2013
jaar
2013 |
◄ | 20ste eeu | ◄21ste eeu► | 22ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 2008 | 2009 | 2010 | 2011 | 2012 | ◄ 2013 ► | 2014 | 2015 | 2016 | 2017 | 2018 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:2013 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Die meteoor van Tsjeljabinsk | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 2013 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 13de jaar van die 21ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. Dit was ook die eerste jaar sedert 1987 waarvan al die syfers verskillend was.
Gebeure
wysig- 1 Januarie – Die Republiek van Ierland neem die voorsitterskap van die Europese Unie van Siprus oor.
- 8 Januarie – Die planetoïde Apophis sal naby die Aarde verbyskuur.
- 19 Januarie – 10 Februarie: Die 2013 Afrika-Sokkerkampioenskap vind in Suid-Afrika plaas.
- 20 Januarie – Barack Obama word as wenner van die Amerikaanse presidentsverkiesing van 2012 privaat vir die tweede keer ingesweer as die 44ste president van die Verenigde State.
- 21 Januarie – Die publieke inswering van Barack Obama, die 45ste president van die Verenigde State.
- 5 Februarie – Die 19de Knesset word ingesweer.
- 14 Februarie – Die Paralimpiese atleet, Oscar Pistorius, word in hegtenis geneem vir die moord op sy meisie Reeva Steenkamp.
- 15 Februarie – Die Meteoor van Tsjeljabinsk ontplof.
- 24 Februarie – Krieket: Graeme Smith word die eerste toetskaptein ter wêreld wat 50 toetsoorwinnings behaal.
- 25 Februarie – Park Geun-hye, die 18de president van Suid-Korea, word ingesweer.
- 13 Maart – Pous Franciskus volg Pous Benedictus XVI op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 14 Maart – Xi Jinping word deur die Nasionale Volkskongres van die Kommunistiese Party van China tot nuwe Staatspresident gekies.
- 18 Maart – Die Israelse Netanyahu III-kabinet word opgerig.
- 30 April – Nadat Beatrix ten gunste van haar oudste seun abdikeer het, lê Willem-Alexander op Koninginnedag die ampseed as nuwe koning van die Nederlande af.
- 8 Mei – Hemelvaartsdag.
- 28 Mei – Die Turkse betogings van 2013 begin in Istanboel.
- 6–23 Junie – Die 7de Kampioenetrofee word in Engeland en Wallis aangebied en deur Indië gewen.
- 15–30 Junie – Die sewende FIFA Konfederasiebeker toernooi word in Brasilië gespeel.
- 29 Junie–21 Julie – Die 100ste keer dat die Tour de France plaasvind.
- 1 Julie – Litaue neem die voorsitterskap van die Europese Unie van die Republiek van Ierland oor.
- 1 Julie – Kroasië verlaat die Sentraal-Europese Vryehandelsooreenkoms en word lid van die Europese Unie.
- 5 Julie – Daryl Impey word die eerste Suid-Afrikaner om die gesogte geel trui van die Tour de France te dra.
- 21 Julie – Nadat Albert II ten gunste van sy oudste seun abdikeer het, lê Filip die ampseed as nuwe koning van België af.
- 5 Augustus – Radio Rippel se naam verander na Groot FM.
- 24 Augustus – Rugby: Die All Blacks wen weer die Bledisloebeker deur die Wallabies van Australië met 2-0 toetse te verslaan in Wellington, Nieu-Seeland. Dit is die elfde agtereenvolgende jaar wat hulle dit vermag.
- 3 Oktober – Gambië verlaat die Britse Statebond.
- 19 Desember – Die Gaia-ruimteteleskoop word lanseer.
Geboortes
wysig- 22 Julie – Prins George van Wallis, seun van William, Prins van Wallis, en 'n Britse troonopvolger.
Sterftes
wysig- 3 Januarie – Burry Stander, Suid-Afrikaanse bergfietsryer en onder-23 wêreldkampioen (* 1987).
- 3 Januarie – Hendrik Vermooten, Suid-Afrikaanse argitek, die ontwerper van 144 Afrikaanse kerkgeboue (* 1921).
- 6 Januarie – Neil Adcock, Suid-Afrikaanse krieketspeler (* 1931).
- 22 Januarie – Peter van der Merwe, Suid-Afrikaanse krieketkaptein (* 1937).
- 24 Januarie – Phil Hockey, Suid-Afrikaanse Ornitoloog (* 1956).
- 25 Januarie – Anna-Louize Heiberg, professor in Wysbegeerte aan die Universiteit van Natal en Afrikaanse skrywer van romans (* 1924).
- 29 Januarie – Johan de Ridder, Suid-Afrikaanse argitek, ontwerper van vele geboue (* 1927).
- 1 Februarie – Louis Luyt, Suid-Afrikaanse sakeman, sportadministrateur (* 1932).
- 4 Februarie – Donald Byrd, Amerikaanse trompetspeler van jazzmusiek (* 1932).
