FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1966
Die agtste FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Engels: World Cup 1966 – England) is vanaf 11 tot 30 Julie 1966 aangebied in Engeland, die “tuiste van sokker”. Dit was die eerste Sokker-Wêreldbekertoernooi wat in Engeland aangebied is en die vyfde in Europa. Buitendien was dit die eerste wêreldbekertoernooi in een van Engeland se gewildste sportsoorte wat in dié land aangebied is; later sou nog ’n aantal krieketwêreldbeker- en rugbywêreldbekertoernooie volg.
World Cup 1966 – England | |
---|---|
Toernooi-inligting | |
Gasheerland | Engeland |
Datums | 11 Julie – 30 Julie |
Spanne | 16 (van 5 konfederasies) |
Stadions | 8 (in 7 stede) |
Finale uitslag | |
Kampioene | Engeland (1 titel) |
Tweede plek | Wes-Duitsland |
Derde plek | Portugal |
Vierde plek | Sowjetunie |
Toernooi-statistieke | |
Wedstryde gespeel | 32 |
Doele | 89 (2.78 per wedstryd) |
Bywoning | 1 563 135 (48 848 per wedstryd) |
Meeste punte | Eusébio (9 doele)[1] |
Beste speler | Bobby Charlton |
← 1962 1970 → |
16 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1966 deelgeneem. Die spanne is in vier groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die uitklopfase deurgedring het. Engeland het die trofee gewen nadat hulle Wes-Duitsland met 4–2 in die eindstryd geklop en sodoende hul eerste wêreldbekertitel ingepalm het. Engeland het daarmee die derde gasheer ná Uruguay in 1930 en Italië in 1934 geword om die toernooi te wen. Die eindstryd word veral vir die omstrede “Wembley-doel” onthou, wat deur Engelse ondersteuners as geldig beskou word, maar nie deur Duitse s’n nie. Daarbenewens is dit die eerste wêreldbekertrofee in een van Engeland se gewildste sportsoorte wat die onderskeidelike nasionale span ingepalm het; in 2003 sou nog die rugbywêreldbekertitel volg en in 2019 die krieketwêreldbekertitel. Portugal het in die derde en die Sowjetunie in die vierde plek geëindig. Die verdedigende kampioen Brasilië is reeds in die groepfase uitgeskakel; die eerste keer wat hierdie lot ’n verdedigende kampioen toegeval het.
Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het nie aan die toernooi deelgeneem nie omdat hulle nie ’n lid van FIFA was nie. Die nasionale sokkerspanne van Noord-Korea en Portugal het vir die eerste keer aan ’n Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem.
Toewysing
wysigEngeland is op 22 Augustus 1960 in Rome deur FIFA gekies as gasheer vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1966. Ander kandidaatlande was Spanje en Wes-Duitsland, maar Spanje het voor die stemming hulself onttrek.
Die stemming het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1966[2] | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Land | Rondte 1 | |||||
Engeland | 34 | |||||
Wes-Duitsland | 27 |
Kwalifisering
wysigDie gasheer Engeland en die verdedigende kampioen Brasilië het regstreeks vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1966 gekwalifiseer. Van die 14 oorblywende plekke is nege vir nasionale sokkerspanne van UEFA (Europa) gereserveer, drie vir CONMEBOL (Suid-Amerika) en een vir CONCACAF (Karibiese gebied, Noord- en Sentraal-Amerika). Een plek is tydens ’n uitspeelwedstryd tussen AFC (Asië) en CAF (Afrika) beslis.
