8 Januarie
datum
<< | Januarie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | 31 | |||
Al die dae |
8 Januarie is die agtste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 357 dae in die res van die jaar (358 in skrikkeljare).
Gebeure
wysig- 1198 – Pous Innocentius III volg Pous Celestinus III op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1335 – Pous Benedictus XII word gekroon.
- 1438 – Pous Eugenius IV open die konsilie van Ferrara.
- 1455 – Pous Nicolaas V publiseer die bul Romanus Pontifex wat die slawehandel weereens goedkeur.
- 1610 – Maffeo Barberini (later Pous Urbanus VIII) word prefek van die Opperste Tribunaal van die Apostoliese Signatura.
- 1635 – Fabio Chigi (later Pous Alexander VII) word biskop van Nardò.
- 1655 – Pous Alexander VII verklaar Franciscus van Sales salig.
- 1680 – Pietro Vito Ottoboni (later Pous Alexander VIII) word kardinaal-priester van S. Prassede.
- 1806 – Die Slag van Blaauwberg vind plaas gevolg deur die tweede Britse besetting van die Kaap die Goeie Hoop.
- 1828 – Die Demokratiese Party van Amerika word gestig.
- 1889 – Herman Hollerith ontvang 'n patent vir sy elektriese tabelleermasjien.
- 1912 – Die South African Native National Congress (SANNC) word as voorloper van die African National Congress in Bloemfontein gestig.
- 1918 – Ko-operatiewe Wijnbouwers Vereniging van Zuid-Afrika (die KWV) word gestig.
- 1963 – Ten minste drie mense verdrink nadat 200mm reën in Standerton, Transvaal, val.
- 1984 – Broenei betree die ASEAN.
- 1989 – Die ANC kondig die onttrekking van sy vegters uit Angola aan ter ondersteuning van die vredesakkoord.
- 2004 – RMS Queen Mary 2, die grootste passasiersskip ooit, word gedoop deur sy naamgenoot se kleindogter, koningin Elizabeth II.
- 2020 – Ukraine International Airlines Vlug 752, 'n Boeing 737, word afgekiet nadat dit opgestyg het in Teheran, Iran en al 176 mense aan boord sterf.
Geboortes
wysig- 1817 – Theophilus Shepstone, Brits-Suid-Afrikaanse politikus († 1893).
- 1855 – Sir James Rose-Innes, 'n Hoofregter van die Republiek van Suid-Afrika († 1942).
- 1904 – Karl Brandt, SS-generaal en oorlogsmisdadiger († 1948).
- 1908 – William Hartnell, Britse akteur († 1975).
- 1911 – Esther Mentz, Suid-Afrikaanse operasangeres en aktrise († 1986).
- 1935 – Elvis Presley, Amerikaanse sanger, kitaarspeler en akteur († 1977).
- 1936 – Ferdi Hartzenberg, Suid-Afrikaanse politikus († 1936).
- 1937 – Shirley Bassey, Britse sangeres.
- 1942 – Stephen Hawking, Britse fisikus en skrywer († 2018).
- 1942 – Junichiro Koizumi, Japannese politikus, van 2001 tot 2006 premier van Japan.
- 1942 – Wjatsjeslaf Zoedof, Sowjetse ruimtevaarder († 2024).
- 1946 – Whitey Basson, Suid-Afrikaanse sakeman en miljardêr.
- 1947 – David Bowie, Britse sanger, liedjieskrywer en vervaardiger († 2016).
- 1957 – Sisi Khampepe, 'n regter in die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika.
- 1978 – James Alexander, Suid-Afrikaanse akteur en vervaardiger († 2023).
- 1979 – Butch James, Suid-Afrikaanse rugbyspeler.
- 1983 – Kim Jong-oen, leier van Noord-Korea.
- 1986 – Peng Shuai, Chinese professionele tennisspeler.
- 2000 – Noah Cyrus, Amerikaanse aktrise.
Sterftes
wysig- 1198 – Pous Celestinus III, die 175ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±1106).
- 1324 – Marco Polo, een van die eerste (tesame met sy pa en oom) westerlinge om met die syroete na China te reis (* 1254).
- 1642 – Galileo Galilei, 'n Italiaanse fisikus, wiskundige, sterrekundige en filosoof (* 1564).
- 1704 – Lorenzo Bellini, Italiaanse geneesheer en anatomis (* 1643).
- 1713 – Arcangelo Corelli, Italiaanse komponis (* 1653).
- 1811 – Friedrich Nicolai, Duitse skrywer en uitgewer (* 1733).
- 1941 – Robert Baden-Powell, Britse offisier en skrywer (* 1857).
- 1946 – Dion Fortune, Walliese skryfster en okkultis (* 1890).
- 1978 – Rick Turner, Suid-Afrikaanse akademikus en anti-apartheidsaktivis (* 1941).
- 1979 – Mabel Jansen, Suid-Afrikaanse skryfster, opvoedkundige en kultuurleier (* 1889).
- 1983 – Gerhard Barkhorn, Duitse bobaasvlieënier en slegs die tweede vegvlieënier wat meer as 300 vyandige vliegtuie kon neerskiet (* 1919).
- 1996 – François Mitterrand, Franse president (* 1916).
- 2010 – Otmar Suitner, Oostenrykse dirigent (* 1922).
- 2023 – Adriaan Vlok, Suid-Afrikaanse politikus en oud-kabinetminister (* 1937).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met 8 January. |