Piet Koornhof
Suid-Afrikaanse politikus
Pieter G. J. Koornhof, DVD (2 Augustus 1925 - 12 November 2007) was 'n Suid-Afrikaanse politikus.
Piet Koornhof | |
Ampstermyn 1 Mei 1987 – 6 Maart 1991 | |
President | P. W. Botha→F.W. de Klerk |
---|---|
Voorafgegaan deur | Johannes Beukes |
Opgevolg deur | Harry Schwarz |
Minister van Samewerking en Ontwikkeling
| |
Ampstermyn 9 Oktober 1978 – September 1984 | |
Eerste minister | P. W. Botha |
Opgevolg deur | Gerrit Viljoen |
Minister van Mynbou
Minister van Sport en Ontspanning | |
Ampstermyn 29 April 1974 – 10 Oktober 1978 | |
Eerste minister | John Vorster |
Voorafgegaan deur | Carel de Wet |
Minister van Immigrasie
Minister van Energie en Mynbou | |
Ampstermyn 23 Augustus 1972 – 29 April 1974 | |
Eerste minister | John Vorster |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 2 Augustus 1925 Leeudoringstad |
Sterf | 12 November 2007 (op 82) |
Politieke party | Nasionale Party→UDM→ANC |
As 'n kabinetsminister van die Nasionale Party-era, het hy verskillende portefeuljes in die kabinette van B. J. Vorster en P. W. Botha beklee, en is later as ambassadeur in die Verenigde State aangestel. Ná die einde van apartheid het hy in 1998 eers by die United Democratic Movement van Bantu Holomisa en later in 2001 by die African National Congress aangesluit.
Gedurende sy loopbaan is Koornhof as 'n gematigde politikus gesien, ten minste in vergelyking met ander in die apartheidsregering, en as 'n warm, groter-as-lewenspersoonlikheid met baie teenstrydighede.