FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013
Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013 (Portugees: Copa das Confederações da FIFA Brasil 2013; Engels: FIFA Confederations Cup) is van 15 tot 30 Junie 2013 in Brasilië aangebied en het vir die gasheer as ’n voorbereiding op die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014 gedien. Dit was die sewende sokker-konfederasiebeker wat onder FIFA se vaandel aangebied is. Die eerste twee toernooie in 1992 en 1995 is onder die naam Koning Fahd-beker aangebied en terugwerkend deur FIFA as Sokker-Konfederasiebekertoernooie erken.
Copa das Confederações da FIFA Brasil 2013 | |
---|---|
Toernooi-inligting | |
Gasheerland | Brasilië |
Datums | 15 – 30 Junie |
Spanne | 8 (van 6 konfederasies) |
Stadions | 6 (in 6 stede) |
Finale uitslag | |
Kampioene | Brasilië (4 titels) |
Tweede plek | Spanje |
Derde plek | Italië |
Vierde plek | Uruguay |
Toernooi-statistieke | |
Wedstryde gespeel | 16 |
Doele | 68 (4.25 per wedstryd) |
Bywoning | 804 659 (50 291 per wedstryd) |
Meeste punte | Fernando Torres Fred (5 doele elk) |
Beste speler | Neymar |
← 2009 2017 → |
Soos gebruiklik het die gasheerland, die destydse wêreldkampioen en die kampioene van elk van die ses sokkerbonde deelgeneem. Die gasheer en verdedigende kampioen Brasilië het die toernooi gewen nadat hulle Spanje met 3–0 in die eindstryd geklop het. Italië het in die derde en Uruguay in die vierde plek geëindig.
Stadions
wysigWedstryde is in die volgende stede gespeel:
Belo Horizonte, Minas Gerais | FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013 (Brasilië) |
Recife, Pernambuco |
---|---|---|
Estádio Mineirão | Arena Pernambuco | |
19°51′57.2″S 43°58′15.9″W / 19.865889°S 43.971083°W | 8°2′26.6″S 35°0′29.6″W / 8.040722°S 35.008222°W | |
Kapasiteit: 62 547[1] | Kapasiteit: 44 248[2] | |
Brasília, Federale Distrik | Rio de Janeiro, Rio de Janeiro | |
Estádio Nacional | Estádio do Maracanã | |
15°47′0.6″S 47°53′57.1″W / 15.783500°S 47.899194°W | 22°54′43.8″S 43°13′48.7″W / 22.912167°S 43.230194°W | |
Kapasiteit: 68 009[3] | Kapasiteit: 76 804[4] | |
Fortaleza, Ceará | Salvador, Bahia | |
Estádio Castelão | Arena Fonte Nova | |
3°48′26″S 38°31′20″W / 3.80722°S 38.52222°W | 12°58′43″S 38°30′15″W / 12.97861°S 38.50417°W | |
Kapasiteit: 64 846[5] | Kapasiteit: 52 048[6] | |
Deelnemende spanne
wysigSpan | Konfederasie | Kwalifisering | Deelname |
---|---|---|---|
Brasilië | CONMEBOL | Gasheer van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014 | 7de |
Spanje | UEFA | Wenner van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 | 2de |
Japan | AFC | Wenner van die Asië Nasies-beker in 2011 | 5de |
Meksiko | CONCACAF | Wenner van die CONCACAF Goue-beker in 2011 | 6de |
Uruguay | CONMEBOL | Wenner van die Copa América in 2011 | 2de |
Tahiti | OFC | Wenner van die Oseanië Nasies-beker in 2012 | 1ste |
Italië | UEFA | Naaswenner van die Europese Sokkerkampioenskap 2012 | 2de |
Nigerië | CAF | Wenner van die Afrikanasiesbeker in 2013 | 2de |
Wedstrydbal