31 Afrikalande het die toernooi weens FIFA se beslissing van 1964, waarvolgens die wenner van die Afrikakwalifisering teen die wenner van die Asiatiese kwalifisering vir net een plek moes speel, geboikot. Hulle was van mening dat die oorwinning in die Afrikakwalifisering op sigself goed genoeg vir ’n kwalifisering vir die Sokker-Wêreldbekertoernooi sou gewees het. ’n Ander rede vir hul boikot was die toelating van Suid-Afrika teen spyte dié land se opskorting van CAF in 1958 weens Apartheid. Suid-Afrika is daarna aan die kwalifiserende groep van Asië en Oseanië toegewys voordat dit weer in Oktober 1964 weens druk van ander Afrikalande opgeskort is. Ten spyte daarvan het die Afrikaspanne, nadat FIFA geweier het om die kwalifiserende formaat te verander, in elk geval besluit om uit die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi te onttrek totdat minstens een volledige plek aan Afrika toegeken sal word, iets wat in plek gestel is vanaf die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1970.[3]
Kwalifiserende spanne
wysigDie volgende 16 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:[4]
Span | Verskynings by eindstryde | Agtereenvolgende deelnames | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie |
---|---|---|---|---|
Argentinië | 5de | 3 | 1962 | Naaswenner (1930) |
Brasilië | 8ste | 8 | 1962 | Kampioen (1958, 1962) |
Bulgarye | 2de | 2 | 1962 | Groepfase (1962) |
Chili | 4de | 2 | 1962 | Derde plek (1962) |
Engeland | 5de | 5 | 1962 | Kwarteindrondte (1954, 1962) |
Frankryk | 6de | 1 | 1958 | Derde plek (1958) |
Hongarye | 6de | 4 | 1962 | Naaswenner (1938, 1954) |
Italië | 6de | 2 | 1962 | Kampioen (1934, 1938) |
Meksiko | 6de | 5 | 1962 | Groepfase (1930, 1950, 1954, 1958, 1962) |
Noord-Korea | 1ste | 1 | – | Debuut |
Portugal | 1ste | 1 | – | Debuut |
Sowjetunie | 3de | 3 | 1962 | Kwarteindrondte (1958, 1962) |
Spanje | 4de | 2 | 1962 | Vierde plek (1950) |
Switserland | 6de | 2 | 1962 | Kwarteindrondte (1934, 1938, 1958) |
Uruguay | 5de | 2 | 1962 | Kampioen (1930, 1950) |
Wes-Duitsland | 6de | 4 | 1962 | Kampioen (1954) |
Stadions
wysigWedstryde is in die volgende stede gespeel:
Londen | Birmingham | |
Wembley-stadion | White City-stadion | Villa Park |
51°33′20″N 0°16′47″W / 51.55556°N 0.27972°W | 51°30′48.96″N 0°13′38.64″W / 51.5136000°N 0.2274000°W | 52°30′33″N 1°53′5″W / 52.50917°N 1.88472°W |
Kapasiteit: 98 600 | Kapasiteit: 76 567 | Kapasiteit: 52 000 |
Liverpool | ||
Goodison Park | ||
53°26′20″N 2°57′58″W / 53.43889°N 2.96611°W | ||
Kapasiteit: 50 151 | ||
Manchester | ||
Old Trafford | ||
53°27′47″N 2°17′29″W / 53.46306°N 2.29139°W | ||
Kapasiteit: 58 000 | ||
Sheffield | Sunderland | Middlesbrough |
Hillsborough-stadion | Roker Park | Ayresome Park |
53°24′41″N 1°30′2″W / 53.41139°N 1.50056°W | 54°54′52″N 1°23′18″W / 54.91444°N 1.38833°W | 54°33′51″N 1°14′49″W / 54.56417°N 1.24694°W |
Kapasiteit: 42 730 | Kapasiteit: 40 310 | Kapasiteit: 40 000 |
Formaat
wysigDie FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1966 is oor 20 dae tussen 16 verskillende nasies oor 32 wedstryde uitgespeel. Dit het op 11 Julie 1966 op die Wembley-stadion in Londen met ’n wedstryd tussen die gasheer Engeland en Uruguay afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 30 Julie met die eindstryd tussen Engeland en Wes-Duitsland, waartydens die gasheer die Jules Rimet-trofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1962 ingespan.[5]
Kalender
wysigDie volgende tabel dui die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1966 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.
|
|
Groepfase
wysigDie FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1966 is deur 16 nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die 16 deelnemende spanne in vier groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:
- Twee wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
- Een vir ’n gelykop;
- geen vir ’n nederlaag.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die kwarteindrondte deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.
Uitklopfase
wysigVan die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.
Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die kwarteindstrydwedstryde gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Groep 1 het teen die naaswenner van Groep 2 en die wenner van Groep 2 het teen die naaswenner van Groep 1 gespeel. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die klein finale óf die eindstryd kon ontmoet het.
Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n lot bepaal. Die eindstryd sou ná ’n gelykopuitslag die daaropvolgende dag herhaal word en eers daarna sou dit deur ’n lot beslis word.
Wedstryde
wysigKwalifiseer vir die kwarteindrondte. |
Uit die toernooi geskakel. |
Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 6 Januarie 1966 in die Royal Garden Hotel in Londen gehou.
Groepfase
wysig16 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep 1
wysigLand | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Engeland | 3 | 2 | 1 | 0 | 4 | 0 | +4 | 5 |
Uruguay | 3 | 1 | 2 | 0 | 2 | 1 | +1 | 4 |
Meksiko | 3 | 0 | 2 | 1 | 1 | 3 | –2 | 2 |
Frankryk | 3 | 0 | 1 | 2 | 2 | 5 | –3 | 1 |
11 Julie 1966 19:30 | ||||
Engeland | 0–0 | Uruguay | Wembley-stadion, Londen Toeskouers: 87 148 Skeidsregter: Istvan Zsolt (Hongarye) | |
Verslag |
13 Julie 1966 19:30 | ||||
Frankryk | 1–1 | Meksiko | Wembley-stadion, Londen Toeskouers: 69 237 Skeidsregter: Menachem Ashkenazi (Israel) | |
Hausser 62' | Verslag | 48' Borja |
15 Julie 1966 19:30 | ||||
Uruguay | 2–1 | Frankryk | Wembley-stadion, Londen Toeskouers: 45 662 Skeidsregter: Karol Galba (Tsjeggo-Slowakye) | |
Rocha 26' Cortés 31' |
Verslag | 15' (straf) De Bourgoing |
16 Julie 1966 15:00 | ||||
Engeland | 2–0 | Meksiko | Wembley-stadion, Londen Toeskouers: 92 570 Skeidsregter: Concetto Lo Bello (Italië) | |
B. Charlton 37' Hunt 75' |
Verslag |
19 Julie 1966 16:30 | ||||
Meksiko | 0–0 | Uruguay | Wembley-stadion, Londen Toeskouers: 61 112 Skeidsregter: Bertil Lööw (Swede) | |
Verslag |
20 Julie 1966 19:30 | ||||
Engeland | 2–0 | Frankryk | Wembley-stadion, Londen Toeskouers: 98 270 Skeidsregter: Arturo Yamasaki (Peru) | |
Hunt 38', 75' | Verslag |
Groep 2
wysigLand | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Wes-Duitsland | 3 | 2 | 1 | 0 | 7 | 1 | +6 | 5 |
Argentinië | 3 | 2 | 1 | 0 | 4 | 1 | +3 | 5 |
Spanje | 3 | 1 | 0 | 2 | 4 | 5 | –1 | 2 |
Switserland | 3 | 0 | 0 | 3 | 1 | 9 | –8 | 0 |
- Wes-Duitsland het bo Argentinië geëindig weens doelverhouding.
