Europese Sokkerkampioenskap 2012

Die Europese Sokkerkampioenskap 2012 (UEFA Europa-beker; amptelik UEFA EURO 2012, Pools: Mistrzostwa Europy w Piłce Nożnej 2012, Oekraïens: Чемпіонат Європи з футболу 2012) het van 8 Junie tot 1 Julie 2012 in Pole en Oekraïne plaasgevind. Dis was die 14de aanbieding van die UEFA Europa-beker-toernooi en die eerste keer wat Pole en Oekraïne die geleentheid gekry het om as gashere op te tree, en die derde keer dat dit deur twee lande gesamentlik aangebied is.

Europese Sokkerkampioenskap 2012
UEFA Euro 2012

Logo van die Sokkerkampioenskap
Toernooi-inligting
Gasheerlande Vlag van Pole Pole
Vlag van Oekraïne Oekraïne
Datums 8 Junie – 1 Julie
Spanne 16 (van 1 konfederasie)
Stadions (in 8 stede)
Finale uitslag
Kampioene Vlag van Spanje Spanje (3 titels)
Tweede plek Vlag van Italië Italië
Toernooi-statistieke
Wedstryde gespeel 31
Doele 76 (2.45 per wedstryd)
Bywoning 1 440 896 (46 481 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Kroasië Mario Mandžukić
Vlag van Duitsland Mario Gómez
Vlag van Italië Mario Balotelli
Vlag van Portugal Cristiano Ronaldo
Vlag van Rusland Alan Dzagoef
Vlag van Spanje Fernando Torres (3 doele)
Beste speler Vlag van Spanje Andrés Iniesta
2008
2016
Die Europese Sokkerkampioenskaptrofee waarom meegeding is

16 spanne vanuit verskeie Europese lande het aan die toernooi deelgeneem. Die verdedigende kampioen Spanje het die trofee gewen nadat hulle Italië op 1 Julie in die Olimpiese Stadion in Kijif met 4–0 geklop sodoende hulle derde Europese titel ingepalm het. Omdat Spanje weens sy wêreldbekertitel by die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 reeds vir die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013 gekwalifiseer was, het die naaswenner Italië in plaas daarvan gekwalifiseer.[1] Die twee gashere Pole en Oekraïne is reeds in die groepfase uitgeskakel, soos die gashere van die Europese Sokkerkampioenskap 2008, Oostenryk en Switserland.

Toewysing

wysig
 
Lwif, Oekraïne: aftel na die begin van die UEFA Euro 2012

Vir die Europese Sokkerkampioenskap 2012 het sewe lande hulleself as kandidate beskikbaar gestel: Griekeland, Italië en Turkye het afsonderlik meegeding, Kroasië en Hongarye asook Pole en Oekraïne het elkeen gemeenskaplike aansoeke ingedien.[2]

Die stemming was in twee fases opgedeel, die eerste rondte op 8 November 2005 en die tweede rondte op 18 April 2007 in Cardiff. In die eerste rondte is die aansoeke van Griekeland en Turkye uitgeskakel en die getal kandidate tot drie verklein.[3] In die tweede rondte is eers die gemeenskaplike kandidatuur van Kroasië en Hongarye uitgeskakel en aansluitend dié van Italië. Uiteindelik is Pole en Oekraïne op 18 April 2007 in Cardiff deur die UEFA gekies as die gashere vir die Europese Sokkerkampioenskap 2012.[4]

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Europese Sokkerkampioenskap 2012
Land Rondte 1 Rondte 2
  Pole en   Oekraïne 7 8
  Italië 11 4
  Kroasië en   Hongarye 9 0
  Turkye 6
  Griekeland 2

Kwalifisering

wysig

Die twee gashere Oekraïne en Pole het regstreeks vir die Europese Sokkerkampioenskap 2012 gekwalifiseer. Tydens die kwalifisering het 51 spanne om die oorblywende 15 plekke meegeding.

