Donetsk-oblast (Oekraïens: Доне́цька о́бласть, Russies: Доне́цкая о́бласть) is 'n oblast (of gebied) in oostelike Oekraïne. Die hoofstad en grootste van die oblast is Donetsk. Met ongeveer 4,3 miljoen inwoners is die oblast grootste ten opsigte van sy bevolking in die land. Tot 1961 het die oblast as die Stalino-oblast (Сталино) bekend gestaan, vernoem na Josef Stalin. Hoewel Oekraïens die enigste amptelike taal in die oblast is, word Russies sedert 2012 as 'streektaal' erken.[1] In 2014 het Russiese separatiste die Volksrepubliek Donetsk uitgeroep en van Oekraïne weggebreek. Sedert die Russiese inval in Oekraïne in 2022 is dit deur Rusland beset en op 30 September 2022 in weerwil van internasionale reg geannekseer.[2]
- Tale (2001-sensus): Russies (74,9%), Oekraïens (24,1%), Armeens (0,1%).
- Etniese verdeling (2001-sensus): Oekraïners (56,9%), Russe (38,2%), Grieke (1,6%).