Donetsk
Donetsk (Oekraïns: Донецьк, Donećk, [doˈnɛtsʲk], ; Russies: Донецк, [dɐˈnʲetsk]) is die vyfde grootste stad van Oekraïne en lê in die ooste aan die grens met Rusland in die Donetsk-oblast. Die stad is in 1869 deur die Russe gestig. Die stad het 'n bevolking van 905 364 en van 1 560 000 in die metropolitaanse gebied in 2021 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 358 km². Donetsk was een van die gasheerstede tydens die Europese Sokkerkampioenskap 2012 wat Oekraïne en Pole saam aangebied het. Sedert 2014 dien dit as hoofstad van die selfverklaarde Volksrepubliek Donetsk wat sedert 2022 deur Rusland erken word.
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Oekraïne (de jure) Volksrepubliek Donetsk (de facto) |
Oblast | Donetsk |
Stigting | 1869 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 358 vk km |
Hoogte bo seevlak | 169 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2021) | 905 364 |
- Bevolkingsdigtheid | 2 960/vk km |
- Metropolitaanse gebied | 1 560 000 |
Tydsone | UTC +2 (OET) |
- Somertyd | UTC +3 (OEST) |
Burgemeester | Alexei Koelemzin |
Amptelike webwerf | gorod-donetsk.com |
Demografie
wysig- Etniese verdeling (2001-sensus): Russe (48,2%), Oekraïners (46,7%), Belarusse (1,2%).
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Donetsk.
- (en) Toerisme-inligting oor Donetsk op Wikivoyage
- (uk) Amptelike webwerf