Douglas Engelbart
Douglas Carl "Doug" Engelbart (30 Januarie 1925 – 2 Julie 2013)[1] was 'n Amerikaanse uitvinder wat die rekenaarmuis in 1964 uitgevind het.[2]
Douglas Engelbart | |
---|---|
Engelbart in Desember 2008 | |
Gebore | Douglas Carl "Doug" Engelbart 30 Januarie 1925 |
Sterf | 2 Julie 2013 Atherton, Kalifornië |
Nasionaliteit | Verenigde State van Amerika |
Bekend vir | Uitvinding van rekenaarmuis |
Eggenoot | Ballard Engelbart |
Engelbart is op 30 Januarie 1925 in Portland, Oregon gebore.[3] Hy studeer in die 1950's elektriese ingenieurswese en rekenaarwetenskap aan die Oregon State University en die Universiteit van Kalifornië, Berkeley. Na sy studies sluit hy by die Stanford-navorsingsinstituut aan, waar hy aan verskeie konsepte werk, soos e-pos, videokonferensie en ARPANET (die voorloper van die Internet).
Hy sal die beste onthou word vir die rekenaarmuis, wat destyds 'n houtboksie met twee wiele aan was. In 1970 ontvang hy 'n patent vir sy uitvindsel. Die rekenaarmuis het egter eers 'n alledaagse artikel geword nadat die patent daarvan verval het.
Engelbart is in 2000 met die nasionale medalje vir tegnologie vereer.
Hy is op 2 Julie 2013 op die ouderdom van 88 aan nierversaking in Atherton, Kalifornië oorlede.[4]
Verwysings
wysig- ↑ "Douglas Engelbart, computer visionary and inventor of the mouse, dies at 88". Washington Post. Besoek op 3 Julie 2013.
- ↑ Hermida, Alfred (5 November 2001). "Mouse inventor strives for more". BBC News Online (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Junie 2002. Besoek op 17 Junie 2012.
- ↑ Crocker, Dave (3 Julie 2013). "Doug Engelbart" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Maart 2018. Besoek op 3 Julie 2013.
- ↑ "Doug Engelbart American inventor computing legend passes away". GigaOm. 3 Julie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Julie 2013. Besoek op 3 Julie 2013.
Eksterne skakels
wysig- Doug Engelbart se amptelike tuisblad
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Douglas Engelbart.