2012
2012 |
◄ | 20ste eeu | ◄21ste eeu► | 22ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 2007 | 2008 | 2009 | 2010 | 2011 | ◄ 2012 ► | 2013 | 2014 | 2015 | 2016 | 2017 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:2012 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Neil Armstrong oorlede op 25 Augustus | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 2012 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 12de jaar van die 21ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Die Verenigde Nasies het die jaar as die jaar van samewerking verklaar om die belangrikheid van sosio-ekonomiese samewerking te beklemtoon. In besonder om klem te lê op die verligting van armoede.[1] Dit is ook as die jaar van Hernubare energie vir almal verklaar.[2]
Die vyfde en laaste siklus van die Maya se kalender het teen einde 2012 uitgeloop. Sommige mense het geglo dat dit die einde van die wêreld sou wees.
Gebeure
wysig- 15 Januarie en 5 Februarie – Presidentsverkiesing in Finland.
- Februarie – Spoegwolf 'n Afrikaanse musiekgroep van die Paarl, Suid-Afrika gestig.
- 3 Maart – Opposisie van die planeet Mars.
- 6 April – Azawad verklaar eensydige onafhanklikheid van Mali.
- 15 April – Die skip Titanic het 100 jaar gelede gesink.
- 17 Mei – Hemelvaartsdag.
- 25 Mei – Suid-Afrika kry die grootste gedeelte van die SKA radioteleskoop projek.
- 30 Mei – Die International Union of Pure and Applied Chemistry verander die name van die Chemiese elemente 114 Ununquadium (Uuq) tot Flerovium (Fl) en 116 Ununhexium (Uuh) tot Livermorium (Lv).
- 6 Junie – Tweede en laaste oorgang van Venus in die 21ste eeu. Die vorige was in 2004 en die volgende oorgang word in 2117 en 2125 verwag.
- 7 Junie – Die finale fase van die Gautrein tussen Rosebank en Johannesburg (Parkstasie) word in diens gestel.
- 9 Junie – 1 Julie – Die Europese Sokkerkampioenskap 2012 vind in Pole en Oekraïne plaas.
- 12 Junie – Riah Phiyega word aangestel as Suid-Afrika se eerste vroulike polisiekommissaris.
- 1 Julie – President- en kongresverkiesings in Meksiko.
- 4 Julie – Fisici van die Europese Organisasie vir Kernnavorsing (CERN) ontdek in twee afsonderlike eksperimente die Higgsboson, die laaste van die 12 elementêre deeltjies wat in die Standaardmodel beskryf word en die enigste een wat nog nie voorheen waargeneem is nie.
- 11 Julie – Die Hubble-ruimteteleskoop ontdek die vyfde natuurlike satelliet van die dwergplaneet Pluto, Styx.
- 19 Julie – Presidentverkiesings in Indië.
- 27 Julie – Die Olimpiese Somerspele 2012 begin in Londen, VK.
- 29 Julie – Cameron van der Burgh van Suid-Afrika wen die goue medalje op die Olimpiese Somerspele 2012 in die 100m borsslag.
- 31 Julie – Chad le Clos van Suid-Afrika wen ’n goue medalje in 200 m-vlinderslag tydens die Olimpiese Somerspele van 2012.
- 6 Augustus – Die Curiosity-verkenningstuig land op Mars.
- 12 Augustus – Afsluiting van die Olimpiese Somerspele 2012.
- 29 Augustus – Openingseremonie van die Paralimpiese Somerspele 2012.
- 9 September – Afsluiting van die Paralimpiese Somerspele 2012.
- 18 September–7 Oktober – Die 4de T20I-wêreldbeker word in Sri Lanka aangebied en deur Wes-Indië gewen.
- 14 Oktober – Gemeenteraadsverkiesings in België.
- 6 November – Barack Obama wen die presidensiële verkiesing in die Verenigde State van Amerika en by die referendum in Puerto Rico stem die meerderheid ten gunste van 'n toekomstige status as deelstaat van die Verenigde State.
- 13 November – Totale sonsverduistering in Noord-Australië.
- 21 November – Mongolië sluit by die OVSE aan.
- 26 November – Riaan Cruywagen lees ná 37 jaar sy laaste Afrikaanse nuusbulletin op SAUK-televisie.[3]
- 29 November – Die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies stem met ’n groot meerderheid vir die opname van Palestina as waarnemer.
- 14 Desember – Die Sandy Hook Elementêre Skool-skietvoorval vind plaas, waartydens sewe-en-twintig mense, insluitend die aanvaller gedood word in Sandy Hook, Connecticut.
Geboortes
wysig- 24 Januarie – Prinses Athena van Denemarke, Deense prinses.
- 23 Februarie – Prinses Estelle van Swede, Sweedse prinses.
Sterftes
wysig- 25 Januarie – Paavo Berglund, Finse dirigent en violis (* 1929).
- 27 Januarie – Reza de Wet, Afrikaanse skrywer en dramaturg (* 1952).
- 1 Februarie – Wisława Szymborska, Poolse digteres en ontvanger van die Nobelprys vir Letterkunde, 1996 (* 1923).
- 5 Februarie – Sam Coppola, Amerikaanse akteur (* 1932).
- 8 Februarie – B.P.J. Erasmus, Suid-Afrikaanse skrywer (* 1930).
- 11 Februarie – Whitney Houston, Amerikaanse sangeres (* 1963).
