1961
jaar
1961 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1956 | 1957 | 1958 | 1959 | 1960 | ◄ 1961 ► | 1962 | 1963 | 1964 | 1965 | 1966 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1961 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Fidel Castro met Joeri Gagarin | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1961 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 61ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Die jaar was die eerste "onderstebo" jaar – met ander woorde, 'n jaartal wat dieselfde lyk wanneer dit omgedraai en bekyk word, as wanneer dit regop staan – sedert 1881, en is die laaste jaar wat só lyk tot die jaar 6009!
Gebeure
wysigJanuarie
wysig- 1 Januarie – Die oortjie, 'n muntstuk in gebruik sedert die dertiende eeu, word nie meer as geldeenheid in die Verenigde Koninkryk gebruik nie.
- 3 Januarie – President Dwight Eisenhower kondig aan dat die Verenigde State diplomatiese en konsulêre verhoudings met Kuba verbreek.
- 3 Januarie – SL-1, 'n atoomreaktor, ontplof by die National Reactor Testing Station in Idaho Falls, Idaho, en drie militêre tegnici sterf daarin.
- 7 Januarie – Ná 'n vierdaagse konferensie in Casablanca, kondig vyf Afrika-staatshoofde hul plan aan om 'n NATO-agtige Afrika-organisasie te stig om sodoende saam hulself te kan verdedig. Die Handves van Casablanca word geskryf deur Marokko, die Verenigde Arabiese Republiek, Ghana, Guinee, en Mali.
- 17 Januarie – Patrice Lumumba sterf in 'n sluipmoordaanval.
- 20 Januarie – John F. Kennedy word die vyf-en-dertigste President van die Verenigde State.
- 24 Januarie – 'n Amerikaanse B-52-bomwerper met twee 24-megaton atoombomme stort neer naby Goldsboro, Noord-Carolina.
- 25 Januarie – In Washington, DC lewer John F. Kennedy die eerste lewende uitsending van 'n presidensiële nuuskonferensie
- 25 Januarie – Om "linkse uitspattigheid" te beëindig, pleeg 'n junta wat uit twee weermagsoffisiere en vier burgerlikes bestaan, 'n staatsgreep in El Salvador, en skop só 'n ander junta uit wat slegs drie maande lank regeer het.
- 26 Januarie – John F. Kennedy stel Janet G. Travell aan om sy persoonlike arts te wees. Dit is die eerste keer dat 'n vrou hierdie posisie beklee.
- 31 Januarie – Ham, 'n sjimpanseemannetjie wat 17 kilogram weeg, word die ruimte ingestuur in Mercury-Redstone 2, as deel van 'n toets in die Mercury-program met die uiteindelike idee om Amerikaanse ruimtevaarders ook daar te kry.
Februarie
wysig- 4 Februarie – Die Portugese burgeroorlog begin in Angola.
- 11 Februarie – Die hofsaak teen Adolf Eichmann begin in Jerusalem.
- 13 Februarie – Die Kongolese regering kondig aan dat dorpenaars Patrice Lumumba vermoor het.
- 14 Februarie – Ontdekking van die chemiese elemente: Element nommer 103, Lawrencium, word die eerste keer vervaardig in Berkeley, Kalifornië.
- 15 Februarie – 'n Boeing 707-vliegtuig stort neer in België. Drie-en-sewentig mense sterf, onder andere al die lede van die Verenigde State se ysskaatsspan en 'n hele paar van hul afrigters.
- 26 Februarie – Hassan II word die koning van Marokko.
Maart
wysig- 1 Maart – John F. Kennedy stig die Vredeskorps.
- 1 Maart – Uganda word selfregerend, en hou die land se eerste algemene verkiesing.
- 15 Maart – Suid-Afrika onttrek van die Gemenebes van Nasies.
- 18 Maart – 'n Skietstilstand word in die Algerynse onafhanklikheidsoorlog verklaar.
- 29 Maart – Regter F.L. Rumpff bevind die dertig beskuldiges (onder wie Nelson Mandela en Walter Sisulu) van die ANC in die Hoogverraadsaak van 1956 onskuldig.
- 30 Maart – Die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1961, waarin slegs wit kiesers kon stem, word deur die regerende Nasionale Party gewen.
April
wysig- 12 April – Joeri Gagarin word die eerste persoon om om die aarde te wentel. Hy is gelanseer in die Vostok 1, wat binne een uur en 48 minute een keer rondom die aarde vlieg.
