UEFA
Die Unie van Europese Voetbal-assosiasies (afgekort UEFA vir Union of European Football Associations in Engels; Frans: Union des Associations Européennes de Football; Duits: Vereinigung Europäischer Fußballverbände) is die beheerliggaam vir sokker tussen Europese sokkerspanne. UEFA is een van die ses kontinentale organisasies van FIFA.
UEFA | |
---|---|
Kenteken van UEFA
| |
Engelse naam | Union of European Football Associations |
Franse naam | Union des Associations Européennes de Football |
Duitse naam | Vereinigung Europäischer Fußballverbände |
Vasteland | Europa |
Sportsoorte | Sokker |
Gestig op | 15 Junie 1954 |
Gestig in | Basel, Switserland |
President | Aleksander Čeferin |
Adjunkpresidente | Karl-Erik Nilsson Sándor Csányi Luis Rubiales Fernando Gomes Michele Uva |
Sekretaris-generaal | Theodore Theodoridis |
Sambreelorganisasie | FIFA |
Setel | Nyon, Switserland |
Lede | 55 |
Amptelike tale | Duits, Engels en Frans |
Amptelike webwerf | uefa.com |
UEFA is op 15 Junie 1954 in Basel, Switserland, gestig. Die organisasie se hoofkwartier is tot en met 1959 in Parys gehuisves, waarna dit na Bern skuif. Sedert 1995 is die UEFA in Nyon, Switserland, gesetel. Die amptelike tale is Duits, Engels en Frans en sedert 2016 is Aleksander Čeferin die president van die UEFA.
Van al die kontinentale organisasies is UEFA die sterkste in terme van geld en invloed. Byna alle top-sokkerspelers ter wêreld speel in een of ander Europese kompetisie vanweë die hoë salarisse wat die ryk sokkerlande soos Duitsland, Engeland, Italië en Spanje betaal.
Baie van die sterker sokkerlande is ook in Europa geleë. Van die 32 spanne wat aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014 deelgeneem het, kom 13 uit Europa.
Lidlande
wysigVoorsitters
wysigUEFA se voorsitters sedert 1954:
Ondervoorsitters | ||
---|---|---|
Naam | Nasionaliteit | Termyn |
Ebbe Schwartz | Denemarke | 1954–1962 |
Gustav Wiederkehr | Tsjeggië | 1962–1972 |
Artemio Franchi | Italië | 1972–1983 |
Jacques Georges | Frankryk | 1983–1990 |
Lennart Johansson | Swede | 1990–2007 |
Michel Platini | Frankryk | 2007–2015 |
Ángel María Villar* | Spanje | 2015–2016 |
Aleksander Čeferin | Slowenië | 2016–hede |
* = neem voorlopig waar.
Die voorsitters van UEFA tree ook op as die ondervoorsitters van FIFA.
Erevoorsitter
wysigNaam | Nasionaliteit | vanaf – tot |
---|---|---|
Lennart Johansson | Swede | 2007–hede |
Hoofuitvoerendebeamptes
wysigUEFA se hoofuitvoerendebeamptes sedert 1954:
Naam | Nasionaliteit | Termyn |
---|---|---|
Henri Delaunay | Frankryk | 1955–1956 |
Pierre Delaunay | Frankryk | 1956–1960 |
Hans Bangerter | Tsjeggië | 1960–1989 |
Gerhard Aigner | Denemarke | 1989–2003 |
Lars-Christer Olsson | Swede | 2003–2007 |
Gianni Infantino* | Italië | 2007–2007 |
David Taylor | Skotland | 2007–2009 |
Gianni Infantino | Switserland | 2009–hede |
* = neem voorlopig waar.
Toernooie
wysigUEFA organiseer van die belangrikste sokkerbekertoernooie ter wêreld. Die Champions League is die grootste sporttoernooi vir klubs ter wêreld. Na die FIFA Sokker-Wêreldbeker en die Olimpiese Somerspele is die Europabeker die grootste sporttoernooi vir nasionale spanne in die wêreld.
Klubtoernooie
wysig- UEFA Champions League
- UEFA Europa League
- UEFA Bekerwenner-beker (tot 1999)
- UEFA Intertoto-beker (tot 2009)
Toernooie vir nasionale spanne
wysig- UEFA Europa-beker
- Sokker-Wêreldbeker se Europese kwalifisering
Sien ook
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie UEFA.
- (de) (en) (es) (fr) (it) (pt) (ru) UEFA se tuisblad