý 5
2   Edmund Conen 4
  Angelo Schiavio 4
4   Leopold Kielholz 3
  Raimundo Orsi 3
6   Abdulrahman Fawzi 2
  Giovanni Ferrari 2
  Karl Hohmann 2
  Johann Horvath 2
  Sven Jonasson 2
  José Iraragorri 2
  Ernst Lehner 2
  Giuseppe Meazza 2
  Antonín Puč 2
  Géza Toldi 2
  Bernard Voorhoof 2
17   Ernesto Belis 1
  Alberto Galateo 1
  Josef Bican 1
  Anton Schall 1
  Karl Sesta 1
  Matthias Sindelar 1
  Karl Zischek 1
Rang Speler Doele
17   Leônidas 1
  Jiří Sobotka 1
  František Svoboda 1
  Isidro Lángara 1
  Luis Regueiro 1
  Jean Nicolas 1
  Georges Verriest 1
  Stanislaus Kobierski 1
  Rudolf Noack 1
  Otto Siffling 1
  Kick Smit 1
  Leen Vente 1
  György Sárosi 1
  Pál Teleki 1
  Jenő Vincze 1
  Enrique Guaita 1
  Ștefan Dobay 1
  André Abegglen 1
  Willy Jäggi 1
  Gösta Dunker 1
  Knut Kroon 1
  Aldo Donelli 1
 
Oldřich Nejedlý

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. 1,0 1,1 (en) "Goals scored". FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Maart 2018. Besoek op 24 Maart 2018.
  2. (en) "FIFA World Cup™ host announcement decision" (PDF). FIFA. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 12 April 2019. Besoek op 14 Julie 2018.
  3. (en) Matthew Taylor (2005). The Leaguers: The Making of Professional Football in England 1900–1939. Liverpool: Liverpool University Press. p. 217. ISBN 978-1-78138-703-0.
  4. (en) "History of the FIFA World Cup™ preliminary competition (by year)" (PDF). FIFA. November 2009. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Oktober 2013. Besoek op 23 Oktober 2013.
  5. (en) "Formats of the FIFA World Cup final competitions" (PDF). FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 27 Februarie 2008.
  6. (en) "page 45" (PDF). FIFA. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 21 April 2020. Besoek op 14 Julie 2018.
  7. (en) "FIFA World Cup: Milestones, facts & figures. Statistical Kit 7" (PDF). FIFA. 26 Maart 2013. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2013. Besoek op 21 Mei 2013.

Verdere leesstof

wysig
  • (en) William Joseph Baker (1988). Sports in the Western World. Champaign: University of Illinois Press. ISBN 978-0-252-06042-7.
  • (en) Terry Crouch (2002). The World Cup: The Complete History. London: Aurum. ISBN 978-1-85410-843-2.
  • (en) Cris Freddi (2006). Complete Book of the World Cup 2006. London: HarperCollins. ISBN 0-00-722916-X.
  • (en) Brian Glanville (2005). The Story of the World Cup. London: Faber and Faber. ISBN 978-0-571-22944-4.
  • (en) David Goldblatt (2007). The Ball is Round: A Global History of Football. London: Penguin. ISBN 978-0-14-101582-8.
  • (en) Chris Hunt (2006). World Cup Stories: The history of the FIFA World Cup. Ware: Interact. ISBN 978-0-9549819-2-1.
  • (en) Clemente Angelo Lisi (2007). A history of the World Cup: 1930–2006. Lanham, Maryland: Scarecrow Press. ISBN 0-8108-5905-X. Besoek op 14 Julie 2018.
  • (en) Bill Murray; William J. Murray (1998). The World's Game: A History of Soccer. Champaign: University of Illinois Press. ISBN 978-0-252-06718-1.{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  • (en) Matthew Taylor (2005). The leaguers: the making of professional football in England, 1900–1939. Liverpool: Liverpool University Press. ISBN 978-0-85323-639-9.
  • (en) Dave Wangerin (2006). Soccer in a Football World. London: WSC Books. ISBN 978-0-9540134-7-9.
  • (en) Jonathan Wilson (2008). Inverting the Pyramid: The History of Football Tactics. London: Orion. ISBN 978-1-4091-0204-5.

Eksterne skakels

wysig


Sokker-Wêreldbekertoernooie  

Uruguay 1930Italië 1934Frankryk 19381942Brasilië 1950Switserland 1954Swede 1958Chili 1962Engeland 1966Meksiko 1970Wes-Duitsland 1974Argentinië 1978Spanje 1982Meksiko 1986Italië 1990Verenigde State 1994Frankryk 1998Suid-Korea/Japan 2002Duitsland 2006Suid-Afrika 2010Brasilië 2014Rusland 2018Katar 2022Kanada/Meksiko/Verenigde State 202620302034