- 13 April – Die Verenigde Nasies (VN) se Algemene Vergadering verklaar Apartheid 'n 'misdaad teen die mensdom'.[1]
- 17 April – Die Bay of Pigs-inval van Kuba begin, en misluk teen 19 April.
- 24 April – Die berging van die Sweedse skip Vasa vind plaas in die Stockholmhawe.
- 27 April – Sierra Leone word onafhanklik van die Verenigde Koninkryk.
Mei
wysig- 5 Mei – Alan Shepard word die eerste Amerikaner wat 'n ruimtevaart meemaak in Mercury-Redstone 3. Sy ruimtevaart duur 15 minute, minder as 'n volledige omwenteling.
- 31 Mei – Suid-Afrika word 'n republiek en verlaat die Britse Statebond. Die geldeenheid verander van die Britse pond na die rand.
Junie
wysigJulie
wysig- 21 Julie – Amerika se tweede bemande ruimtetuig Mercury-Redstone 4 word lanseer.
Augustus
wysig- 13 Augustus – Die Duitse Demokratiese Republiek begin met die oprigting van die Berlynse Muur om ontsnappings deur die Ystergordyn te keer.
- 23 Augustus – Ranger 1, 'n onbemande ruimtetuig, word lanseer.
September
wysig- 9 September – USS Long Beach, die eerste kernaangedrewe skip word in diens gestel.
- 18 September – Die Konfederasie vir Noord-, Sentraal-Amerikaanse en Karibbiese Sokker word in Meksikostad, Meksiko, deur lidlande van die NAFC en die CCCF gestig.
Oktober
wysig- 17 Oktober – Witrenosters word hervestig in die Krugerwildtuin.
- 30 Oktober – Tsaar Bomba, ’n Sowjet-waterstofbom, word ontplof oor Nowaja Zemlja-eiland in die Arktiese Oseaan; dit is die grootste kernwapen wat ooit ontplof is.
November
wysig- 18 November – Ranger 2, 'n onbemande ruimtetuig, word lanseer.
- 28 November – 'n Tornado saai verwoesting in Nelspruit, veral die oostelike gedeelte.[2]
Desember
wysig- 3 Desember – Die Verenigde State van Amerika ontplooi 'n peloton troepe op die grens tussen oos- en wes-Berlyn toe Oos-Duitsland die Berlynse Muur begin versterk.
- 9 Desember – Tanganjika word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 13 Desember – Ten minste 15 mense verdrink in Potchefstroom na 'n hewige reën- en haelstorm.
- 15 Desember – 'n Israeli-oorlogsmisdaadtribune vonnis Adolf Eichmann met die doodstraf vir sy aandeel in die Joodse volksmoord.
Geboortes
wysig- 20 Januarie – Elzabé Zietsman, Suid-Afrikaanse aktrise en kabaretster.
- 22 Januarie – Markus Jooste, Suid-Afrikaanse sakeman († 2024).
- 28 Januarie – Arnaldur Indriðason, Yslandse skrywer.
- 17 Februarie – Meir Kessler, Israelse rabbi.
- 17 Februarie – Andrey Korotayev, Russiese antropoloog, historikus en ekonoom.
- 24 Februarie – Erna Solberg, Noorse politikus.
- 25 Februarie – Anneli van Rooyen, Afrikaanse sangeres.
- 20 Maart – Carol Thomas, Suid-Afrikaanse ginekoloog († 2019).
- 24 Maart – Yanis Varoufakis, Griekse ekonoom en politikus.
- 25 Maart – John Stockwell, Amerikaanse akteur.
- 3 April – Eddie Murphy, akteur en komediant.
- 11 April – Vincent Gallo, Amerikaanse akteur en regisseur.
- 26 April – Joan Chen, Chinees-Amerikaanse aktrise.
- 6 Mei – Frans Timmermans, Nederlandse politikus van die PvdA.
- 12 Mei – Zandile Gumede, politikus en voorheen burgemeester van die eThekwini Metropolitaanse Munisipaliteit.
- 17 Mei – Enya (Eithne Patricia Ní Bhraonáin), Ierse sangeres.
- 12 Junie – Pierre Coetzer, voormalige Suid-Afrikaanse swaargewigbokser.
- 24 Junie – Greg Lemond, Amerikaanse fietsryer en wenner van die Tour de France.
- 1 Julie – Prinses Diana, Prinses van Wallis († 31 Augustus 1997).
- 17 Julie – Zbigniew Zamachowski, Poolse akteur.
- 25 Julie – Katherine Kelly Lang, Amerikaanse aktrise.
