1908
jaar
1908 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1903 | 1904 | 1905 | 1906 | 1907 | ◄ 1908 ► | 1909 | 1910 | 1911 | 1912 | 1913 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1908 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Die verwoesting van Toengoeska | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1908 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 8ste jaar van die 20ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Gebeure
wysig- 27 April – Die Olimpiese Somerspele 1908 begin in Londen.
- 30 Junie – Die Toengoeska-voorval vind in Siberië plaas.
- 24 September – Die eerste Model T Ford word gebou.
- Henry James publiseer sy spookstorie The Jolly Corner.
Geboortes
wysig- 8 Januarie – William Hartnell, Britse akteur († 1975).
- 9 Januarie – Simone de Beauvoir, Franse feministiese skryfster († 1986).
- 15 Januarie – Edward Teller, Hongaars-Amerikaanse teoretiese fisikus wat bekend is as Die vader van die waterstofbom († 2003).
- 4 Maart – James Norval, Suid-Afrikaanse teater- en filmakteur († 1970).
- 5 Maart – Rex Harrison, Britse verhoog- en rolprentakteur († 1990).
- 13 Maart – Walter Annenberg, Amerikaanse uitgewer, filantroop en diplomaat († 2002).
- 22 Maart – Louis L'Amour, Amerikaanse skrywer († 1988).
- 5 April – Herbert von Karajan, Oostenrykse dirigent († 1989).
- 5 April – Bette Davis, Amerikaanse aktrise († 1989).
- 15 April – Lita Grey, Amerikaanse aktrise († 1995).
- 27 April – Arthur Bleksley, Suid-Afrikaanse wetenskaplike († 1984).
- 24 April – Józef Gosławski, Poolse beeldhouer en medaljeur († 1963).
- 30 April – Eve Arden, Amerikaanse aktrise († 1990).
- 20 Mei – James Stewart, Amerikaanse akteur († 1997)
- 20 Mei – Bernard Glemser, skrywer van fiksie-, niefiksie- en kinderboeke († 1990).
- 31 Mei – Don Ameche, Amerikaanse akteur († 1993).
- 12 Junie – Otto Skorzeny, Duitse Waffen-SS spesiale operasies kenner († 1975).
- 26 Junie – Salvador Allende, Chileense president († 1973).
- 2 Julie – Helga Uys, Duits-gebore konsertpianis, moeder van Pieter-Dirk Uys († 1969).
- 10 Julie – Wally Hayward, vyfkeer die wenner van die Comrades-maraton. († 2006).
- 12 Julie – Milton Berle, Amerikaanse akteur, komediant († 2002).
- 13 Julie – Garfield Todd, 'n eerste minister van Suid-Rhodesië († 2002).
- 18 Julie – Lupe Vélez, Amerikaanse aktrise († 1944).
- 11 Augustus − Paolo Monti, Italiaanse fotograaf († 1982).
- 22 Augustus − Henri Cartier-Bresson, Franse fotograaf († 2004).
- 27 Augustus – Lyndon B. Johnson, 36ste President van die Verenigde State († 1973).
- 27 Augustus – Sir Donald Bradman, Australiese krieketspeler († 2001).
- 4 September – Ds. Thomas Duncan Moodie, leraar in die Nederduitse Gereformeerde Kerk, onder meer op Melsetter, die dorp wat sy grootvader gestig het († 1978).
- 7 September – Michael DeBakey, bekende hartchirurg wat die hartvatomleidingchirurgie uitgevind en ontwikkel het († 2008).
- 1 Oktober – Albert Wessels, Suid-Afrikaanse nyweraar en die stigter van Toyota Suid-Afrika († 1991).
- 6 Oktober – Carole Lombard, Amerikaanse aktrise († 1942).
- 12 Oktober – Arthur Space, Amerikaanse akteur († 1983).
- 28 Oktober – Harry Oppenheimer, Suid-Afrikaanse mynmagnaat († 2000).
- 7 November – Frank Waring, Suid-Afrikaanse politikus († 2000).
- 21 November – Hettie Smit, skuilnaam van mev. S.J. van Vuuren, Afrikaanse skryfster († 1973)
- 10 Desember – Olivier Messiaen, Franse komponis († 1992).
- 3 Desember – Dulcie Howes, Suid-Afrikaanse ballerina en balletpionier († 1993).
- 17 Desember – William Wordsworth, Britse komponis en nasaat van die broer van die bekende Engelse digter William Wordsworth († 1988).
Sterftes
wysig- 9 Januarie – Wilhelm Busch, Duitse digter (* 1832).
- 10 April – Willem Petrus de Villiers, predikant in die NG Kerk, lid van die Kaapse Wetgewende Vergadering, kampvegter vir Christelike Nasionale Onderwys en taalstryder (* 1843).
- 21 Junie – Nikolai Rimsky-Korsakov, komponis.
- 24 Junie – Grover Cleveland, die 22ste en 24ste President van die Verenigde State (* 1837).
- 5 Julie – Jonas Lie, skrywer van Noorweë (* 1833).
- 27 Julie – Paul Homeyer, Duitse orrelis (* 1853).
- 25 Augustus – Jan Hendrik Hofmeyr, Suid-Afrikaanse teoloog en predikant (* 1835)
- 17 September – Thomas Selfridge, eerste persoon wat gesterf het in 'n ongeluk met 'n kragaangedrewe vliegtuig (* 1882).
- 14 November – Groothertog Aleksei Aleksandrowitsj van Rusland, die vyfde kind en vierde oudste seun van Aleksander II van Rusland en sy eerste vrou, Maria Aleksandrowna (* 1850).
- 15 November – Keiserin-weduwee en regentes Cixi, Qing-dinastie regentes van 1861 tot haar dood. (* 1835).