- 29 Februarie – Ertjies Bezuidenhout, Suid-Afrikaanse fietsryer (* 1955).
- 27 Maart – Hugo Biermann, Hoof van die Suid-Afrikaanse Vloot en Hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag (* 1916).
- 30 Maart – Zak van Niekerk, Suid-Afrikaanse sanger (* 1978).
- 1 April – Milla Louw, Suid-Afrikaanse aktrise en stem-afrigter (* 1922).
- 8 April – Jack Tramiel, Pools-Amerikaanse entrepreneur (* 1928).
- 24 April – Annake de Villiers, Suid-Afrikaanse violiste. (* 1975).
- 28 April – Matilde Camus, Spaanse digter (* 1919).
- 6 Mei – Roelof Temmingh, Suid-Afrikaanse komponis (* 1946).
- 17 Mei – Donna Summer, Amerikaanse sangeres. (* 1948).
- 5 Junie – Ray Bradbury, Amerikaanse skrywer (* 1920).
- 7 Junie – Phillip Tobias, Suid-Afrikaanse paleontoloog (* 1925).
- 8 Junie – P.H. Nortjé, Afrikaanse storieverteller en skrywer (* 1920).
- 11 Junie – Christa Steyn, Afrikaanse pianis, liedjieskrywer en sangeres (* 1958).
- 13 Junie – Dawid Kruiper, tradisionele leier van die Khomani San in die Kalahari (* 1935).
- 14 Junie – Willem Barnard, Springbokrugbyspeler (* 1923).
- 15 Junie – Mof Myburgh, Springbokrugbyspeler (* 1936).
- 17 Junie – Dolf Bekker, Springbokrugbyspeler (* 1926).
- 23 Junie – Brigitte Engerer, Franse pianis (* 1952).
- 25 Junie – Hennie Smit, Suid-Afrikaanse politikus (* 1928).
- 30 Junie – Yitzhak Shamir, Israelse politikus (eerste minister) (* 1915).
- 4 Julie – Eric Sykes, Britse akteur en komediant (* 1923).
- 4 Julie – Amie Venter, Suid-Afrikaanse politikus en kabinetsminister (* 1937).
- 11 Julie – Rutger Kopland, Nederlandse digter (* 1934).
- 15 Julie – Celeste Holm, Amerikaanse aktrise (* 1917).
- 31 Julie – Gore Vidal, Amerikaanse skrywer en essayis (* 1925).
- 31 Julie – Johan van der Merwe, Suid-Afrikaanse akteur (* 1950).
- 7 Augustus – Noreen Berry, Suid-Afrikaansgebore mezzosopraan (* 1931).
- 8 Augustus – Japie Basson, Suid-Afrikaanse joernalis en politikus (* 1918).
- 14 Augustus – Phyllis Thaxter, Amerikaanse aktrise (* 1919)
- 20 Augustus – Phyllis Diller, Amerikaans aktrise en komediant (* 1917)
- 25 Augustus – Neil Armstrong, Amerikaanse ruimtevaarder (* 1930).
- 3 September – Michael Clarke Duncan, Amerikaanse akteur (* 1957).
- 9 September – Louis van Rensburg, Afrikaanse sanger, komponis en liedjieskrywer (* 1944).
- 11 September – Goliath Davids, Suid-Afrikaanse akteur (* 1929).
- 23 September – Corrie Sanders, Suid-Afrikaanse bokser (* 1966).
- 26 September – Johnny Lewis, Amerikaanse akteur (* 1983).
- 29 September – Hebe Camargo, Brasiliaanse aktrise, TV-aanbieder en sangeres (* 1929).
- 21 Oktober – Jan Barnard, Springbok-maratonatleet (* 1929).
- 29 Oktober – Hendrik Jan Marsman, Nederlandse skrywer, digter, en vertaler (* 1937).
- 5 November – Louis Pienaar, Suid-Afrikaanse regter, diplomaat en die laaste blanke administrateur van Suidwes-Afrika (* 1926).
- 17 November – Ian Kirkpatrick, Springbokrugbyspeler en -afrigter (* 1930).
- 23 November – Larry Hagman, Amerikaanse akteur, regisseur en vervaardiger (* 1931).
- 28 November – Jakes Gerwel, Suid-Afrikaanse akademikus, politikus en sakeman (* 1946).
- 1 Desember – Arthur Chaskalson, Suid-Afrikaanse regsgeleerde (* 1931).
- 5 Desember – Oscar Niemeyer, Brasiliaanse argitek (* 1907).
- 5 Desember – Dave Brubeck, Amerikaanse jazzpianis (* 1920).
- 9 Desember – Patrick Moore, Britse sterrekundige (* 1923).
- 24 Desember – Jack Klugman, Amerikaanse akteur (* 1922).
- 29 Desember – Tony Greig, Suid-Afrikaanse gebore Engelse krieketspeler (* 1946).
Verwysings
wysig- ↑ "United Nations International Year of Cooperatives 2012" (in Engels). Social.un.org. 31 Oktober 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Maart 2020. Besoek op 13 November 2011.
- ↑ "United Nations International Year of Sustainability for All 2012" (in Engels). Un.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Junie 2019. Besoek op 13 November 2011.
- ↑ (af) SABC2 se dokumentêr "Fluit-fluit, my storie is uit" oor Riaan Cruywagen, uitgesaai nét na die nuusbulletin op 26 November 2012.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie 2012.