wysigDie FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013 se amptelike wedstrydbal is vervaardig deur Adidas en van die Adidas Tango 12, die Europese Sokkerkampioenskap 2012 se amptelike wedstrydbal, ontleen. Dit is tydens die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013 se loting onthul. Die bal is genoem “Cafusa” ([kɐˈfuzɐ]) – ’n sillabiese afkorting van die Brasiliaans-Portugese woorde carnaval (“karnaval”), futebol (sokker) en samba,[7] afgesien van die feit dat dit homofoon is met cafuza, die Portugese woord vir ’n zamba. d.w.s. ’n vrou van gemengde Amerindianse en Afrika-herkoms. Die voormalige Brasiliaanse kaptein Cafu is genooi om die bal amptelik te onthul.[7]
Formaat
wysigDie FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013 is oor 16 dae tussen agt verskillende nasies oor 16 wedstryde uitgespeel. Dit het op 15 Junie 2013 op die Estádio Nacional in Brasília met ’n wedstryd tussen die gasheer Brasilië en Japan afgeskop. Die toernooi het geëindig by die Estádio do Maracanã in Rio de Janeiro op 30 Junie met die eindstryd tussen Brasilië en Spanje, waartydens die gasheer die Sokker-Konfederasiebekertrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die FIFA Sokker-Konfederasiebekertoernooie in 1997, 1999, 2001, 2003, 2005 en 2009 ingespan.
Kalender
wysigDie volgende tabel dui die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie dui op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n kakie blokkie op beide die bronseindstryd en die eindstryd wat op dieselfde dag beslis is.
|
|
Groepfase
wysigDie FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013 is deur agt nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:
- Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
- Een vir ’n gelykop;
- geen vir ’n nederlaag.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.
Uitklopfase
wysigVan die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit vier wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.
Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die halfeindstryde gespeel met die wenner van Groep A wat teen die naaswenner van Groep B en die wenner van Groep B wat teen die naaswenner van Groep A gespeel het. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die klein finale óf die eindstryd kon ontmoet het.
Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.
Wedstryde
wysigKwalifiseer vir die uitklopfase. |
Uit die toernooi geskakel. |
Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 1 Desember 2012 in die Anhembi-konferensiesentrum in São Paulo gehou.
Groepfase
wysigAgt spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep A
wysigLand | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Brasilië | 3 | 3 | 0 | 0 | 9 | 2 | +7 | 9 |
Italië | 3 | 2 | 0 | 1 | 8 | 8 | 0 | 6 |
Meksiko | 3 | 1 | 0 | 2 | 3 | 5 | –2 | 3 |
Japan | 3 | 0 | 0 | 3 | 4 | 9 | –5 | 0 |
15 Junie 2013 16:00 | ||||
Brasilië | 3–0 | Japan | Estádio Nacional, Brasília Toeskouers: 67 423 Skeidsregter: Pedro Proença (Portugal) | |
Neymar 3' Paulinho 48' Jô 90+3' |
Verslag |
16 Junie 2013 16:00 | ||||
Meksiko | 1–2 | Italië | Estádio do Maracanã, Rio de Janeiro Toeskouers: 73 123 Skeidsregter: Enrique Osses (Chili) | |