- 8 Februarie – Jan Ellis, Springbokrugbyspeler (* 1942).
- 14 Februarie – Reeva Steenkamp, Suid-Afrikaanse model (* 1983).
- 18 Februarie – Otfried Preussler, Duitse kinderboekskrywer (* 1923).
- 1 Maart – Bonnie Franklin, Amerikaanse aktrise (* 1944).
- 4 Maart – Seki Matsunaga, Japannese sokkerspeler (* 1928).
- 5 Maart – Hugo Chávez, president van Venezuela (* 1954).
- 7 Maart – Dirk Coetzee, bevelvoerder van die polisie-eenheid op Vlakplaas (* 1945).
- 7 Maart – Freda Linde, Suid-Afrikaanse skrywer en vertaler van kinderboeke (* 1915).
- 9 Maart – Doc Immelman, avontuurverhaalskrywer (* 1928).
- 23 Maart – Boris Berezovsky, Russiese oligarg en invloedryke (* 1946).
- 26 Maart – Morkel van Tonder, Afrikaanse radio-omroeper (* 1923).
- 30 Maart – Phil Ramone, Suid-Afrikaans-gebore Amerikaanse musiekvervaardiger, vioolspeler en komponis (* 1934).
- 2 April – Karen Muir, Suid-Afrikaanse swemmer en wêreldrekordhouer (* 1952).
- 6 April – F.F. Odendal, Afrikaanse leksikograaf (* 1926).
- 8 April – Margaret Thatcher, Britse politikus en staatsvrou, Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk (* 1925).
- 9 April – Paolo Soleri, Italiaans-Amerikaanse argitek (* 1919).
- 12 April – Johnny du Plooy, Suid-Afrikaanse swaargewigbokser (* 1964).
- 14 April – Colin Davis, Britse dirigent (* 1927).
- 24 April – Laurie Kay, Suid-Afrikaanse vlieënier.
- 12 Mei – Nico van Rensburg, boeremusieklegende en bekroonde konsertinaspeler (* 1937).
- 18 Mei – Vuyu Mbuli, SAUK-TV en radiopersoonlikheid (* 1967).
- 8 Junie – Greyling Wentzel, Suid-Afrikaanse politikus en minister van landbou (* 1925).
- 2 Julie – Douglas Engelbart, uitvinder van die rekenaarmuis (* 1925).
- 10 Julie − Willem Cruywagen, kabinetsminister en administrateur van Transvaal (* 1921).
- 12 Julie – Amar Bose, Amerikaanse akademikus, ingenieur en entrepreneur (* 1929).
- 19 Julie – Mel Smith, Britse skrywer, akteur en regisseur (* 1952).
- 22 Julie – Dennis Farina, Amerikaanse akteur (* 1944).
- 24 Julie − Pius Langa, oud-hoofregter van Suid-Afrika (* 1939).
- 30 Julie − Jubero Malherbe - Afrikaanse omroeper, kultuurliefhebber en musiekskrywer (* 1924).
- 2 Augustus – Barbara Trentham, Amerikaanse aktrise en model (* 1944).
- 9 Augustus – Cliff Harrington, Amerikaanse akteur, kinematograaf (* 1932).
- 24 Augustus – Julie Harris, Amerikaanse aktrise (* 1925).
- 5 September − Fritz Eloff, Professor in dierkunde en rugbyadministrateur (* 1920).
- 1 Oktober − Tom Clancy, Amerikaanse outeur (* 1947).
- 10 Oktober – Scott Carpenter, Amerikaanse ruimtevaarder (* 1925).
- 25 Oktober – Marcia Wallace, Amerikaanse aktrise (* 1942).
- 27 Oktober − Lou Reed, Amerikaanse musikant en fotograaf (* 1942).
- 12 November − John Tavener, Engelse komponis (* 1944).
- 17 November – Doris Lessing, Britse skryweres (* 1919).
- 19 November – Frederick Sanger, Britse biochemikus (* 1918).
- 21 November – Chinua Achebe, Nigeriese skrywer (* 1930).
- 21 November – Theo Gerdener, Natalse administrateur, senator en kabinetsminister(* 1916).
- 30 November – Colin Eglin, leier van die Progressiewe Reformiste Party en Progressiewe Federale Party (* 1925).
- 5 Desember – Nelson Mandela, Suid-Afrikaanse politikus en staatsman, president van Suid-Afrika (1994–1999) (* 1918).
- 14 Desember – Zirk Bergh, sanger; skiet drie persone en homself (* 1958).
- 14 Desember – Peter O'Toole, Ierse akteur en bekend as Lawrence of Arabia (* 1932).
- 20 Desember – Merwede van der Merwe, bekende TV-persoonlikheid en kampvegter vir Afrikaanse musiek (* 1947).
- 23 Desember – Michail Kalasjnikof, Russiese ontwerper van die AK-47 (* 1919).