- 2 Augustus – Tom Gouws, Afrikaanse skrywer en akademikus († 2018).
- 4 Augustus – Barack Obama, 44ste President van die Verenigde State van Amerika.
- 14 Augustus – Susan Olsen, Amerikaanse aktrise.
- 21 Augustus – Stephen Hillenburg, Amerikaanse akteur en vervaardiger ("animator") († 2018).
- 29 Augustus – Ahmed Aboutaleb, Nederlandse politikus van Marokkaanse afkoms.
- 3 September – Cai Zhenhua, Chinese tafeltennisspeler.
- 20 September – Wouter Kellerman, Suid-Afrikaanse fluitspeler en Grammy-wenner.
- 29 September – Julia Gillard, politikus en voormalige Eerste Minister van Australië.
- 6 Oktober – Moshe Lion, Israelse burgemeester van Jerusalem.
- 2 November – Sigrid Kaag, Nederlandse politikus.
- 2 November – K.d. lang, Kanadese pop- en countrymusiek sanger-liedjieskrywer.
- 3 November – Moeketsi Majoro, premier van Lesotho.
- 4 November – Ralph Macchio, Amerikaanse rolprentakteur.
- 14 November – Jurga Ivanauskaitė, Litause skrywer, essayis, toneelskrywer, skilder en digter († 2007).
- 14 November – D.B. Sweeney, Amerikaanse akteur en regisseur.
- 19 November – Meg Ryan, Amerikaanse aktrise.
- 22 November – Stephen Hough, Britsgebore Australiese klassieke pianis, komponis en skrywer.
- 29 November – Tom Sizemore, Amerikaanse akteur (s. 2023).
- 9 Desember – Lizz Meiring, Suid-Afrikaanse aktrise.
- 27 Desember – Guido Westerwelle, Duitse politikus († 18 Maart 2016).
- 29 Desember – Anton Nel, Suid-Afrikaanse klassieke konsertpianis.
- 30 Desember – Sean Hannity, Amerikaanse televisieaanbieder en konserwatiewe politieke kommentator.
Sterftes
wysig- 4 Januarie – Erwin Schrödinger, Oostenrykse fisikus (* 1887).
- 17 Januarie – Patrice Lumumba, Eerste Minister van die Demokratiese Republiek van die Kongo (* 1925).
- 24 Januarie – Alfred Carlton Gilbert, gouemedaljewenner by die 1908 Olimpiese Spele, en uitvinder van die Erector Set (* 1884).
- 6 Maart – Ida Labia, vrou van die Italiaanse prins Natale Labia (* 1879).
- 8 Maart – Thomas Beecham, Britse dirigent (* 1879).
- 13 Mei – Gary Cooper, Amerikaanse akteur (* 1901)
- 15 Junie – André Huguenet, was die verhoognaam van die akteur Gert Borstlap, ’n baanbreker van Afrikaanse toneelspel (* 1906).
- 2 Julie – Ernest Hemingway, Amerikaanse skrywer (* 1899).
- 28 Augustus – Wilhelm Johannes Verwoerd, Hendrik Frensch Verwoerd se vader (* 23 April 1874).
- 28 Augustus – Vladimir Sofronitsky, Russiese klassieke pianis (* 1901).
- 1 September – Eero Saarinen, Fins-Amerikaanse argitek en ontwerper (* 1910).
- 4 September – Isidore Fattal, biskop in Libanon en Sirië (* 26 Oktober 1886).
- 10 September – Wolfgang von Trips, Duitse motorrenjaer, sterf weens 'n noodlottige ongeluk tydens die Italiaanse Grand Prix (* 1928).
- 18 September – Dag Hammarskjöld, Sweedse sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (* 1905).
- 15 November – Elsie Ferguson, Amerikaanse aktrise (* 1883).
- 12 Desember – Hauk Aabel, Noorweegse akteur (* 1869).
- 13 Desember – Anna Mary Moses, beter bekend as Grandma Moses, Amerikaanse volkskunstenares (* 1860).
- Fisika – Robert Hofstadter, Rudolf Ludwig Mössbauer
- Chemie – Melvin Calvin
- Geneeskunde – Georg von Békésy
- Letterkunde – Ivo Andric
- Vrede – Dag Hjalmar Agne Carl Hammarskjöld – postuum toegeken
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Julie 2011. Besoek op 30 Mei 2011.
- ↑ "'n Geskiedenis van besondere Weergebebeurtenisse in Suid-Afrika: 1500-1990". CAELUM: 60. Desember 1991.