Kwalifiserende spanne

wysig

Die volgende 16 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:

 
Uitslag van die kwalifisering:

   Geen deelname

   Nie ’n geassosieerde lid van UEFA nie

   Land het nie gekwalifiseer nie

   Land het gekwalifiseer

Span Verskynings by eindstryde Agtereenvolgende deelnames Laaste verskyning Vorige beste prestasie
  Denemarke 8ste 1 2004 Kampioen (1992)
  Duitsland 11de 11 2008 Kampioen (1972, 1980, 1996)
  Engeland 8ste 1 2004 Derde plek (1968)
  Frankryk 8ste 6 2008 Kampioen (1984, 2000)
  Griekeland 4de 3 2008 Kampioen (2004)
  Ierland 2de 1 1988 Groepfase (1988)
  Italië 8ste 5 2008 Kampioen (1968)
  Kroasië 4de 3 2012 Kwarteindrondte (1996, 2008)
  Nederland 9de 7 2008 Kampioen (1988)
  Pole 2de 1 2008 Groepfase (2008)
  Portugal 6de 5 2008 Naaswenner (2004)
  Rusland 10de 3 2008 Kampioen (1960)
  Swede 5de 4 2008 Halfeindrondte (1992)
  Spanje 9de 5 2008 Kampioen (2008)
  Tsjeggië 8ste 5 2008 Kampioen (1976)
  Oekraïne 1ste 1 Debuut

Stadions

wysig

Die wedstryde is in agt stede en in agt stadions gespeel:

Pole
Warskou Gdansk Wrocław Poznań
Nasionale Stadion PGE Arena Munisipale Stadion Munisipale Stadion
Koördinate: Missing latitude
Invalid arguments have been passed to the {{#coordinates:}} function
Koördinate: Missing latitude
Invalid arguments have been passed to the {{#coordinates:}} function
Koördinate: Missing latitude
Invalid arguments have been passed to the {{#coordinates:}} function
Koördinate: Missing latitude
Invalid arguments have been passed to the {{#coordinates:}} function
Kapasiteit: 56 070[5] Kapasiteit: 39 150[6] Kapasiteit: 40 000[7] Kapasiteit: 39 550[8]
       
Europese Sokkerkampioenskap 2012 (Pole)
Europese Sokkerkampioenskap 2012 (Oekraïne)
Oekraïne
Kijif Donetsk Charkif Lwif
Nasionale Olimpiese Sportkompleks Donbass Arena Metalist Stadion Arena Lwif
Koördinate: Missing latitude
Invalid arguments have been passed to the {{#coordinates:}} function
Koördinate: Missing latitude
Invalid arguments have been passed to the {{#coordinates:}} function
Koördinate: Missing latitude
Invalid arguments have been passed to the {{#coordinates:}} function
Koördinate: Missing latitude
Invalid arguments have been passed to the {{#coordinates:}} function
Kapasiteit: 64 640[9] Kapasiteit: 49 400[10] Kapasiteit: 37 750[11] Kapasiteit: 32 990[12]
       

Wedstrydbal

wysig
 
’n Reuse Adidas Tango 12 in Kijif

Die Adidas Tango 12 was die Europese Sokkerkampioenskap 2012 se amptelike wedstrydbal.[13] Dié bal is na die oorspronklike Adidas Tango-balle genoem; die Tango 12 en sy variante het egter ’n heeltemal ander ontwerp. Variante van die bal is al in ander vername toernooie soos die Afrikanasiesbeker 2012 en die Olimpiese Somerspele 2012 ingespan. Dit is ontwerp vir ’n makliker balbeheer as die volgens bewerings onvoorspelbare Adidas Jabulani van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010.[14]

Formaat

wysig

Die Europese Sokkerkampioenskap 2012 is oor 22 dae tussen 16 verskillende nasies oor 31 wedstryde uitgespeel. Dit het op 8 Junie 2012 op die Nasionale Stadion in Warskou met ’n wedstryd tussen die medegasheer Pole en Griekeland afgeskop. Die toernooi het geëindig by die Nasionale Olimpiese Sportkompleks in Kijif op 1 Julie met die eindstryd tussen Spanje en Italië, waartydens Spanje die Europese Sokkerkampioenskaptrofee ingepalm het.

Kalender

wysig

Die volgende tabel dui die Europese Sokkerkampioenskap 2012 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.

Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Groepfase
Junie
Vr
8
Sa
9
So
10
Ma
11
Di
12
Wo
13
Do
14
Vr
15
Sa
16
So
17
Ma
18
Di
19
Seremonies OS
Groep A 2 2 2
Groep B 2 2 2
Groep C 2 2 2
Groep D 2 2 2
Uitklopfase
Junie/Julie
Wo
20
Do
21
Vr
22
Sa
23
So
24
Ma
25
Di
26
Wo
27
Do
28
Vr
29
Sa
30
So
1
Seremonies SS
Uitklopfase 1 1 1 1 1 1 1
Legende

   Seremonies

   Groepwedstryde

   Uitklopfase

   Eindstryd

Groepfase

wysig

Die Europese Sokkerkampioenskap 2012 is deur 16 nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die 16 deelnemende spanne in vier groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:

  • Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
  • Een vir ’n gelykop;
  • geen vir ’n nederlaag.

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.

Uitklopfase

wysig

Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.

Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die agtste eindstryde gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Groep A het teen die naaswenner van Groep B en die wenner van Groep B het teen die naaswenner van Groep A gespeel. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die klein finale óf die eindstryd kon ontmoet het.

Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.

Wedstryde

wysig
Kwalifiseer vir die uitklopfase.
Uit die toernooi geskakel.

Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting vir die groepfase het op 2 Desember 2011 in die Oekraïnepaleis in Kijif plaasgevind.

Groepfase

wysig

16 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.

Groep A

wysig
 
Die wedstryd tussen Tsjeggië en Pole
Land Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pte
  Tsjeggië 3 2 0 1 4 5 -1 6
  Griekeland 3 1 1 1 3 3 0 4
  Rusland 3 1 1 1 5 3 +2 4
  Pole 3 0 2 1 2 3 -1 2

8 Junie 2012
18:00
  Pole 1–1   Griekeland Nasionale Stadion, Warskou
Toeskouers: 56 070
Skeidsregter: Carlos Velasco Carballo (Spanje)
Lewandowski   17' Verslag   51' Salpingidis

8 Junie 2012
20:45
  Rusland 4–1   Tsjeggië Munisipale Stadion, Wrocław
Toeskouers: 40 803
Skeidsregter: Howard Webb (Engeland)
Dzagoef   15',   79'
Shirokof   24'
Pawlyuchenko   82'
Verslag   52' Pilař

12 Junie 2012
18:00
  Griekeland 1–2   Tsjeggië Munisipale Stadion, Wrocław
Toeskouers: 41 105
Skeidsregter: Stéphane Lannoy (Frankryk)
Gekas   53' Verslag   3' Jiráček
  6' Pilař

12 Junie 2012
20:45
  Pole 1–1   Rusland Nasionale Stadion, Warskou
Toeskouers: 55 920
Skeidsregter: Wolfgang Stark (Duitsland)
Błaszczykowski   57' Verslag   37' Dzagoef

16 Junie 2012
20:45
  Tsjeggië 1–0   Pole Munisipale Stadion, Wrocław
Toeskouers: 41 480
Skeidsregter: Craig Thomson (Skotland)
Jiráček   72' Verslag

16 Junie 2012
20:45
  Griekeland 1–0   Rusland Nasionale Stadion, Warskou
Toeskouers: 55 614
Skeidsregter: Jonas Eriksson (Swede)
Karagounis   45+2' Verslag

Groep B

wysig
 
Die wedstryd tussen Duitsland en Portugal
Land Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pte
  Duitsland 3 3 0 0 5 2 +3 9
  Portugal 3 2 0 1 5 4 +1 6
  Denemarke 3 1 0 2 4 5 -1 3
  Nederland 3 0 0 3 2 5 -3 0

9 Junie 2012
19:00
  Nederland 0–1   Denemarke Metalist-stadion, Charkif
Toeskouers: 35 923
Skeidsregter: Damir Skomina (Slowenië)
Verslag   24' Krohn-Dehli