12 Julie 1966 19:30 | ||||
Wes-Duitsland | 5–0 | Switserland | Hillsborough Stadium, Sheffield Toeskouers: 36 000 Skeidsregter: Hugh Phillips (Skotland) | |
Held 16' Haller 21', 77' (straf) Beckenbauer 40', 52' |
Verslag |
13 Julie 1966 19:30 | ||||
Argentinië | 2–1 | Spanje | Villa Park, Birmingham Toeskouers: 48 000 Skeidsregter: Dimiter Rumentchef (Bulgarye) | |
Artime 65', 77' | Verslag | 67' Pirri |
15 Julie 1966 19:30 | ||||
Spanje | 2–1 | Switserland | Hillsborough Stadium, Sheffield Toeskouers: 32 000 Skeidsregter: Tofik Bakhramof (Sowjetunie) | |
Sanchís 57' Amancio 75' |
Verslag | 31' Quentin |
16 Julie 1966 15:00 | ||||
Argentinië | 0–0 | Wes-Duitsland | Villa Park, Birmingham Toeskouers: 51 000 Skeidsregter: Konstantin Zečević (Joego-Slawië) | |
Verslag |
19 Julie 1966 19:30 | ||||
Argentinië | 2–0 | Switserland | Hillsborough Stadium, Sheffield Toeskouers: 32 000 Skeidsregter: Joaquim Campos (Portugal) | |
Artime 52' Onega 79' |
Verslag |
20 Julie 1966 19:30 | ||||
Wes-Duitsland | 2–1 | Spanje | Villa Park, Birmingham Toeskouers: 51 000 Skeidsregter: Armando Marques (Brasilië) | |
Emmerich 39' Seeler 84' |
Verslag | 23' Fusté |
Groep 3
wysigLand | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Portugal | 3 | 3 | 0 | 0 | 9 | 2 | +7 | 6 |
Hongarye | 3 | 2 | 0 | 1 | 7 | 5 | +2 | 4 |
Brasilië | 3 | 1 | 0 | 2 | 4 | 6 | –2 | 2 |
Bulgarye | 3 | 0 | 0 | 3 | 1 | 8 | –7 | 0 |
12 Julie 1966 19:30 | ||||
Brasilië | 2–0 | Bulgarye | Goodison Park, Liverpool Toeskouers: 48 000 Skeidsregter: Kurt Tschenscher (Wes-Duitsland) | |
Pelé 15' Garrincha 63' |
Verslag |
13 Julie 1966 19:30 | ||||
Portugal | 3–1 | Hongarye | Old Trafford, Manchester Toeskouers: 37 000 Skeidsregter: Leo Callaghan (Wallis) | |
José Augusto 1', 67' Torres 90' |
Verslag | 60' Bene |
15 Julie 1966 19:30 | ||||
Hongarye | 3–1 | Brasilië | Goodison Park, Liverpool Toeskouers: 52 000 Skeidsregter: Ken Dagnall (Engeland) | |
Bene 2' Farkas 64' Mészöly 73' (straf) |
Verslag | 14' Tostão |
16 Julie 1966 15:00 | ||||
Portugal | 3–0 | Bulgarye | Old Trafford, Manchester Toeskouers: 26 000 Skeidsregter: José María Codesal (Uruguay) | |
Wutsof 17' (e.d.) Eusébio 38' Torres 81' |
Verslag |
19 Julie 1966 19:30 | ||||
Portugal | 3–1 | Brasilië | Goodison Park, Liverpool Toeskouers: 62 000 Skeidsregter: George McCabe (Engeland) | |
Simões 15' Eusébio 27', 85' |
Verslag | 70' Rildo |
20 Julie 1966 19:30 | ||||
Hongarye | 3–1 | Bulgarye | Old Trafford, Manchester Toeskouers: 22 000 Skeidsregter: Roberto Goicoechea (Argentinië) | |
Dawidof 43' (e.d.) Mészöly 45' Bene 54' |
Verslag | 15' Asparuhof |
Groep 4
wysigLand | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Sowjetunie | 3 | 3 | 0 | 0 | 6 | 1 | +5 | 6 |
Noord-Korea | 3 | 1 | 1 | 1 | 2 | 4 | –2 | 3 |
Italië | 3 | 1 | 0 | 2 | 2 | 2 | ±0 | 2 |
Chili | 3 | 0 | 1 | 2 | 2 | 5 | –3 | 1 |
12 Julie 1966 19:30 | ||||
Sowjetunie | 3–0 | Noord-Korea | Ayresome Park, Middlesbrough Toeskouers: 22 000 Skeidsregter: Juan Gardeazábal Garay (Spanje) | |
Malofejew 31', 88' Banisjefskij 33' |
Verslag |
13 Julie 1966 19:30 | ||||
Italië | 2–0 | Chili | Roker Park, Sunderland Toeskouers: 30 000 Skeidsregter: Gottfried Dienst (Switserland) | |
