UEFA Europa-beker
Die UEFA Europa-beker (Engels: UEFA European Football Championship) is 'n sokkertoernooi wat al om die vier jaar deur UEFA vir nasionale sokkerspanne in Europa georganiseer word. Die toernooi word altyd tussen twee FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooie beslis, en word na die Wêreldbeker as die belangrikste internasionale sokkertoernooi ter wêreld beskou. In 1960 is die Europese kampioenskap vir die eerste keer beslis. Spanje het met vier keer die meeste EK's gewen, gevolg deur Duitsland met drie, asook Frankryk en Italië met elk twee titels. Spanje is tans die kampioen, nadat hulle tydens die Europese Sokkerkampioenskap 2024 in Duitsland hul vierde titel ingepalm het.
UEFA Europa-beker | |
Europese Sokkerkampioenskap 2028 | |
Coupe Henri Delauney, die trofee waarom meegeding word
| |
Sportsoort | Sokker |
---|---|
Gestig | 1958 |
Eienaar | UEFA |
Inwydingseisoen | 1960 |
Deelnemende lande | Europa |
Aantal spanne | 24 |
Mees onlangse kampioen | Spanje (2024) |
Tussen 1960 en 1976 neem vier lande aan die toernooi deel en sedertdien vind kwalifiserende wedstryde plaas. In 1980 word die deelnemende lande tot agt uitgebrei en in 1996 tot 16. Die laaste uitbreiding in aantal lande vind in 2016 plaas, vanaf hierdie jaar neem 24 lande aan die eindronde deel.
Die huidige formaat van die kampioenskap behels sedert 2016 24 spanne wat meeding om die titel by stadions in die gasheerland(e) oor 'n periode van ongeveer een maand. Hierdie fase word gewoonlik die Europese kampioenskap genoem. Die kwalifiserende fase vind oor 'n periode van een jaar voor die kampioenskap plaas, waartydens bepaal word welke spanne kwalifiseer. Die gasheerland(e) kry 'n outomatiese plasing. Tot in 2016 het die wenner van die mees onlangse UEFA Europa-beker vir die daaropvolgende Sokker-Konfederasiebeker gekwalifiseer.[1] Dié toernooi is in Maart 2019 egter deur FIFA geskrap.
Die mees onlangse toernooi het in 2024 in verskeie stede van Duitsland plaasgevind. Die volgende toernooi sal in 2028 in die Verenigde Koninkryk en die Republiek Ierland aangebied word.
Uitslae
wysigStatistiek
wysigPlek | Land | Titels | Jaar/Jare |
---|---|---|---|
1 | Spanje | 4 | 1964, 2008, 2012, 2024 |
2 | Duitsland | 3 | 1972, 1980, 1996 |
3 | Frankryk | 2 | 1984, 2000 |
Italië | 2 | 1968, 2020 | |
5 | Sowjetunie | 1 | 1960 |
Tsjeggië | 1 | 1976 | |
Nederland | 1 | 1988 | |
Denemarke | 1 | 1992 | |
Griekeland | 1 | 2004 | |
Portugal | 1 | 2016 |
Eerste deelnames
wysig1960 | Frankryk | Joego-Slawië | Sowjetunie | Tsjeggo-Slowakye |
---|---|---|---|---|
1964 | Denemarke | Spanje | Hongarye | |
1968 | Engeland | Italië | ||
1972 | België | Wes-Duitsland | ||
1976 | Nederland | |||
1980 | Griekeland | |||
1984 | Portugal | Roemenië | ||
1988 | Ierland | |||
1992 | ( Gemenebes van Onafhanklike State) | Swede | Skotland | |
1996 | Bulgarye | Kroasië | ( Rusland) | Switserland |
( Tsjeggië) | Turkye | |||
2000 | ( Serwië en Montenegro) | Noorweë | Slowenië | |
2004 | Letland | |||
2008 | Oostenryk | Pole | ||
2012 | Oekraïne | |||
2016 | Albanië | Noord-Ierland | ( Slowakye) | Wallis |
Ysland | ||||
2020 | Finland | ( Noord-Masedonië) | ||
2024 | Georgië | ( Serwië) |
Sien ook
wysig- Afrikanasiesbeker, soortgelyke toernooi in Afrika
Verwysings
wysig- ↑ (en) "2005/2006 season: final worldwide matchday to be 14 May 2006". FIFA. 19 Desember 2004. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Maart 2020. Besoek op 17 Maart 2020.
Bron
wysig- (de) Hardy Grüne: Fußball EM Enzyklopädie 1960–2008. Agon Sportverlag, Kassel 2004, ISBN 3-89784-241-6.
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met UEFA Europa-beker. |
- (en) [www.uefa.com/uefaeuro/ Amptelike webwerf]
- (en) Geskiedenis van die UEFA Europa-beker
- (en) "European Championship". Encyclopædia Britannica. Besoek op 14 Julie 2024.