9 Junie 2012
21:45
  Duitsland 1–0   Portugal Arena Lwif, Lwif
Toeskouers: 32 990
Skeidsregter: Stéphane Lannoy (Frankryk)
Gómez   72' Verslag

13 Junie 2012
19:00
  Denemarke 2–3   Portugal Arena Lwif, Lwif
Toeskouers: 31 840
Skeidsregter: Craig Thomson (Skotland)
Bendtner   41',   80' Verslag   24' Pepe
  36' Postiga
  87' Varela

13 Junie 2012
21:45
  Nederland 1–2   Duitsland Metalist-stadion, Charkif
Toeskouers: 37 750
Skeidsregter: Jonas Eriksson (Swede)
  73' Van Persie Verslag   24',   38' Gómez

17 Junie 2012
21:45
  Portugal 2–1   Nederland Metalist-stadion, Charkif
Toeskouers: 37 445
Skeidsregter: Nicola Rizzoli (Italië)
Ronaldo   28',   74' Verslag   11' Van der Vaart

17 Junie 2012
21:45
  Denemarke 1–2   Duitsland Arena Lwif, Lwif
Toeskouers: 32 990
Skeidsregter: Carlos Velasco Carballo (Spanje)
Krohn-Dehli   24' Verslag   19' Podolski
  80' Bender

Groep C

wysig
 
Die Italiaanse span vier Mario Balotelli se eerste doel teen Ierland
Land Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pte
  Spanje 3 2 1 0 6 1 +5 7
  Italië 3 1 2 0 4 2 +2 5
  Kroasië 3 1 1 1 4 3 +1 4
  Ierland 3 0 0 3 1 9 -8 0

10 Junie 2012
18:00
  Spanje 1–1   Italië PGE Arena, Gdansk
Toeskouers: 38 869
Skeidsregter: Viktor Kassai (Hongarye)
Fàbregas   64' Verslag   61' Di Natale

10 Junie 2012
20:45
  Ierland 1–3   Kroasië Munisipale Stadion, Poznań
Toeskouers: 39 550
Skeidsregter: Björn Kuipers (Nederland)
St Ledger   19' Verslag   3',   49' Mandžukić
  43' Jelavić

14 Junie 2012
18:00
  Italië 1–1   Kroasië Munisipale Stadion, Poznań
Toeskouers: 37 096
Skeidsregter: Howard Webb (Engeland)
Pirlo   39' Verslag   72' Mandžukić

14 Junie 2012
20:45
  Spanje 4–0   Ierland PGE Arena, Gdansk
Toeskouers: 39 150
Skeidsregter: Pedro Proença (Portugal)
Torres   4',   70'
Silva   49'
Fàbregas   83'
Verslag

18 Junie 2012
20:45
  Kroasië 0–1   Spanje PGE Arena, Gdansk
Toeskouers: 39 076
Skeidsregter: Wolfgang Stark (Duitsland)
Verslag   88' Navas

18 Junie 2012
20:45
  Italië 2–0   Ierland Munisipale Stadion, Poznań
Toeskouers: 38 794
Skeidsregter: Cüneyt Çakır (Turkye)
Cassano   35'
Balotelli   90'
Verslag

Groep D

wysig
 
Die Oekraïen vier ná sy doel teen Swede
Land Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pte
  Engeland 3 2 1 0 5 3 +2 7
  Frankryk 3 1 1 1 3 3 0 4
  Oekraïne 3 1 0 2 2 4 -2 3
  Swede 3 1 0 2 5 5 0 3

11 Junie 2012
19:00
  Frankryk 1–1   Engeland Donbass Arena, Donetsk
Toeskouers: 47 400
Skeidsregter: Nicola Rizzoli (Italië)
Nasri   39' Verslag   30' Lescott

11 Junie 2012
21:45
  Oekraïne 2–1   Swede Olimpiese Stadion, Kijif
Toeskouers: 64 290
Skeidsregter: Cüneyt Çakır (Turkye)
Shewchenko   55',   62' Verslag   52' Ibrahimović

15 Junie 2012
19:00
  Oekraïne 0–2   Frankryk Donbass Arena, Donetsk
Toeskouers: 48 000
Skeidsregter: Björn Kuipers (Nederland)
Verslag   53' Ménez
  56' Cabaye