Mazzola 8' Barison 88' |
Verslag |
15 Julie 1966 19:30 | ||||
Chili | 1–1 | Noord-Korea | Ayresome Park, Middlesbrough Toeskouers: 16 000 Skeidsregter: Ali Kandil (Verenigde Arabiese Republiek) | |
Marcos 26' (straf) | Verslag | 88' Pak Seung-zin |
16 Julie 1966 15:00 | ||||
Sowjetunie | 1–0 | Italië | Roker Park, Sunderland Toeskouers: 27 800 Skeidsregter: Rudolf Kreitlein (Wes-Duitsland) | |
Tsjislenko 57' | Verslag |
19 Julie 1966 19:30 | ||||
Noord-Korea | 1–0 | Italië | Ayresome Park, Middlesbrough Toeskouers: 18 000 Skeidsregter: Pierre Schwinte (Frankryk) | |
Pak Doo-Ik 42' | Verslag |
20 Julie 1966 19:30 | ||||
Sowjetunie | 2–1 | Chili | Roker Park, Sunderland Toeskouers: 22 000 Skeidsregter: John Adair (Noord-Ierland) | |
Porkoejan 28', 85' | Verslag | 32' Marcos |
Uitklopfase
wysigKwarteindrondte | Halfeindrondte | Eindstryd | ||||||||
23 Julie – Londen | ||||||||||
Engeland | 1 | |||||||||
26 Julie – Londen | ||||||||||
Argentinië | 0 | |||||||||
Engeland | 2 | |||||||||
23 Julie – Liverpool | ||||||||||
Portugal | 1 | |||||||||
Portugal | 5 | |||||||||
30 Julie – Londen | ||||||||||
Noord-Korea | 3 | |||||||||
Engeland | 4 | |||||||||
23 Julie – Sheffield | ||||||||||
Wes-Duitsland | 2 | |||||||||
Wes-Duitsland | 4 | |||||||||
25 Julie – Liverpool | ||||||||||
Uruguay | 0 | |||||||||
Wes-Duitsland | 2 | Uitspeel om derde plek | ||||||||
23 Julie – Sunderland | ||||||||||
Sowjetunie | 1 | 28 Julie – Londen | ||||||||
Sowjetunie | 2 | |||||||||
Portugal | 2 | |||||||||
Hongarye | 1 | |||||||||
Sowjetunie | 1 | |||||||||
Kwarteindrondte
wysig23 Julie 1966 15:00 | ||||
Portugal | 5–3 | Noord-Korea | Goodison Park, Liverpool Toeskouers: 51 780 Skeidsregter: Menachem Ashkenazi (Israel) | |
Eusébio 27', 43' (straf), 56', 59' (straf) José Augusto 80' |
Verslag | 1' Pak Seung-zin 22' Li Dong-Woon 25' Yang Seung-Kook |
23 Julie 1966 15:00 | ||||
Wes-Duitsland | 4–0 | Uruguay | Hillsborough Stadium, Sheffield Toeskouers: 34 000 Skeidsregter: Jim Finney (Engeland) | |
Haller 11', 83' Beckenbauer 70' Seeler 75' |
Verslag |
23 Julie 1966 15:00 | ||||
Sowjetunie | 2–1 | Hongarye | Roker Park, Sunderland Toeskouers: 26 844 Skeidsregter: Juan Gardeazábal Garay (Spanje) | |
Tsjislenko 5' Porkoejan 46' |
Verslag | 57' Bene |
23 Julie 1966 15:00 | ||||
Engeland | 1–0 | Argentinië | Wembley-stadion, Londen Toeskouers: 90 000 Skeidsregter: Rudolf Kreitlein (Wes-Duitsland) | |
Hurst 78' | Verslag |
Halfeindrondte
wysig25 Julie 1966 19:30 | ||||
Wes-Duitsland | 2–1 | Sowjetunie | Goodison Park, Liverpool Toeskouers: 38 300 Skeidsregter: Concetto Lo Bello (Italië) | |
Haller 42' Beckenbauer 67' |
Verslag | 88' Porkoejan |
26 Julie 1966 19:30 | ||||
Engeland | 2–1 | Portugal | Wembley-stadion, Londen Toeskouers: 95 000 Skeidsregter: Pierre Schwinte (Frankryk) | |
B. Charlton 30', 80' | Verslag | 82' (straf) Eusébio |
Klein finale (om die derde plek)
wysig28 Julie 1966 19:30 | ||||
Portugal | 2–1 | Sowjetunie | Wembley-stadion, Londen Toeskouers: 88 000 Skeidsregter: Ken Dagnall (Engeland) | |
Eusébio 12' (straf) Torres 89' |
Verslag | 43' Malofejew |