Hernández 34' (straf) | Verslag | 27' Pirlo 78' Balotelli |
19 Junie 2013 16:00 | ||||
Brasilië | 2–0 | Meksiko | Estádio Castelão, Fortaleza Toeskouers: 57 804 Skeidsregter: Howard Webb (Engeland) | |
Neymar 9' Jô 90+3' |
Verslag |
19 Junie 2013 19:00 | ||||
Italië | 4–3 | Japan | Arena Pernambuco, Recife Toeskouers: 40 489 Skeidsregter: Diego Abal (Argentinië) | |
De Rossi 41' Uchida 50' (e.d.) Balotelli 52' (straf) Giovinco 86' |
Verslag | 21' (straf) Honda 33' Kagawa 69' Okazaki |
22 Junie 2013 16:00 | ||||
Italië | 2–4 | Brasilië | Arena Fonte Nova, Salvador Toeskouers: 48 874 Skeidsregter: Rawshan Irmatof (Oesbekistan) | |
Giaccherini 51' Chiellini 71' |
Verslag | 45+1' Dante 55' Neymar 66', 89' Fred |
22 Junie 2013 16:00 | ||||
Japan | 1–2 | Meksiko | Estádio Mineirão, Belo Horizonte Toeskouers: 52 690 Skeidsregter: Felix Brych (Duitsland) | |
Okazaki 86' | Verslag | 54', 56' Hernández |
Groep B
wysigLand | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Spanje | 3 | 3 | 0 | 0 | 15 | 1 | +14 | 9 |
Uruguay | 3 | 2 | 0 | 1 | 11 | 3 | +8 | 6 |
Nigerië | 3 | 1 | 0 | 2 | 7 | 6 | +1 | 3 |
Tahiti | 3 | 0 | 0 | 3 | 1 | 24 | –23 | 0 |
16 Junie 2013 19:00 | ||||
Spanje | 2–1 | Uruguay | Arena Pernambuco, Recife Toeskouers: 41 705 Skeidsregter: Yuichi Nishimura (Japan) | |
Pedro 20' Soldado 32' |
Verslag | 88' Suárez |
17 Junie 2013 16:00 | ||||
Tahiti | 1–6 | Nigerië | Estádio Mineirão, Belo Horizonte Toeskouers: 20 187 Skeidsregter: Joel Aguilar (El Salvador) | |
J. Tehau 54' | Verslag | 5' (e.d.) Vallar 10', 26', 76' Oduamadi 69' (e.d.) J. Tehau 80' Echiéjilé |
20 Junie 2013 16:00 | ||||
Spanje | 10–0 | Tahiti | Estádio do Maracanã, Rio de Janeiro Toeskouers: 71 806 Skeidsregter: Djamel Haimoudi (Algerië) | |
Torres 5', 33', 57', 78' Silva 31', 89' Villa 39', 49', 64' Mata 66' |
Verslag |
20 Junie 2013 19:00 | ||||
Nigerië | 1–2 | Uruguay | Arena Fonte Nova, Salvador Toeskouers: 26 769 Skeidsregter: Björn Kuipers (Nederland) | |
Mikel 37' | Verslag | 19' Lugano 51' Forlán |
23 Junie 2013 16:00 | ||||
Nigerië | 0–3 | Spanje | Estádio Castelão, Fortaleza Toeskouers: 51 263 Skeidsregter: Joel Aguilar (El Salvador) | |
Verslag | 3', 88' Alba 62' Torres |
23 Junie 2013 16:00 | ||||
Uruguay | 8–0 | Tahiti | Arena Pernambuco, Recife Toeskouers: 22 047 Skeidsregter: Pedro Proença (Portugal) | |
Hernández 2', 24', 45+1', 67' (straf) Pérez 27' Lodeiro 61' Suárez 82', 90' |
Verslag |
Uitklopfase
wysigHalfeindrondte | Eindrondte | ||||||
26 Junie – Belo Horizonte | |||||||
Brasilië | 2 | ||||||
Uruguay | 1 | ||||||
30 Junie – Rio de Janeiro | |||||||
Brasilië | 3 | ||||||
Spanje | 0 | ||||||
Derde plek | |||||||
27 Junie – Fortaleza | 30 Junie – Salvador | ||||||
Spanje | 0 (7) |
Uruguay | 2 (2) | ||||
Italië | 0 (6) |
Italië | 2 (3) |
Halfeindrondte
wysig26 Junie 2013 16:00 | ||||
Brasilië | 2–1 | Uruguay | Estádio Mineirão, Belo Horizonte Toeskouers: 57 483 Skeidsregter: Enrique Osses (Chili) | |
Fred 41' Paulinho 86' |
Verslag | 48' Cavani |
27 Junie 2013 16:00 | ||||
Spanje | 0–0 (e.t.) | Italië | Estádio Castelão, Fortaleza Toeskouers: 56 083 Skeidsregter: Howard Webb (Engeland) | |
