Frank Waring
Frank Walter Waring (Kaapstad, 7 November 1908 - Kaapstad, 24 Januarie 2000) was eers 'n Volksraadslid van die Verenigde Party en later een van die eerste twee Engelssprekende kabinetsministers van die Nasionale Party.
Frank Waring | |
Frank Waring in 1962 | |
Minister van Indiërsake
| |
Ampstermyn 1968 – 1972 | |
Eerste minister | John Vorster |
---|---|
Voorafgegaan deur | Alfred Trollip |
Opgevolg deur | Alfred Trollip |
Minister van Sport
| |
Ampstermyn 1966 – 1972 | |
Eerste minister | John Vorster |
Voorafgegaan deur | Amp geskep |
Opgevolg deur | Piet Koornhof |
Minister van Bosbou
| |
Ampstermyn 1964 – 1968 | |
Eerste minister | Hendrik Verwoerd John Vorster |
Voorafgegaan deur | Willie Maree |
Opgevolg deur | Fanie Botha |
Minister van Toerisme
| |
Ampstermyn 1963 – 1972 | |
Eerste minister | Hendrik Verwoerd John Vorster |
Voorafgegaan deur | Amp geskep |
Opgevolg deur | Owen Horwood |
Minister van Inligting
| |
Ampstermyn 1961 – 1966 | |
Eerste minister | Hendrik Verwoerd John Vorster |
Voorafgegaan deur | Amp geskep |
Opgevolg deur | Jan de Klerk |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 7 November 1908 Kaapstad, Kaapkolonie |
Sterf | 24 Januarie 2000 (op 91) Kaapstad, Suid-Afrika |
Politieke party | Verenigde Party Nasionale Party |
Agtergrond
wysigHy is in die Kaapstadse voorstad Kenilworth gebore en het sy skoolloopbaan aan die South African College School (SACS) voltooi waarna hy aan die Universiteit van Kaapstad studeer het. Hy het provinsiale rugby vir die Westelike Provinsie en vir die klubs UCT en Maitland gespeel. In Transvaal het hy vir die Pirates gespeel, en later ook vir die Collegians in Durban.
Politieke loopbaan
wysigHy is in die algemene verkiesing van 1943, 1948 en 1953 onbestrede verkies in die kiesafdeling Orange Grove in Johannesburg. Hy verloor egter met 4 945 stemme teen die V.P. se J.M. Connan in 1958 in Kaapstad-Tuine en kom tweede, weer as onafhanklike, in 1961 in Maitland toe die dienende Volksraadslid, dr. Zach de Beer, slegs derde kom nadat hy in 1959 by die Progressiewe Party aangesluit het. A. Hickman van die V.P. het gewen met 4 610 stemme.
Waring sluit hom later by die Nasionale Party aan, word in 1962 in 'n tussenverkiesing onbestrede in Vasco vir die N.P. verkies en word een van die eerste twee Engelssprekende ministers in dr. H.F. Verwoerd se kabinet.
Sportloopbaan
wysigWaring het ook vir die Westelike Provinsie rugby gespeel en van 1931 tot 1933 vir die Springbokke. Hy speel sy eerste toetswedstryd op 19 Desember 1931 teen Ierland en sy laaste toetswedstryd teen Australië op 2 September 1933. Hy neem aan die Springbokke se toer na Groot Brittanje en Ierland van 1931 tot 1932 deel. Hulle klop Wallis met 8-3 in Swansea en vir Ierland met dieselfde telling. Teen Engeland wen die Bokke met 7-0, en die Bokke klop die Skotte 6-3. Waring het in twee van die wedstryde gespeel en 'n drie gedruk. Die Wallabies toer in 1933 die eerste keer in Suid-Afrika vir 'n reeks van vyf toetse. Die Springbokke wen die reeks toe hulle seëvier in drie van die vyf wedstryde. Waring het in al vyf wedstryde gespeel.