15 Junie 2012
22:00
  Swede 2–3   Engeland Olimpiese Stadion, Kijif
Toeskouers: 64 640
Skeidsregter: Damir Skomina (Slowenië)
Johnson   49' (e. d.)
Mellberg   59'
Verslag   23' Carroll
  64' Walcott
  78' Welbeck

19 Junie 2012
21:45
  Engeland 1–0   Oekraïne Donbass Arena, Donetsk
Toeskouers: 48 700
Skeidsregter: Viktor Kassai (Hongarye)
Rooney   48' Verslag

19 Junie 2012
21:45
  Swede 2–0   Frankryk Olimpiese Stadion, Kijif
Toeskouers: 63 010
Skeidsregter: Pedro Proença (Portugal)
Ibrahimović   54'
Larsson   90+1'
Verslag

Uitklopfase

wysig
 
Die Engelsman Wayne Rooney se aanval in die kwarteindstryd teen Italië
 
Die Spaanse nasionale sokkerspan nadat hulle die Europese Sokkerkampioenskaptrofee ingepalm het
Kwarteindstryd Halfeindstryd Eindstryd
                   
21 Junie – Warskou        
   Tsjeggië  0
27 Junie – Donetsk
   Portugal  1  
   Portugal  0
(2)
23 Junie – Donetsk
     Spanje  0
(4)
 
   Spanje  2
1 Julie – Kijif
   Frankryk  0  
   Spanje  4
22 Junie – Gdańsk
     Italië  0
   Duitsland  4
28 Junie – Warskou
   Griekeland  2  
   Duitsland  1
24 Junie – Kijif
     Italië  2  
   Engeland  0
(2)
   Italië  0
(4)
 
 

Kwarteindrondte

wysig

21 Junie 2012
20:45
  Tsjeggië 0–1   Portugal Nasionale Stadion, Warskou
Toeskouers: 55 590
Skeidsregter: Howard Webb (Engeland)
Verslag   79' Ronaldo

22 Junie 2012
20:45
  Duitsland 4–2   Griekeland PGE Arena, Gdańsk
Toeskouers: 38 751
Skeidsregter: Damir Skomina (Slowenië)
Lahm   39'
Khedira   61'
Klose   68'
Reus   74'
Verslag   55' Samaras
  89' (straf) Salpingidis

23 Junie 2012
21:45
  Spanje 2–0   Frankryk Donbass Arena, Donetsk
Toeskouers: 47 000
Skeidsregter: Nicola Rizzoli (Italië)
Alonso   19',   90+1' (straf) Verslag

24 Junie 2012
21:45
  Engeland 0–0 (e.t.)   Italië Olimpiese Stadion, Kijif
Toeskouers: 64 340
Skeidsregter: Pedro Proença (Portugal)
Strafskoppe
Gerrard  
Rooney  
Young  
Cole  
Verslag
Strafskoppe
2–4
Strafskoppe
  Balotelli
  Montolivo
  Pirlo
  Nocerino
  Diamanti

Halfeindrondte

wysig

27 Junie 2012
21:45
  Portugal 0–0 (e.t.)   Spanje Donbass Arena, Donetsk
Toeskouers: 48 000
Skeidsregter: Cüneyt Çakır (Turkye)
Strafskoppe
Moutinho  
Pepe  
Nani  
Alves  
Verslag
Strafskoppe
2–4
Strafskoppe
  Alonso
  Iniesta
  Piqué
  Ramos
  Fàbregas

28 Junie 2012
20:45
  Duitsland 1–2   Italië Nasionale Stadion, Warskou
Toeskouers: 55 540
Skeidsregter: Stéphane Lannoy (Frankryk)
Özil   90+2' (straf) Verslag   20',   36' Balotelli

Eindstryd

wysig

1 Julie 2012
21:45
  Spanje 4–0   Italië Nasionale Olimpiese Sportkompleks, Kijif
Toeskouers: 63 170
Skeidsregter: Pedro Proença (Portugal)
Silva   14'
Alba   41'
Torres   84'
Mata   88'
Verslag