Strafskoppe Xavi Iniesta Piqué Ramos Mata Busquets Navas |
Verslag Strafskoppe 7–6 |
Strafskoppe Candreva Aquilani De Rossi Giovinco Pirlo Montolivo Bonucci |
Klein finale (om die derde plek)
wysig30 Junie 2013 13:00 | ||||
Uruguay | 2–2 (e.t.) | Italië | Arena Fonte Nova, Salvador Toeskouers: 43 382 Skeidsregter: Djamel Haimoudi (Algerië) | |
Cavani 58', 78' Strafskoppe Forlán Cavani Suárez Cáceres Gargano |
Verslag Strafskoppe 2–3 |
24' Astori 73' Diamanti Strafskoppe Aquilani El Shaarawy De Sciglio Giaccherini |
Eindstryd
wysig30 Junie 2013 19:00 | ||||
Brasilië | 3–0 | Spanje | Estádio do Maracanã, Rio de Janeiro Toeskouers: 73 531 Skeidsregter: Björn Kuipers (Nederland) | |
Fred 2', 47' Neymar 44' |
Verslag |
Sokker-Konfederasiebekerkampioen 2013 |
---|
Brasilië |
FIFA se terugwerkende ranglys
wysigIn 2017 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Konfederasiebeker insluitende die destydse FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[8] Die ranglys vir die 2013-toernooi is soos gevolg:
Rang | Span | Groep | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
1 | Brasilië | A | 5 | 5 | 0 | 0 | 14 | 3 | +11 | 15 |
2 | Spanje | B | 5 | 3 | 1 | 1 | 15 | 4 | +11 | 10 |
3 | Italië | A | 5 | 2 | 2 | 1 | 10 | 10 | ±0 | 8 |
4 | Uruguay | B | 5 | 2 | 1 | 2 | 14 | 7 | +7 | 7 |
In die groepfase uitgeskakel | ||||||||||
5 | Nigerië | B | 3 | 1 | 0 | 2 | 7 | 6 | +1 | 3 |
6 | Meksiko | A | 3 | 1 | 0 | 2 | 3 | 5 | –2 | 3 |
7 | Japan | A | 3 | 0 | 0 | 3 | 4 | 9 | −5 | 0 |
8 | Tahiti | B | 3 | 0 | 0 | 3 | 1 | 24 | −23 | 0 |
Meeste doele aangeteken
wysigMeeste doele aangeteken:
|
|
Verwysings
wysig- ↑ (en) "FIFA Confederations Cup Brazil 2013: Destination". FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 16 Junie 2013.
- ↑ (en) "FIFA Confederations Cup Brazil 2013: Destination – Arena Pernambuco – Recife". FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 16 Junie 2013.
- ↑ (en) "FIFA Confederations Cup Brazil 2013: Destination – Estadio Nacional de Brasilia – Brasilia". FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 16 Junie 2013.
- ↑ (en) "FIFA Confederations Cup Brazil 2013: Destination – Estadio Do Maracana – Rio de Janeiro". FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 16 Junie 2013.
- ↑ (en) "FIFA Confederations Cup Brazil 2013: Destination – Estadio Castelao – Fortaleza". FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 16 Junie 2013.
- ↑ (en) "FIFA Confederations Cup Brazil 2013: Destination". FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 16 Junie 2013.
- ↑ 7,0 7,1 (en) "Adidas Cafusa launched at Brazil 2013 draw". FIFA. 1 Desember 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Desember 2012. Besoek op 1 Desember 2012.
- ↑ (en) "Statistical Kit – FIFA Confederations Cup – FCC 2017 post event edition" (PDF). FIFA. 10 Julie 2017. Besoek op 28 Junie 2022.
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013. |
- (en) fifa.com: Neymar dazzles as Brazil conquer
- (en) fifa.com: FIFA Technical Report Geargiveer 12 Julie 2014 op Wayback Machine