Eindstryd
wysig30 Julie 1966 15:00 | ||||
Engeland | 4–2 (e.t.) | Wes-Duitsland | Wembley-stadion, Londen Toeskouers: 98 000 Skeidsregter: Gottfried Dienst (Switserland) | |
Hurst 18', 101', 120' Peters 78' |
Verslag | 12' Haller 89' Weber |
Sokkerwêreldkampioen 1966 |
---|
Engeland |
FIFA se terugwerkende ranglys
wysigIn 1986 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Wêreldbekertoernooi insluitende die destydse FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986 geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[6][7] Die ranglys vir die 1966-toernooi is soos gevolg:
Rang | Span | Groep | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
1 | Engeland | 1 | 6 | 5 | 1 | 0 | 11 | 3 | +8 | 11 |
2 | Wes-Duitsland | 2 | 6 | 4 | 1 | 1 | 15 | 6 | +9 | 9 |
3 | Portugal | 3 | 6 | 5 | 0 | 1 | 17 | 8 | +9 | 10 |
4 | Sowjetunie | 4 | 6 | 4 | 0 | 2 | 10 | 6 | +4 | 8 |
In die kwarteindrondte uitgeskakel | ||||||||||
5 | Argentinië | 2 | 4 | 2 | 1 | 1 | 4 | 2 | +2 | 5 |
6 | Hongarye | 3 | 4 | 2 | 0 | 2 | 8 | 7 | +1 | 4 |
7 | Uruguay | 1 | 4 | 1 | 2 | 1 | 2 | 5 | −3 | 4 |
8 | Noord-Korea | 4 | 4 | 1 | 1 | 2 | 5 | 9 | −4 | 3 |
In die groepfase uitgeskakel | ||||||||||
9 | Italië | 4 | 3 | 1 | 0 | 2 | 2 | 2 | ±0 | 2 |
10 | Spanje | 2 | 3 | 1 | 0 | 2 | 4 | 5 | −1 | 2 |
11 | Brasilië | 3 | 3 | 1 | 0 | 2 | 4 | 6 | −2 | 2 |
12 | Meksiko | 1 | 3 | 0 | 2 | 1 | 1 | 3 | −2 | 2 |
13 | Chili | 4 | 3 | 0 | 1 | 2 | 2 | 5 | −3 | 1 |
Frankryk | 1 | 3 | 0 | 1 | 2 | 2 | 5 | −3 | 1 | |
15 | Bulgarye | 3 | 3 | 0 | 0 | 3 | 1 | 8 | −7 | 0 |
16 | Switserland | 2 | 3 | 0 | 0 | 3 | 1 | 9 | −8 | 0 |
Meeste doele aangeteken
wysigMeeste doele aangeteken:[1]
|
|
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 (en) "Goals scored". FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 April 2018. Besoek op 29 April 2018.
- ↑ (en) "FIFA World Cup™ host announcement decision" (PDF). FIFA. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 12 April 2019. Besoek op 14 Julie 2018.
- ↑ (en) "How Africa boycotted the 1966 World Cup". BBC. 11 Julie 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Junie 2020. Besoek op 14 Julie 2018.
- ↑ (en) "History of the FIFA World Cup™ preliminary competition (by year)" (PDF). FIFA. November 2009. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Oktober 2013.
- ↑ (en) "Formats of the FIFA World Cup final competitions" (PDF). FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 27 Februarie 2008.
- ↑ (en) "page 45" (PDF). FIFA. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 21 April 2020. Besoek op 14 Julie 2018.
- ↑ (en) "FIFA World Cup: Milestones, facts & figures. Statistical Kit 7" (PDF). FIFA. 26 Maart 2013. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2013. Besoek op 21 Mei 2013.
Verdere leesstof
wysig- (en) Clemente Angelo Lisi (2007). A history of the World Cup: 1930–2006. Lanham, Maryland: Scarecrow Press. ISBN 0-8108-5905-X. Besoek op 14 Julie 2018.
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1966. |
- (en) fifa.com: England 1966: Football returns home
- (en) worldcup-history.com: England, 1966
- (en) rsssf.com: World Cup 1966