Europese Sokkerkampioen 2012
  Spanje

Ranglys

wysig
 
Deelnemende spanne volgens ranglys:

   Kampioen

   Tweede plek

   Halfeindrondte

   Kwarteindrondte

   Groepfase

   Nie deelgeneem nie

     Gasheerlande Oekraïne en Pole
Rang Span Groep Wed Wen Gel Ver DV DT +/– Pte
1   Spanje C 6 4 2 0 12 1 +11 14
2   Italië C 6 2 3 1 6 7 −1 9
3   Duitsland B 5 4 0 1 10 6 +4 12
4   Portugal B 5 3 1 1 6 4 +2 10
In die kwarteindrondte uitgeskakel
5   Engeland D 4 2 2 0 5 3 +2 8
6   Tsjeggië A 4 2 0 2 4 6 –2 6
7   Frankryk D 4 1 1 2 3 5 −2 4
8   Griekeland A 4 1 1 2 5 7 −2 4
In die groepfase uitgeskakel
9   Rusland A 3 1 1 1 5 3 +2 4
10   Kroasië C 3 1 1 1 4 3 +1 4
11   Swede D 3 1 0 2 5 5 ±0 3
12   Denemarke B 3 1 0 2 4 5 −1 3
13   Oekraïne D 3 1 0 2 2 4 −2 3
14   Pole A 3 0 2 1 2 3 –1 2
15   Nederland B 3 0 0 3 2 5 −3 0
16   Ierland C 3 0 0 3 1 9 −8 0

Meeste doele aangeteken

wysig

Meeste doele aangeteken:

Rang Speler Doele
1   Fernando Torres 3
  Mario Gómez 3
  Alan Dzagoef 3
  Mario Mandžukić 3
  Mario Balotelli 3
  Cristiano Ronaldo 3
7   David Silva 2
  Nicklas Bendtner 2
  Michael Krohn-Dehli 2
  Dimitrios Salpingidis 2
  Cesc Fàbregas 2
  Andriy Shewchenko 2
  Zlatan Ibrahimović 2
  Petr Jiráček 2
  Václav Pilař 2
  Xabi Alonso 2

Verwysings

wysig
  1. (en) "Qualifiers – FIFA Confederations Cup Brazil 2013". FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Desember 2011. Besoek op 18 Februarie 2012.
  2. (en) "Bidding for the Final Tournament 2012" (PDF). UEFA. 7 November 2005. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 28 Oktober 2019. Besoek op 11 Februarie 2017.
  3. (en) "Uefa reveals Euro 2012 shortlist". BBC. 8 November 2005. Besoek op 11 Februarie 2017.
  4. (en) "Poland and Ukraine host Euro 2012". BBC. 18 April 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Oktober 2008. Besoek op 11 Februarie 2017.
  5. (en) "National Stadium Warsaw". UEFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2013. Besoek op 16 Junie 2012.
  6. (en) "Arena Gdansk". UEFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2013. Besoek op 16 Junie 2012.
  7. (en) "Municipal Stadium Wroclaw". UEFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Desember 2012. Besoek op 16 Junie 2012.
  8. (en) "Municipal Stadium Poznan". UEFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Desember 2012. Besoek op 16 Junie 2012.
  9. (en) "Olympic Stadium, Kyiv". UEFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Desember 2012. Besoek op 16 Junie 2012.
  10. (en) "Donbass Arena". UEFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Desember 2012. Besoek op 16 Junie 2012.
  11. (en) "Metalist Stadium". UEFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Desember 2012. Besoek op 16 Junie 2012.
  12. (en) "Arena Lviv". UEFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Desember 2012. Besoek op 16 Junie 2012.
  13. (en) Kevin Ashby; Sam Adams (2 Desember 2011). "adidas Tango 12 unveiled as official ball". UEFA. Besoek op 6 Desember 2011.{{cite web}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  14. (en) Jonathan Liew (2 Desember 2011). "Adidas's new Tango 12 ball moves on from the World Cup Jabulani". The Daily Telegraph. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 April 2012. Besoek op 3 April 2012.

Eksterne skakels

wysig